KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES
Choose between God and Satan. Be ready , because the end is coming. Repent and walk in Jesus footsteps.
Thursday, February 5, 2026
KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Om n Job te wees in die wêreld van vandag -Hou moe...
Om n Job te wees in die wêreld van vandag -Hou moed , glo en vetrou.
Ek skryf oor hierdie titel vandag, omdat my vriendin Michelle n vraag aan my gestel het. Dit kan dalk n vraag in julle harte ook wees. Die vraag is: Hoekom het al hierdie dinge in my lewe met my gebeur? of wat het ek gedoen, dat God dit toe gelaat het om te gebeur?
Die antwoorde lê in Job se geloofslewe. God is groot. Ons denke en insig is te klein vir God se goedheid en Sy plan vir ons lewens.
Job was n goeie man en het ten alle koste vroom en opreg gelewe om God ten volle te dien en om die kwaad te vermy. Daar is n spreekwoord wat lei "Slegte dinge gebeur ook met goeie mense".
- Jou beproewings kan dwelms, verslawing aan drank, dood ,werk , siekte ens. wees. Maar hou goeie moed, glo en vetrou ten all tye en wees opreg dankbaar.
Bietjie agtergrond:
Job was baie ryk aan vee, kamele en slawe. En hy was onder die mense bekend as n belangrike man.
Job 1: 6-7:
Op n dag het die hemelwesens voor die Here kom staan, en die Satan was ook onder hulle. Toe vra die Here vir hom:'Waar kom jy vandaan?'En die Satan antwoord die Here." Ek het die wêreld deurkruis."
Net in hierdie verse sien ons dat Satan vryheid het om van die hemel na die aarde en terug te gaan. Hoekom? Om ons wat aan God behoort te gaan aankla met sy leuns. Satan kan nie iemand soos Job aanraak nie. Daarom die volgende:
Job 1:9-12:
Toe antwoord die Satan die Here:"Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie!" U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan. Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie U gesig vervloek nie."
Toe sê die Here vir die Satan: " Alles wat hy het, gee Ek in jou mag oor. Net aan homself mag jy nie raak nie." Die Satan het daarna van die Here af weggegaan.
Die beskerming kan gelees word in Psalm 91.
Ons kla soms te gou! En vergeet van al die genade van elke uur en dag. Wees dankbaar in die goeie en slegte tye. En weet God is in beheer, selfs die Satan moet toestemming vra en noem God "U". Satan se trant van redeneer is alty munipilering, wat kan lei toe geen selfvertroue , mismoedigheid en stress ens.
Toe God nie meer beskerming oor Job se eindom gehad het nie, het Satan die volgende laat gebeur.
Job 1: 13-19 : Rampe
En eendag , toe Job se seuns en dogters besig was om te eet en wyn te drink in hulle oudste broer se huis, kom n boodskapper by Job met die nuus:" Die osse was aan die ploeg, en die donkies het langsaan gewei. Toe oorval mense uit Skeba ons en hulle roof alles en maak die slawe dood. Net ek het weg gekom om dit vir u te vertel"
Hy was nog aan die praat toe kom daar nog een met die nuus." Weerlig het die kleinvee en hulle wagters dood geslaan en verbrand. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel."Hy was nog aan die praat, toe kom daar nog een met die nuus. Drie groepe Galdeërs het die kamele geroof en is daarmee weg nadat hulle die slawe doodgemaak het. Net ek het weggekom omdit vir u te vertel."
Meteens het daar n sterk wind van die woestyn se kant af opgekom en die huis van al vierkante af op u kinders omgewaai. Almal is dood. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel."
Die les wat ons hier uit leer is dat die swaartye in ons lewe moet ons vas hou aan God en Hom vetrou met ons hele hart. Ons moet n Job wees. Onthou ons moet die volgende waardes van Job onthou as ons ,ons self vra. Hoekom gebeur al hiedie dinge met my?
Eerbiedig, opreg en vroom, dien en vermy die kwaad.
Job 1 : 21-22:
" Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here." Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie.
Ons is van stof gemaak en ons gaan ook as stof terug aarde toe. Moeinie skatte in die wêreld by mekaar maak waar motte dit kan verwoes nie. Maak skatte in die hemel by mekaar.
In Job 2: 10: Job praat hier met wyse kennis van God as hy se:
" As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie.?"
Ek wil net sê dat ons ten alle tye dankbaar moet wees in die goeie en slegte tye. Want daar staan ook geskryf dat die wat meer het , nog meer sal kry en die wat min het alles sal verloor. Om dankbaar te wees al het jy baie of min.
Ons wroeg soms oor die selfde dinge waaroor Job gewonder het:
DIE WORTEL VAN ANGS: Satan se wapen teen gelowiges.
(Moenie goed oor jou self uitspreek nie of ander dit toelaat om dit oor jou uit te spreek nie) Die tong is magtig.
Jakobus 1: 6:
Die tong is ook n vuur, n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet . Dit steek die hele lewe , van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek.
Jakobus 1: 8-10:
maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is n rustelose kwaad, vol dodelike gif. Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie.
Job 3: 24-26:
"Ek kan nie eet van die pyn nie, ek kan nie ophou kreun nie." Want ek gevrees het, het oor my gekom, waarvoor ek bang was het my getref. Ek het geen rus en geen vrede nie, geen verposing nie, net angs."
