Tuesday, November 26, 2019

Die Heilige Gees , Gees van Waarheid en voorspraak

Die Heilige Gees is n geskenk aan ons gegee van Jesus wat God gevra het ,om by ons ten alle tye te wees. Want Jesus was gekruisig en opgestaan en opgevaar na die hemel om vir ons n plek voorteberei. Tot die dag wanneer Hy weer sal kom.

Ek weet nie van julle nie. Maar ek hoor die Heilige Gees as n stem wat met my praat. Daardie stem wat altyd  die regte rigtingwys om iemand te vertrou en te help of te waarsku om nie dadelik te ry na jou bestemming en soveel meer. En dit is die stem van die Gees van die die Waarheid. Dit is soos die Bybel se dat die skape die stem van die herder hoor en volg. Netso meer moet ons as sy kinders sy stem hoor.

Toe, ek nog jonger was, was ek baie hardkoppig en n rabel. Het nie altyd geluister na die Gees van die Waarheid nie of dan die stem van God. En dan kan jy maar weet dat ek, elke keer op my gesig geval het. Ander kere het ek geluister en was ek dankbaar vir die waarskuwing en het net daar dankie gese.

Jesus se vir ons, ek gaan na my Vader toe -  in 
Johannes 14:15-17
As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die Waarheid.

Maar Jesus se ook die wereld , Satan wat mense verlei, sal Hom nie ontvang nie. Want die wereld geraas, maak hul doof vir die stem van die Voorspraak. En dit is belangrik om te vra dat die Heilige Gees se stem in jou lewe gehoor moet word en sodoende Satan te verdryf. Verder se Jesus in:

Johannes 14:17
Die wereld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

Die Heilige Gees is n groot geskenk van God af , loof sy Naam Amen.

Efesiers 1:3
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseen met al die seeninge van die Gees wat daar in die hemel is.

En omdat mense bekeer, is die geskenk nog groter en die mooiste vers is in:

Efesiers1:13
Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het.
En dan die mooiste stukkie
In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseel.

En dan die waarborg van God

Efesiers 1:14
Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook vrede sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys.

Alle mense kan die Heilige Gees ontvang of jy n Jood is of nie Jood.

Handeling 10:44-46
Terwyl Petrus nog praat, het die Heilige Gees op almal gekom wat na die woord geluister het. Toe die Joodse gelowiges wat saam met Petrus gekom het, hoor hoe die mense ongewone tale of klanke gebruik en God prys, was hulle baie verbaas dat die Heilige Gees as gawe uitestort is ook op mense wat nie Jode is nie.
En so is hulle ook gedoop.

Ons lewe moet daagliks deur die Gees gelei word, sodat ons nie voordie wereld (Satan) se dinge sal swig nie. Die ding van die sondige natuur .
Galasiers 5:19-21
Onsedelikheid: onreinheid, losbandigheid, afgodiens, towery, vyandskap , haat , naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid, en aldergelike dinge.

Die vrug van die Gees is: Galasiers 5:22-23

Die vrug van die Gees, daarteenoor is die liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.






Die Bybel "God se woord" het altyd twee kante. En ons moet bewus gemaak word om die erns van die saak te verstaan. Sodat ons die keuse duidelik en ingelig kan maak. Want Jesus kom weer !!!! Keuse tussen die kruis of vuur vir ewig en ewig.

Galasiers 5:16-17
Wat ek bedoel , is dit: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie. Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie.

Romeine 8:14-17
Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. Die Gees wat aan julle gegee is , maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie: nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep:"Abba" Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. En omdat ons kinders is, is ons erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel he aan sy heerlikheid.

Ek sluit af met die volgende:
1 Tessalonisense 5:19
Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie.





Matteus 12:31-32
Daarom se Ek vir julle:Elke sonde en lastering kan die mense vergewe word, maar die lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie. As iemand iets teen die Seun van die mens se, kan dit hom vergewe word: maar as iemand iets teen die Heilige Gees se, kan dit hom nie vergewe word nie, nie in hierdie bedeling nie en ook nie in die toekomstige nie.



Mag die Heilige Gees in julle brand en julle Hom hoor . Want God praat met ons elke dag. Stuur asb aan na familie en vriende.


No comments: