Ek skryf oor hierdie titel vandag, omdat my vriendin Michelle n vraag aan my gestel het. Dit kan dalk n vraag in julle harte ook wees. Die vraag is: Hoekom het al hierdie dinge in my lewe met my gebeur? of wat het ek gedoen, dat God dit toe gelaat het om te gebeur?
Die antwoorde lê in Job se geloofslewe. God is groot. Ons denke en insig is te klein vir God se goedheid en Sy plan vir ons lewens.
Job was n goeie man en het ten alle koste vroom en opreg gelewe om God ten volle te dien en om die kwaad te vermy. Daar is n spreekwoord wat lei "Slegte dinge gebeur ook met goeie mense".
- Jou beproewings kan dwelms, verslawing aan drank, dood ,werk , siekte ens. wees. Maar hou goeie moed, glo en vetrou ten all tye en wees opreg dankbaar.
Bietjie agtergrond:
Job was baie ryk aan vee, kamele en slawe. En hy was onder die mense bekend as n belangrike man.
Job 1: 6-7:
Op n dag het die hemelwesens voor die Here kom staan, en die Satan was ook onder hulle. Toe vra die Here vir hom:'Waar kom jy vandaan?'En die Satan antwoord die Here." Ek het die wêreld deurkruis."
Net in hierdie verse sien ons dat Satan vryheid het om van die hemel na die aarde en terug te gaan. Hoekom? Om ons wat aan God behoort te gaan aankla met sy leuns. Satan kan nie iemand soos Job aanraak nie. Daarom die volgende:
Job 1:9-12:
Toe antwoord die Satan die Here:"Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie!" U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan. Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie U gesig vervloek nie."
Toe sê die Here vir die Satan: " Alles wat hy het, gee Ek in jou mag oor. Net aan homself mag jy nie raak nie." Die Satan het daarna van die Here af weggegaan.
Die beskerming kan gelees word in Psalm 91.
Ons kla soms te gou! En vergeet van al die genade van elke uur en dag. Wees dankbaar in die goeie en slegte tye. En weet God is in beheer, selfs die Satan moet toestemming vra en noem God "U". Satan se trant van redeneer is alty munipilering, wat kan lei toe geen selfvertroue , mismoedigheid en stress ens.
Toe God nie meer beskerming oor Job se eindom gehad het nie, het Satan die volgende laat gebeur.
Job 1: 13-19 : Rampe
En eendag , toe Job se seuns en dogters besig was om te eet en wyn te drink in hulle oudste broer se huis, kom n boodskapper by Job met die nuus:" Die osse was aan die ploeg, en die donkies het langsaan gewei. Toe oorval mense uit Skeba ons en hulle roof alles en maak die slawe dood. Net ek het weg gekom om dit vir u te vertel"
Hy was nog aan die praat toe kom daar nog een met die nuus." Weerlig het die kleinvee en hulle wagters dood geslaan en verbrand. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel."Hy was nog aan die praat, toe kom daar nog een met die nuus. Drie groepe Galdeërs het die kamele geroof en is daarmee weg nadat hulle die slawe doodgemaak het. Net ek het weggekom omdit vir u te vertel."
Meteens het daar n sterk wind van die woestyn se kant af opgekom en die huis van al vierkante af op u kinders omgewaai. Almal is dood. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel."
Die les wat ons hier uit leer is dat die swaartye in ons lewe moet ons vas hou aan God en Hom vetrou met ons hele hart. Ons moet n Job wees. Onthou ons moet die volgende waardes van Job onthou as ons ,ons self vra. Hoekom gebeur al hiedie dinge met my?
Eerbiedig, opreg en vroom, dien en vermy die kwaad.
Job 1 : 21-22:
" Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here." Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie.
Ons is van stof gemaak en ons gaan ook as stof terug aarde toe. Moeinie skatte in die wêreld by mekaar maak waar motte dit kan verwoes nie. Maak skatte in die hemel by mekaar.
In Job 2: 10: Job praat hier met wyse kennis van God as hy se:
" As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie.?"
Ek wil net sê dat ons ten alle tye dankbaar moet wees in die goeie en slegte tye. Want daar staan ook geskryf dat die wat meer het , nog meer sal kry en die wat min het alles sal verloor. Om dankbaar te wees al het jy baie of min.
Ons wroeg soms oor die selfde dinge waaroor Job gewonder het:
DIE WORTEL VAN ANGS: Satan se wapen teen gelowiges.
(Moenie goed oor jou self uitspreek nie of ander dit toelaat om dit oor jou uit te spreek nie) Die tong is magtig.
Jakobus 1: 6:
Die tong is ook n vuur, n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet . Dit steek die hele lewe , van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek.
Jakobus 1: 8-10:
maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is n rustelose kwaad, vol dodelike gif. Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie.
Job 3: 24-26:
"Ek kan nie eet van die pyn nie, ek kan nie ophou kreun nie." Want ek gevrees het, het oor my gekom, waarvoor ek bang was het my getref. Ek het geen rus en geen vrede nie, geen verposing nie, net angs."
Satan plant angs:
Job 4: 2:
"Sal dit jou vermoei as iemand met jou redeneer? Dan antwoord Elifas dat hy nie net kan stil bly nie.
Job 4:3-5:
Jy het self baie mense reggehelp en die wat moed verloor het, het jy weer moed ingepraat. Jou woorde het die wat struikel, opgebeur, die wat wou val , het jy weer opgehelp. Nou het die ramp jou getref, en jy is platgeslaan; dit het jou oorgekom, en jy is verslae.
Job 4:8-9:
Ek het ondervind: die wat onreg plant en moeilikheid saai, oes dit ook. Deur die troon van God gaan hulle te gronde, deur Sy woede gaan hulle tot niet.
So mens, as jy dalk "gebully" word by die skool, werk, of gemeenskap. Weet net dat die wiel draai! Wees net stil, want God is in beheer.
Dan die wonderlike openbaring van God. God maak gesond.
Ons gryp altyd na mense self of grasmatiese kerke en hul bediening . Maar God genees volkome en dit is waar jy en God mekaar moet ontmoet in stilte en alleen. Sodat jy Hom kan hoor in jou gees. Die volgende gedeelte vat dit mooi saam.
Job 5:8-9:
"As ek jy was, sou ek my tot God wend en my saak aan Hom voorlê.' Wat God doen, is groot en ondeurgrondelik ,wonder op wonder.
Gevolgtrekking:
Job 5: 15-16:
Dit is God wat die arm mens red van hulle vals beskuldigings en uit die mag van die sterkes. So is daar hoop vir die behoeftige en kom die onreg tot n einde.
Dit gaan goed met die mens wat deur God terreggewys word. Jy moet nie die bestraffing van die Almagtige verontagsaam nie. Dit is Hy wat wonde toedien, maar Hy verbind hulle weer, wat seer slaan, maar Hy maak weer met Sy eie hand gesond.
Ons mense se siening is te klein.
Kan jy begryp wie God werklik is? Kan jy die Almagtige ten volle verstaan? Dit is kennis wat hoër is as die hemele. Hoe kan jy daarby uitkom? Dit is kennis wat dieper is as die doderyk. Hoe kan jy dit bereik? Dit strek verder as die aarde, wyer as die see.
Ons praat soms ondermekaar oor die onregverdigheid wat in die wêreld aan gaan. Goddelose mense wat ryk word en ander vertrap .
Waarom bly die goddeloses aan die lewe, word hulle oud en ryk en vernaam? Hulle kindes raak gevestig rondom hulle, hulle sien hulle nageslagte. Daar is vrede in hulle huise, geen vrees nie die straf van God tref hulle nie.
MAAR
Job 21: 15-15:
Maar tog is dit hulle wat vir God sê : "Laat staan ons, ons weier om U wil te ken. Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? Watter nut het dit om Hom te aanbid?"
Dan die antwoord op die vraag!!
Job 21:16:
"Maar hulle voorspoed is nie in hulle eie hande nie, daarom bly ek weg van die raad wat van goddeloses af kom. "
Job 21:22:
"Sou iemand vir God iets kan leer, vir Hom wat selfs die sterkstes regeer?
Die woorde slaan hard en is baie duidelik. Daarom, as julle vandag soos Job deur swaar tye gaan en wonder waarom ek ? Is die antwoorde die volgende:
Job 22: 19-20:
Dié wat reg doen sien die ondergang van die goddeloses en is bly, die onskuldiges spot met hulle. Ons vyande is daarmee heen, vuur het hulle besittings verteer.
Daarom moet ons bekeer en ons onderwerp aan God. Sodat dit met julle mag goed gaan.
Waarom staan God dan nie ag op die onreg nie?
Job 24:1-3: ens.
"Waarom stel die Almagtige nie tye vas vir afrekening nie. Waarom moet die wat Hom ken, tervergeefs uitsien na sulke dae? Mense verskuif grenslyne, hulle steel troppe vee en laat hulle by hulle eie vee wei. Hulle vat die weeskind se donkie en lê beslag op die bees van die weduwee.
Die antooord is dat : hulle word soos koringare afgesny.
Job 24: 13-15 : ens.
Daar is mense wat nie die daglig vedra nie, wat niks te doen wil hê met wat in die dag gebeur nie, wat nie van die dag se paaie hou nie. : die moordenaar staan op net voor ligdag, hy vermoor die weerlose en die arme, in die nag steel hy; die egbreker wag vir die donker, hy dink geen oog sal hom sien nie, hy vermom homself,
Maar daar is n maar!
Job 24: 19-20:
Soos droogte en hitte sneeu wegsmelt, so maak die graf n einde aan die sondaar. Sy eie ma vergeet hom, hy is kos vir die wurms, daar word nie meer aan hom gedink nie. Wie onreg doen, word soos n stuk houtgebreek.
Wees en kies om n gelowige te wees in Christus, want daar is geen hoop vir die godelose mense nie. Eer God in jou swaar kry - mens. Om die Here te dien is baie wys.
Psalms1:1-5:
Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.
So is die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word. Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie en sondaars nie n plek hê in die vergadering van regverdiges nie.
Job 27: 13-15:
Dit is die lot wat God uitmeet vir die goddelose, dit is wat die geweldenaars ontvang van die Almagtige. Hoe baie hulle kinders ook al is, hulle is vir die swaard bestem, hulle nakomelinge sal altyd honger ly. Die wat van hulle oor bly, sal deur die pes verteer word, en hulle weduwees sal nie oor hulle treur nie.
Die vraag is? Waarkom Wysheid dan vandaan?
Job 28: 20-22:
Die Wysheid waar kom dit vandaan? Waar is die woonplek van die insig? Dit is verborge vir al wat lewe, weggesteek selfs vir die voëls in die lug. Die onderwêreld en die dood sê: "Ons het maar net n gerug daaroor gehoor."
Waar woon die Wysheid en insig?
Net God weet hoe die pad daarheen loop, net Hy ken die woonplek van die wysheid, want Hy sien die verste eindes van die aarde. Hy aanskou alles onder die hemel. Toe Hy die krag van die wind bepaal het en die waters uitgemeet het, toe Hy vir die reën reëls gemaak het en n pad vir die weerlig aangewys het, toe het Hy die wysheid gesien en daarvan vertel, toe het Hy dit vasgestel en deur vors.
En Hy het vir die mens gesê:"Om die Here te dien, dit is wysheid, om die kwaad te vermy, dit is insig" .
God spreek mense aan op verskillende maniere en dit staan so geskryf in:
Job 33:14
"God spreek die mens aan, Hy huiwer nie omdit op meer as een manier tedoen nie.
Daar is twee maniere waarop God met die mens praat:
Ten eerste:
Job 33: 15:
Hy praat met die mens in n droom, in n gesig in die nag, wanneer die mens diep slaap, wanneer hy vas slaap op sy bed.
