Tuesday, September 10, 2019

Om GEESTELIK in die "NOU" te leef.

Ons moet in die "nou" leef. Ons moet leef of dit ons laaste dag is op aarde. Ons harte moet oop wees vir God se boodskappe. Ek moet bieg, God gee my boodskappe in drome "visioene"  , dit het vroeg in my lewe al begin . Maar die verskil is dat die boodskappe nou baie meer ernstig is.

En daar was vir my in 2018 gewys van sy wederkoms en sewe maande later in 2019 die gebeure voor die  wederkoms. Ek vertel dit graag aan die mense na aan my. Ek is n privaat mens , en dit is vir my moeilik om dit te deel met die wereld. Maar dit word nou van my verwag.

Want God het ander planne met my. So paar weke voordat ek die blog begin het , het God my een aand 3 uur in die oggend wakker gemaak en my gedagtes besig gehou met sy woord en dat ek Sy kruis moet optel en moet uitreik oor al die dinge oor sy koningkryk en dit wat nog kom.

Weereens is ek maar net mens en hardkoppig. Ek het vir God gese dat ek moeg is en dat ek nou wil slaap. Ek het Hom gevra om my te wys en leiding te gee oor hoe ek die taak moet verrig. En toe gebeur dit twee dae later. My predikant bel my en sy hy wil graag kom huisbesoek doen. Ek het n glimlag gehad , want ek het geweet, dit was die antwoord met my gesprek met die Here. Met die besoek het die predikant bevestig dat hy verby ons straat gery het die vorige week , en die gevoel op sy hart was om by ons huisbesoek te kom doen.

Sien, God maak ons bewus, maar is ons in die "nou" om na Hom te luister? Ek het raad gekry , oor hoe om die boodskap van God na mense buite die kerk te kry. My man het gese :" begin n blog" . My vriendin by die werk het gese:" haar hart se ek moet n blog begin".  Ek het gese : "dit is n goeie idee, maar ek is nie n skrywer nie". En so het God my toe weer bewus gemaak van hoe belangrik dit is om Sy kruis op te tel vir Hom. En so het dit gekom:

Elke oggend ry ek die selfde pad werk toe, maar die een oggend laat God my in die verkeer vassit. My musiek in die kar was kliphard.  En toe hoor ek iemand God se naam uitroep. Ek skakel die musiek sagter en kyk toe op. En daar loop n swart man met n pak klere en tekkies verby my kar en in sy hand het hy die Bybel . Hy se :'God kom". Die trane het geloop tot in my kantoor.

Onmiddelik het ek geweet dat God my bewustelik maak van die taak op hande. Ek moet die kruis optel vir Hom en loop.En die tyd raak min.

Wat ons as, bewustelike gelowiges : moet doen vir die wat nog  in n dwaal is in die wereld.

Judas 1:22-23
Oor die wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm. Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk. Oor ander moet julle julle met versigtigheid ontferm, en verafsku selfs die klere wat deur hulle sondige luste besmet is.


Een aand het God my weer bewustelik  laat kyk na die TV. "ek hou nie van die nuus nie" Dit was wereld nuus. En op daardie minuut het n vrou gese: sonder om te blik of te bloos die volgende :"Dat vroue alleenlik die reg het om aborsies te verkry en  dat dit alleenlik oor haar gaan. God het nie n keuse in die saak nie." My hart het gebrand van angs. Satan werk deur die goddelose mense. In n werksituasie het iemand gese:"Wie ook al die aarde gemaak het moet dit kom reg maak!" Dit het n persoon gese wat n kerkganger is. Ek weet nie van julle nie, maar dit maak my bewus van wat aan die gang is in die wereld. Is julle bewus?

Wees bewus van die gewettelose mense in jou daaglikse bedrywigheid. Staan op vir God teen hul en bring die wat lou is van hart na Jesus.

2 Tessalonisense 2:3- 12

Laat niemand julle op watter manier ook al mislei nie. Die dag van die Here sal nie aanbreek voordat die laaste afvalligheid gekom het en die wettelose mens wat vir die verderf bestem is, sy verskyning gemaak het nie. 

  • Hy sal hom verset teen al wat God genoem word of
  • wat as heilig vereer word,
  • en hy sal hom bo hulle verhef.
  • Hy sal selfs in die tempel van God gaan sit en voorgee dat hy God is,

En julle weet nou wat hom nog teehou, sodat hy eers as dit sy tyd is, sy verskyning sal maak.
Die geheime krag van die wetteloosheid is al aan die werk, maar die een wat die wettelose teehou, moet eers uit die weg wees, en dan sal die wettelose self op die toneel verskyn.

Deur die werking van die Satan sal die verskyning van die wettelose gepaard gaan met,

  • groot magsvertoon en 
  • allerhande vals tekens en wonders en
  • met gruwelike misleiding van die wat verlore gaan

omdat hulle nie die waarheid liefgehad en tot hulle redding aanvaar het nie. ( dit is die keuse wat ons elkeen moet maak, en dit is n leefwyse ) en nie n "emosie" besluit nie. Jy is of warm of koud. Lou verwerp die Here. Jy kan nie net n mooiweers gelowige wees nie.

Dit is ook waarom God hulle aan die mag van die dwaling oorgee, sodat hulle die leuen sal glo. 
En so sal almal wat nie die waarheid geglo het nie, maar die ongeregtigheid verkies het , veroordeel word.

Ek sluit af met :2 Tessalonisense 3:2 -bid vir ons en vir mekaar
Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie.

Mag almal in die "NOU" leef vir God tot ons Jesus weer kom .

Amen




No comments: