Wednesday, September 25, 2019

God se dienaars om ons!!!!

Ek wil graag die volgende aanhaal , voordat ek met al my stories begin . Waar God se dienaars teenwoordig was in my lewe.

Openbaring 22:6-9
Toe se die engel vir my: "Hierdie woorde is betroubaar en waar. Die Here God, wat sy Gees aan die profete gee, het Sy engel gestuur om vir sy dienaars te bewys wat binnekort moet gebeur."
Toe ek dit gehoor en gesien het, het ek voor die voete van die engel wat dit alles vir my gewys het, op my kniee neergeval om hom te aanbid. " Pas op, moenie!' se hy toe vir my. Ek is n mededienaar van jou en van jou medegelowiges,die profete en die wat die woorde van hierdie boek ten harte neem. Aanbid God!

Daar is mense wat glad nie die dienaars (engele) van God wil erken nie. Maar hul is daar om ons te help. En God is goed vir ons, om sulke dienaars aan sy gelowige kinders te stuur in hierdie wereld en sy dinge. In my my vorige blog het ek geskryf oor die lewe in die "nou". Maar soos daar mededienaars is van God is daar ook n ander kant, naamlik die Satan se volgelinge. Maar sal in my volgende blog daaroor skryf.
Engel van die Here van God is die benaming:
n besondere hemelse wese wat as boodskapper en gevolmatige van die Here optree om redding uit gevaar , of beskerming, oordeel of vernietiging te bring of aan te kondig. Soos in die eintyd sal die engel verskyn.

Daniel 12
In daardie tyd sal Migael, die groot engel wat oor die lede van jou volk waghou, op die toneel verskryn.

Ondervinding een : Met n Engel wat in n mens vorm my kom help het.

Hebreers 13:2
Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het somminge mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves.

Psalm 34:8-9
Die engel van die Here slaan sy laer op rondom die wat die Here dien, en red hulle. Kom ondervind en sien self dat die Here goed is!

Ek was in matriek in die jaar 1994. Daar was 3 ander mense saam met my in my kar. Ons het op n kleinhoewe gebly en moes in dorp toe ry skool toe. Dit het gebeur op die van der hoff pad uit daarna die kleinhoewes. Terwyl ons ry , en amper moes afdraai om op die grond pad te kom , het ek gesien dat n wiel verby ons kom. Ek het besef dat dit my kar se wiel is , en het in my gedagtes gevra vir bystand. Die kar het gelukkig regop gebly en ons het gestop langs die pad. Ons vier het uitgeklim , met groot verbasing. Daardie tyd was daar nog nie "Cell phones" nie. Ek het in n westelike rigting gekyk en n geel datsun bakkie het gestop . En die man het uitgeklim en nie n woord gepraat met ons nie. Hy het gekyk , sy gereedskap uitgehaal en my wiel weer op gesit. Toe hy klaar is , het hy sy gereedskap agter op sy bakkie gesit en in sy kar geklip en weer terug gery van waar af hy gekom het. Toe ek nog so kyk het die bakkie verdwyn. En ek het dankie in my hart gese.

Ondervinding twee: Waar n engel my gevang het terwyl ek geval het.

Psalm 91:11-12
Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen n klip sal stamp nie.

Dit was n week voordat ek sou 40 geword het. Ek het gehelp om die afdak op te sit. Ek was op n leer en was dak hoogte toe dit skielik gebeur het. Die leer het onder my uitgeval en ek het agteroor geval . En dit het gevoel of ek in "slow motion" alles beleef het. Op daardie oomlik het ek net gedink Here dit is my laaste dag die? Die harde sement vloer wag vir my daaronder. In die helfte van die val , kon ek letterlik voel hoe my val verminder word en dan .....hard neer gesit word. Ek het my oe oop gemaak , my seun het gese my kop bloei en ek het gelag en gese "nee, man . dit is my vinger" Het n paar steke gekry en n dag later die blou kolle. Die hospitaal personeel kon dit nie glo nie.

Psalm 103:20
Loof die Here, magtige engele wat Sy opdragte uitvoer, sy bevele gehoorsaam.

Ondervinding drie: Waar n engel in my droom die antwoord op n gebed gebring het.

Sagaria 1:9
n Engel wat vir my die gesig moes uit le, het vir my gese: " Ek sal jou laat sien wat dit beteken."
Sagaria 4:4
Ek vra toe vir die engel wat vir my die gesigte moet uitle:"wat beteken dit , Meneer?

Ek was in die learskool, seker in standard 1 . Ons het op die kleinhoewe gebly , en daardie jaar was dit uiters droog. My pa het geboor vir water, maar dit het geld gekos. En as die water nie kom nie , is dit soos geld in die stof. En ons sou moes trek, en ek was lief vir my huis en skool met my maatjies. Ek het daardie aand gebid en gevra vir water. Dit was seker n dag of so, toe kom daar n engel in my droom na my toe met n blou papier en my skoolwapen daarop. Ek het daarna gekyk en in my gedagtes gevra wat dit beteken. En hy het gese dat die blou papier , dui op water en dat ek nie gaan trek nie . Ek gaan in my skool bly , by my maatjies. Die engel het opgevaar. En ek het wakker geword. Die volgende dag , was daar water en weet julle wat. My ouers bly nog steeds daar. Daar is vrugte bome, en n groete tuin . Skape , hoenders en soveel meer. Amen.

In Openbaring 8 en 16 : word 7 engele beveel deur God om  sewe trompette te blaas en sewe bakke oor die aarde uittegooi in die eindtyd.

En die wonder as ons dood gaan. Ons hoef nie bang te wees nie.

Lukas 16:22
Toe die arm man te sterwe kom, is hy deur die engele weggedra na die ereplek langs Abraham.

En God gaan voor sy engele ons prys of oordeel

Lukas 12:8-9
Ek se vir julle: Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook openlik uitspreek voor die engele van God. Maar hy wat My voor die mense verloen, sal voor die engele van God verloen word. 

Ten laaste die engele en die hemelse wense word onderskei in :

Jesaja 6:2
By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy gevlieg.

En daarom kan ons saam met die serafs uitroep in :

Jesaja 6:3
Heilig, heilig, heilig, is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.

Ek vra weer ? Watter kant gaan jy kies? Die ewige lewe of  die ewige dood?

Baie dankie ons God.

AMEN AMEN AMEN





4 comments:

Douglas said...

Natuurlik is daar engele...en jy het al paar keer te doen gehad met hulle, jy is baie gelukkig...Groete.

Douglas said...

Daar word selde besef dat geestelike depressie n werklike geestelike ervaring kan wees. Die blote feit dat jy teneergedruk is, is alreeds n aanduiding dat jy weet dat iets beter op jou wag. Dit is noodsaaklik dat dat jy jou geloof bo jou emosies sal laat uitstyg. Emosies fluktueer en as jou lewe daardeur laat regeer, word jou geloof onstabiel.

Martie said...

Ek kan hiervan getuig. Ek het letterlik vir 2 dae 'n stryd gevoer teen Satan. God het gesĂȘ:"Weerstaan die duiwel en hy sal van jou af wegvlug." Dit was twee van die swaarste dae van my lewe. Ek was in 'n donker gat na seker 3 maande se depressie. Daar was geen emosionele of fisiese rede daarvoor nie. Die Satan het my probeer wysmaak dat daar geen sin in my lewe oorgebly het nie. Ek het met hierdie gedagtes gaan slaap en die volgende oggend daarmee opgestaan. Ek het weer God se opdrag "weerstaan die Satan" raakgelees en dit toegepas. Elke negatiewe gedagte wat in my kop gekom het, het ek beveg met die waarheid uit my Vader se Woord. Ek het geestelike liedere gesing al was dit saam met trane gedoen. Toe ek die volgende oggend wakkerword, was dit asof 'n swaar gewig en'n donker wolk wat heeltyd oor my gehang het, skielik weggeneem is. Dis moeilik om dit te beskryf, maar ek het geweet dat die Heilige Gees my gehelp het om die Satan te weerstaan en hy het weggevlug!! My omstandighede was identies en niks rondom my het verander nie - ek het weer my vrede en vreugde wat alle verstand te bowe gaan van God af terugontvang. Ek kan Hom net loof en prys vir sy getroue liefde, genade en sorg!

kruisvuur or crossfire said...

Dit is wonderlik , en n mens moet vas hou daaraan . Dit is die dinge wat mens se val kan kos. En dit is belangrik dat meer mense soos jy en ek die woord verkondig en mense hoop gee. Satan wil he dat n mens in vrees en wanhoop moet leef. Deur jou storie te deel met ander sal meer mense hul hulp soek op die regte plek en nie ingee vir die Satan se mag nie . Soos drank, drugs, en om gewettenlooe te bly leef nie. Ek het al baie beleef en dit altyd vir myself gehou, omdat ek bang was wat mense daarvan sal dink en se. En God het gese , dit is tyd, moenie bang wees nie. Ek is altyd daar. Baie dankie , dat jy , jou storie met my gedeel het. Ek is dankbaar vir God.

2Timothy 1:7-8
For God hath not given us the spirit of fear: but of power, and of love, and of a sound mind.
Be not thou therefore ashamed of the testimony of our Lord, nor of me his prisoner: but be thou partaker of the afflictions of the gospel according to the power of God:

Geseende groete

Salome