Ek skryf oor die hemelvaart ,omdat ek in die oggend ure weer bewus gemaak was deur die Gees. In Suid-Afrika word daar nie meer Godsdiens in skole geleer nie. En so het dit ook gekom dat hemelvaarts dag ook nie meer geld nie. Almal hou paasfees of liewer langnaweek. Dit was altyd n vakansiedag vir Christene. Nie meer nie. En so begin die afvalligheid van die eind tyd. Gaan lees gerus eers die blog oor die kruising van Jesus. Hierdie was aan my gewys:
Die oggend (nog nag) van die 18de Mei 2023, ongeveer 3 uur . Daar was geen beurtkrag nie. Op die hoek van ons huis is n buitelig naby ons kamervenster. Ek was wakker gemaak deur die honde ,wat wou uitgaan. Terwyl die honde weer rustig aan die slaap geword het, het ek na die kamervenster se kant gestaar. Skielik het n helder lig die venster verlig, sonder dat die ligstrale in geskyn het. Dit was nagstil. Geen voertuie wat ry of honde wat geblaf het nie. Toe ek reg op sit, om ondersoek in te stel, het die lig af gegaan en net die buitelig was aan.
Dit was n ongewone lig en gebeurtenis. Ek het dit vir my vriendin by die werk vertel. By die werk het iemand gese dat dit hemelvaart dag is. Ek het dadelik bewus geword dat die lig n teken was dat Jesus kom, dat die wereld dalk mag vergeet of dit wil weg maak as iets wat nog ver is. Die middag toe ek by motor kom , sien ek n spierwit dons veertjie op my voorste venster ruit , aan die bestuurder se kant. Op daardie oomlik het ek die stem van die Heilige Gees HOOR se: Vanoggend se lig en die dons veer is om jou ter laat onthou aan die Hemelvaart en dat Jesus weer gaan kom , soos Hy opgevaar het na die hemel. Dit was net weereens n bewys dat God met ons kommunikeer en dat Hy met ons is. Wees wakker. Moenie te diep in die wereld se dinge in vas kyk nie. Dit skep vrees en mismoedigheid. Dit is ook n gejaag na wind en niks meer nie.
Die volgend gedeelte in die Bybel het die wit lig mooi beskryf . Die boodskapper is met ons!
Matteus 28:2-3:As dit ek sou gewees het, wat daar gestaan het. En Jesus sien gaan het. Sou ek nooit kon ophou huil nie. Soms verlang ek, en sien ek in my siels oe hoe ek hom eendag gaan ontmoet en omhels in die lug wanneer Hy weer kom. En daarom se ek ook altyd in my ander blogs dat ons altyd na bo moet kyk. Jesus is ons toevlug, lewe en hoop. En so ook in Psalms.
No comments:
Post a Comment