Tuesday, September 3, 2019

GELOOF is n Stromende lewende water

Ek gaan vir julle n storie vertel wat gebeur het. Ek kan getuig oor geloof in God.  Ons was gewaarsku teen  bose mense.

Dit was in die winter van 2011, Ek en my gesin het oor gebly , by my swaar, omdat ons moes wag vir ons nuwe huis se oordrag. Een aand terwyl ons geslaap het, het ek gehoor in my slaap dat honde blaf en dit het my gesteur. Ek het op my sy gedraai en daar was  skielike stem wat met my gepraat het. Hy het gese: Staan op en gaan na die venster. In my slaap het ek gese: nie nou nie , ek wil slaap. En die stem het die keer harder gepraat en vir my gese: Staan op! Gaan kyk by die venster!

Net daar en dan het ek opgespring uit die bed,  ek het nie eers die lig aangeskakel nie. Die kamer waarin ons geslaap het was op die 2de vloer en die tuin buite was verlig. Toe ek uitkyk by die venster,  dit is toe ek sien dat n skelm  vanaf die agterkant van die erf na die huis toe loop. Ek het dadelik my man wakker gemaak om te kom kyk en n 2de een het hom toe gevolg. Hul het in die tuinhuis gaan wegkruip. Ek het dadelik begin bid so in die hardloop ,om die ander huis mense wakker te maak. Ek het vir beskerming gevra vir ons en die honde voor in die erf. Almal het hul oe op die tuinhuis gehad.
Ons was gewapen. Ek het die polisie gebel om te kom , en so het ons gewag en die tuinhuis nie uit die oog verloor nie.

Toe die polisie opgedaag het en na die tuinhuis gegaan het - was daar geen skelms daarin nie. Ons was verbaas, want ons het die tuinhuis dop gehou en hul het nie daaruit gegaan nie. Ek het nog altyd gewonder oor waar die twee verdwyn het. En ek het my dit nie verbeel nie, my man was n oog getuie. En die week het ek die antwoord gekry.
                                                                                   


Wat is geloof? In die Bybel staan daarin:

Hebreers 11:1+3
Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees, van die dinge wat ons nie sien nie. Omdat ons glo, weet ons dat die wereld deur die Woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.

Die geloof van ouds leer ons ook so!

Hebreers 11:5
Omdat Henog geglo het, is hy weg geneem sonder dat hy gesterf het, en hy was nerens te vind nie, omdat God hom weggeneem het .Van hom word getuig dat hy ,voordat hy weggeneem is , geleef het soos God dit wou. 

Wat wonderlik is van al die mense van ouds, wat geglo het soos Abel, Noag, Abraham, Josef en so veel meer. Is dat hul gesterf het en die weerderkoms het nie plaas gevind nie. Dit word duiderlik in :

Hebreers 11:13-14
Terwyl hulle steeds geglo het , het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig, en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywonders is. Mense wat so praat, gee daarmee duidelik te kenne dat hulle op soek is na n Vaderland.
Hebreers 11:6
As n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader moet glo dat Hy bestaan en dat Hy die wat Hom soek, beloon.

So glo , glo, glo vir dit wat ons nog nie kan sien nie, maar verjeug oor God se belofte , dat Jesus gaan terug kom , om ons te kom haal waar Hy vir ons n plek voorberei . Naamlik die Hemelse Vaderland. Ons is nie van die wereld nie. Daarom hoef ons nie bevrees te wees oor die nou in die wereld  nie. Dis van korte duur.

Hebreers 11:6
Maar hulle het na n beter vaderland, dit is die hemelse , verlang. Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie: trouens, Hy het vir hulle n stad gereed gemaak.

Is dit nie wonderlik en mooi nie? Ons moet dankbaar wees, wanneer ons geloof getoets word, deur die duiwel en sy bose magte. Vir die volgende redes:

Jakobus 1:2
My broers, julle moet baie bly wees wanneer allelei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.

Jakobus 2:19
Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook - en hulle sidder van angs.

1 Johannes 5:5
Wie anders is dit wat die wereld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

Johannes 7:38
Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif se: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.

Ek moet al hierdie dinge met julle deel, omdat God die strome lewende water in my binneste laat vloei het vandat ek kan onthou het. Maar Hy het gese ek moet nou na vore kom en almal se harte aan die brand kry vir Hom. Want Jesus kom gou weer, glo en vertrou en moenie oor more bekommer wees nie.

Selfs die bose geeste glo en hulle sidder van angs. Hoe nie te meer moet ons in Hom nie, glo nie. En deur te glo oorwin ons die wereld. (die wereld met die duiwel en sy bose magte)

Ek eindig af met : Die vrug van die vryspraak om dat ons glo.

Romeine 5:1-2 en 3-5
God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan.

Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet:

  •  swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop:

en die hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.


Liefde en vrede vir julle almal.







No comments: