Monday, November 4, 2019

Hou moed!! Vir God se Woord en koms!!!

Elke keer as ek moedeloos word, dan bemoedig die Here my om die wedloop vir Hom te loop en my gebed word beantwoord deur sy Woord wat Hy aan my openbaar. Met elke blog wat ek skryf om God te eer en mense naby Hom te kry, word ek deur Satan aangeval.  Dit het weereens op die 18de Oktober 2019 gebeur . Satan het die keer my skoonma gebruik om my mismoedig te maak. En nee, ons het n baie goeie verhouding en is lief vir mekaar.  Die vorige keer was dit my man en kinders. Gaan lees gerus die blog van die "huwelik" En so begin my storie.

Dit was laat middag toe my man se "cellphone" lui. Hy en die kinders was buite besig om te swem. Ek antwoord toe , omdat ek gesien het dat dit my skoonma was. Sy se toe , die rede vir die oproep was om te hoor of alles nog goed gaan met ons. Ek verseker haar dat alles goed gaan met ons almal. En dit is toe dat haar hele houding aan die ander kant verander en sy my begin aanval oor die groot doop. Ek het dadelik besef waar die aanval vandaan kom. En sy word gebruik as die instrument van die Satan, om by my uit te kom. Ek het diep asem gehaal en mooi alles verduidelik en aangehaal uit die Bybel. Natuurlik was die antwoorde nie vriendelik ontvang nie. Aan die einde van die gesprek het ek vir haar gese dat die 10 gebooie belangrik is met die eerste een as liefde vir God en mekaar. Gaan lees gerus die blog oor die wette van God. Sy het skielik weer haar self geword en gese dat sy net wou hoor hoe dit gaan.

Ek was in skok. Ek het gaan sit en aan die bid gegaan vir haar en vir my. Ek het God gevra wat nou gemaak? Want ek kan nie meer nie. En die wonder , God antwoord my deur die Heilige Gees. Hy se "Lees Johannes. Ek gaan deur Johannes, en vind nie n antwoord nie. Hy se:" Johannes se tweede brief"


My antwoord was duidelik. Die trane het gerol van vreugde.
My vriendin het my later vertel dat sy vroeer die middag n behoefte gekry het  om vir my te bid. God werk in ons, maak julle harte oop en hoor Sy stem. Ek haal weer die vers uit die Bybel uit aan:

Markus 8:34
Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir julle gese:" As iemand agter My aan wil kom,  moet hy homself verloen, sy kruis opneem en My volg.

So het Paulus die Here ervaar en so bemoedig in:

Handelinge 18:9-10
Een nag het die Here in n gesig vir Paulus gese:"Moenie bang wees nie; hou aan met preek en moenie stilbly nie, want Ek is by jou. Niemand sal jou aanval of jou kwaad aandoen nie, want in hierdie stad behoort baie mense aan My."

Daarom moet ons nou leef as soldate vir die Here Jesus Christus

2 Timoteus 2:3-4
Dra jou deel  van die ontberings soos n goeie soldaat van Christus Jesus.  n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie.

Wat ons as soldate moet doen.

2 Timoteus 2:15
Le jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig.

En God gee ons moed met die volgende:

2 Timoteus 2:19
Nogtans , die hegte fondament wat God gele het, staan vas met die woorde daarop gegraveer:
" Die Here ken die
wat aan Hom behoort"

2 Timoteus 3:16-17
Die hele Skrif is deur God geinspireer en het groot woorde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdehede reg te stel en n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Daarom moet ons nooit die handdoek ingooi nie. Moet nie moedeloos word nie. Want:

2 Timoteus 4:1-2
Ek beveel jou voor God en voor Christus Jesus wat die lewendes en die dooies sal oordeel, ek beveel jou met die oog op sy koms en sy koningskap: verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerle, bestaf , bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee.

2 Timoteus 4:5
Maar bly jy in alle omstandighede nugter, verdra lyding, doen jou werk as verkondiger  van die evangelie, voer al die pligte van jou bediening uit.

Want ons leef alreeds in hierdie eind tyd. Klink die volgende dalk beken vir jou?



2 Timoteus 4:3-4
Want daar sal n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaar maak wat net sal se wat hulle graag wil hoor . Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend.

Die is n geestelike oorlog : Satan gebruik mense om die oorlog te begin. Hou moed. Ons oog moet op Jesus gevestig wees soos in:

Hebreers 12:1
Terwyl ons dan so n groot skare geloofsgetuie rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorle, met volharding hardloop.


Ek sluit af met die beloning in Christus Jesus

2 Timoteus 4:7-8
Ek het die goeie wedloop afgele, ek het die wenstreep bereik, ek het gelowig end uit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms.

Kolossense 2:2-4
My doel daarmee is dat hulle bemoedig moet word. Hulle moet met liefde aan mekaar verbind wees en saam strewe na diep en volledige insig, sodat hulle God se geheimenis kan ken. Die geheimenis is Christus, en in Hom is al die verborge skatte van wysheid en kennis vind. Ek beklemtoon dit, sodat niemand julle met vals redenasies mislei nie.

Amen, 
Deel met familie en vriende. Baie dankbaar vir ons verlosser. En die wonderlike reen wat ons die naweek ontvang het.













No comments: