Friday, September 6, 2019

Mense moet terug keer na die 10 wette van God om hul land en siele te red.

Almal waarmee ek praat , vra die selfde vraag oor en oor. En dit is :"Is die duiwel los, hoekom al die onruste en ontvoerings en so meer?" Die antwoord is vir my gegee , en my oe het oop gegaan vir dit wat werklik hier aan die gaan is in ons land en die hele wereld. Dit word duidelk  wanneer die 10 wette (gebooie) van God nie te harte geneem word nie, daar is verskeie voorwaardes  . Dit is of seeninge of strawwe.

In Deuteronomium 28:32-34 en 41-46 staan geskrywe:
Jou seuns en dogters sal aan n vreemde volk gegee word terwyl jy toekyk, en jou oe sal ingee soos jy die hele dag kyk of hulle terugkom, maar jy sal niks daaraan kan doen nie. n Volk wat jy nie ken nie , sal die opbrengs eet van jou lande en alles waarvoor jy jou afsloof. Daar sal deurentyd net verdrukking en swaarkry vir jou wees, en jy sal kranksinnig word van wat jy sien.

Jy sal seuns en dogters he, maar jy sal hulle nie behou nie, want hulle sal as ballinge weggevoer word. Goggas sal jou bome en die opbrings van jou lande oorneem. Die vreemdeling wat by jou woon, sal meer en meer kry, en jy sal agteruitboer en minder en minder he. Hy sal aan jou leen , jy sal nie aan hom leen nie. Hy sal die kop wees en jy die stert. Al hierdie strawwe sal oor jou kom. Hulle sal jou tref en by jou bly totdat jy uitgeroei is, omdat jy nie na die opdrag van die Here jou God geluister het nie en nie sy gebooie en voorskrifte wat Hy jou gegee het, gehoorsaam het nie. Die gebooie en voorskrifte moet altyd vir jou en jou kinders n waarkuwingsteken wees.

LEES GERUS DEUTERONOMIUM 28. VAN DIE BEGIN AF.

Die seeninge is groot as jy na die Here jou God se wette , gehoorsaam. Jy sal geseend wees in die stad, oop veld, nageslag,boerdery en so meer.

Die 10 gebooie is vir my soos die boom van kennis van goed en kwaad.Wanneer n mens die wette nie nakom nie , doen jy kwaad en die Satan is die oorwinnaar. Hy lieg en bedrieg sodat die mense se siele swart en verlore gaan word . Deurdat Eva van die boom van kennis van goed en kwaad geeet het, het ons nou n keurse vir wie  ons gaan stem. Want ons oe is oop gemaak en soos , ek in my eerste blog gese het. Dit is nou die tyd om reg te maak en die regte keuse te maak. Die tyd raak min.  Bekeer erder as om die wereld dinge te begeer. Om die wette gehoorsaam te wees , sal die ewige lewe as prys gegee word. Mense se : maar Jesus het vir ons sonde gesterwe en ons is gered. Ja, maar jy moet nie aanhou sonde doen nie. Jy moet die ou mens weggooi en linne klere aantrek. Daar is twee paaie die smal pad en die bree pad. En die smal pad na die hemel is moeilik .



Eksodus 20 (Die 10 goebooie van God)

  1. Jy mag naas My geen ander gode he nie Satan se wet hier is  om aardsegoedere te verkry en jou aandag op goedere te spandeer wat stof opgaar , om meer en meer geld te maak  en sodoene vir jou afgode te werk. En dan het jy nie vir God tyd nie. Markus 8:35
  2. Jy mag nie vir jou n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My.- Satan wil he jy moet alles wat mooi is besit , en dit word later jou enigste doel en afgod.Romeine 1:20-25
  3. Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie.-Satan kry lekker as mense die Here se naam misbruik. Soms hoor ek mense gebruik die Here se Naam wanneer hul kwaad of verbaas is. En natuurlik die afkortings in flieks en so meer. Romeine 2:24
  4. Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God.- Satan wil he ons moet vergeet om n rus dag te he , sodat die fokus op selfsig moet val . Om te werk en geld te verkry vir goedere .Eksodus 23:10-13
  5. Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die lant wat die Here jou God vir jou gee.-Satan hou so baie van hierdie een , sodat ongehoorsaamheid, vervloeking en verdriet tussen huisgesinne moet plaasvind. Dit lei to selfsigtigheid en die eie ek simdroom.Matteus 15:3-6
  6. Jy mag nie moord pleeg nie.-Satan  laat ons moord pleeg deurom kwaad te word, haat uittespreek teen oor ander . Dan word mense natuurlik ook dood gemaak vir die ewel naamlik geld. Aborsie is groot. Want God se plan kan nie uitgevoer word nie. En mens se selfsig.Galasiers 5:19-21
  7. Jy mag nie egbreuk pleeg nie. Satan verwoes mense en gesinne met ontrouheid met selfsig vir plesier. Hy wil he julle moet van mekaar skei, want God het gese wat hy saam sit , mag geen mens skei nie. 1Timoteus 6:10 en Efesiers 5:5
  8. Jy mag nie steel nie.-Satan wil he jy moet steel , sodat jy jou eie selfsig kan bevredig naamlik geld en so meer. Luiheid dra by, hoekom moet ek werk vir geld as ek dit net kan steel.Efesiers 4:28
  9. Jy mag nie vals getuienis teen n ander geen nie.-Satan gebruik vals getuienis to sy eie voordeel. Hy het dit gebruik met Eva. Deur te lieg is om iemand se hart te vermoor. En dan pleeg jy moord terselfde tyd.Eksodus 23:1-3
  10.  Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou vegeer nie, ook nie n slaaf of slavin, n bees of n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie. ( dit is vir my die samevatting van die 10 wette.) Dit word weer herhaal , sodat ons dit moet ernstig opneem in ons harte.

1 Johannes 5:3-4
Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat n kind van God is, kan die sondige wereld oorwin.
Matteus 19:17
Hy (Jesus)het vir hom gese: Waarom vra jy My uit oor wat goed is? Daar is net Een wat goed is. Maar as jy die ewige lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.
Matteus  5:18
Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as die een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.
1 Johannes 2:4
Iemand wat se: Ek ken Hom, maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie.

 So sit die helm op en hou die wette van God in jou wese.

Romeine 7:12 en 22
Die wet is dus heilig, en sy voorskrifte is heilig en reg en goed.
Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, maar ek vind in my doen en late n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees.

Wanneer ons vandag besluit het is die antwoord duidelik in :

Openbaring 22:14-15
Geseend is die wat hulle klere was, sodat hulle reg kan he op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan.
Buitekant is die dwaalleraars, die bedrieers en die onsedelikes, die moordenaars en die afgodienaars en almal wat valsheid liefhet en doen.


Deuteronomium 30:15-16
Ek het vandag die lewe en die voorspoed , die dood en die teenspoed aan jou voorgehou. As jy die Here jou God lief het en sy wil doen deur sy gebooie, sy voorskrifte en sy bepalings wat ek jou vandag gegee het, te gehoorsaam,sal jy lewe en baie word en sal die Here jou God jou voorspoedig maak in die land wat jy in besit gaan neem.


Mag God se Gees in ons brand soos vuur en ons die kruis sal optel  vir onse Hemelse Vader.

Hemelse Vader , dankie vir die eerste lente reen.

AMEN

1 comment:

Douglas said...

Ek het altyd dit vir my kinders probeer indril, gaan probeer net vir een dag om daai reels na te kom...en ja jy gaan sukkel, want jy is net n sondige mens.