Ten tweede:
Job33: 19:
Of Hy spreek die mens aan met ernstige siekte, met pyn wat aan sy liggaam knaag, sodat alle kos hom walg, selfs die lekkerste ete.
Slot som:
Job 33: 29-30:
Dit alles doen God met die mens, self meer as een keer. So keer God die mens weg van die graf af en laat Hy hom weer lewe.
As God ons meer as eenkeer toets en laat swaarkry is dit vir God onmoontlik om verkeerd te doen.
Job 34 :10-12:
Maar luister na my, julle wat alles verstaan! God doen nie verkeerd nie, die Almagtige begaan nie n onreg nie. Hy straf die mens net vir wat hy doen, Hy laat hom maar net kry wat hy verdien. Dit is vir God werklik onmoontlik om verkeerd te doen, vir die Almagtige om die reg te verdraai.
God is groot en ons moet begin sien , voel en hoor oor Sy wonder dade. Al ons sintuie kan God se wonderdade beleef soos in:
Job 36:26-28:
God is groot , ons kan sy grootheid nie begryp nie, Sy jare kan nie bereken word nie. Hy trek vog op uit die see, dan giet die wolke water uit, laat hulle dit op al die mense val.
Job 36: 33:
Die onweer kondig aan dat die storm kom, die vee snuif die lug op voor die storm losbreek.
Job 37:1-2:
Dan begin ek bewe en gaan my hart aan die ruk. Hoor hoe bulder die stem van God, hoe dreun dit uit sy mond!
God vrae vir Job die volgende:
Toe het die Here vir Job aangespreek uit n stormwind uit: "Wie is dit wat besig is om my bedoelinge te dwarsboom met woorde wat getuig dat hy geen insig het nie? Maak jou reg vir die stryd: Ek sal vra, antwoord jy My. Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? Praat as jy die antwoord het, Wie het die aarde afgemeet? weet jy dit? Wie het n maatlyn oor hom gespan?
Ons moet soos n volstruis wees. Sorgloos met volle vetroue in God ALEEN.
Job 39: 16-21:
Die vlerke van die volstruis klapvrolik net soos die van die ooievaar en die valk, maar sy lê haar eiers op die grond en broei hulle uit op die sand. Sy dink nie daaraan dat hulle stukkend getrap kan word nie, dat wilde diere haar eiers kan breek nie. Sy maak haar kuikens hard groot, asof hulle nie haar eie is nie; as haar moeite dan tervergeefs was, skrik dit haar nie af nie. God het nie vir haar wysheid gegee nie, sy het geen verstand nie, maar wanneer sy , met vleke omhoog hardloop, lag sy die perd en sy ruiter uit.
Geen mens op aarde kan God teregwys nie , God is tot alles instaat. Ons verstand is te klein om dit in te sien soos in:
Job 39 : 34-35:Die Here het verder vir Job gesê: "Wil jy n saak maak teen die Almagtige en Hom bestraf? Wil jy vir God teregwys? Antwoord Hom dan!'
Job 42:1-2:
Daarna het Job vir die Here gesê:'Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit.
Ons as mens kan maar redeneer soos ons wil en so ook planne maak. Maar alles sal geskied volgens die Here se plan en wil. Aan die einde van Job se verhaal het hy dubbel terug gekry net omdat hy God nie gewantrou het nie , het hy n lang lewe gehad.
Ek sluit af met : Ons hoef nooit bang te wees in die wêreld nie . Ons vetroue moet ten volle in ons hemelse Vader wees
Psalm 19: 2:
Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.
Psalm 50: 3-6:
Ons God kom, Hy bly nie stil nie. Voor Hom uit brand n vuur, rondom Hom woed n storm. Hy roep die hemel en die aarde op vir die saak teen sy volk: "Maak bymekaar die wat aan My getrou is en met n offer n verbond met My gesluit het." Die hemel getuig: "God is regverdig, en Hy is die regter."
Van watter offer praat God hier?
Psalm 50: 14-15:
Lof is die offer wat jy aan God moet bring.
Betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.
Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer."
AMEN - AMEN














No comments:
Post a Comment