Satan plant angs:
Job 4: 2:
"Sal dit jou vermoei as iemand met jou redeneer? Dan antwoord Elifas dat hy nie net kan stil bly nie.
Job 4:3-5:
Jy het self baie mense reggehelp en die wat moed verloor het, het jy weer moed ingepraat. Jou woorde het die wat struikel, opgebeur, die wat wou val , het jy weer opgehelp. Nou het die ramp jou getref, en jy is platgeslaan; dit het jou oorgekom, en jy is verslae.
Job 4:8-9:
Ek het ondervind: die wat onreg plant en moeilikheid saai, oes dit ook. Deur die troon van God gaan hulle te gronde, deur Sy woede gaan hulle tot niet.
So mens, as jy dalk "gebully" word by die skool, werk, of gemeenskap. Weet net dat die wiel draai! Wees net stil, want God is in beheer.
Dan die wonderlike openbaring van God. God maak gesond.
Ons gryp altyd na mense self of grasmatiese kerke en hul bediening . Maar God genees volkome en dit is waar jy en God mekaar moet ontmoet in stilte en alleen. Sodat jy Hom kan hoor in jou gees. Die volgende gedeelte vat dit mooi saam.
Job 5:8-9:
"As ek jy was, sou ek my tot God wend en my saak aan Hom voorlê.' Wat God doen, is groot en ondeurgrondelik ,wonder op wonder.
Gevolgtrekking:
Job 5: 15-16:
Dit is God wat die arm mens red van hulle vals beskuldigings en uit die mag van die sterkes. So is daar hoop vir die behoeftige en kom die onreg tot n einde.
Dit gaan goed met die mens wat deur God terreggewys word. Jy moet nie die bestraffing van die Almagtige verontagsaam nie. Dit is Hy wat wonde toedien, maar Hy verbind hulle weer, wat seer slaan, maar Hy maak weer met Sy eie hand gesond.
Ons mense se siening is te klein.
Kan jy begryp wie God werklik is? Kan jy die Almagtige ten volle verstaan? Dit is kennis wat hoër is as die hemele. Hoe kan jy daarby uitkom? Dit is kennis wat dieper is as die doderyk. Hoe kan jy dit bereik? Dit strek verder as die aarde, wyer as die see.
Ons praat soms ondermekaar oor die onregverdigheid wat in die wêreld aan gaan. Goddelose mense wat ryk word en ander vertrap .
Waarom bly die goddeloses aan die lewe, word hulle oud en ryk en vernaam? Hulle kindes raak gevestig rondom hulle, hulle sien hulle nageslagte. Daar is vrede in hulle huise, geen vrees nie die straf van God tref hulle nie.
MAAR
Job 21: 15-15:
Maar tog is dit hulle wat vir God sê : "Laat staan ons, ons weier om U wil te ken. Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? Watter nut het dit om Hom te aanbid?"
Dan die antwoord op die vraag!!
Job 21:16:
"Maar hulle voorspoed is nie in hulle eie hande nie, daarom bly ek weg van die raad wat van goddeloses af kom. "
Job 21:22:
"Sou iemand vir God iets kan leer, vir Hom wat selfs die sterkstes regeer?
Die woorde slaan hard en is baie duidelik. Daarom, as julle vandag soos Job deur swaar tye gaan en wonder waarom ek ? Is die antwoorde die volgende:
Job 22: 19-20:
Dié wat reg doen sien die ondergang van die goddeloses en is bly, die onskuldiges spot met hulle. Ons vyande is daarmee heen, vuur het hulle besittings verteer.
Daarom moet ons bekeer en ons onderwerp aan God. Sodat dit met julle mag goed gaan.
Waarom staan God dan nie ag op die onreg nie?
Job 24:1-3: ens.
"Waarom stel die Almagtige nie tye vas vir afrekening nie. Waarom moet die wat Hom ken, tervergeefs uitsien na sulke dae? Mense verskuif grenslyne, hulle steel troppe vee en laat hulle by hulle eie vee wei. Hulle vat die weeskind se donkie en lê beslag op die bees van die weduwee.
Die antooord is dat : hulle word soos koringare afgesny.
Job 24: 13-15 : ens.
Daar is mense wat nie die daglig vedra nie, wat niks te doen wil hê met wat in die dag gebeur nie, wat nie van die dag se paaie hou nie. : die moordenaar staan op net voor ligdag, hy vermoor die weerlose en die arme, in die nag steel hy; die egbreker wag vir die donker, hy dink geen oog sal hom sien nie, hy vermom homself,
Maar daar is n maar!
Job 24: 19-20:
Soos droogte en hitte sneeu wegsmelt, so maak die graf n einde aan die sondaar. Sy eie ma vergeet hom, hy is kos vir die wurms, daar word nie meer aan hom gedink nie. Wie onreg doen, word soos n stuk houtgebreek.
Wees en kies om n gelowige te wees in Christus, want daar is geen hoop vir die godelose mense nie. Eer God in jou swaar kry - mens. Om die Here te dien is baie wys.
Psalms1:1-5:
Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.
So is die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word. Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie en sondaars nie n plek hê in die vergadering van regverdiges nie.
Job 27: 13-15:
Dit is die lot wat God uitmeet vir die goddelose, dit is wat die geweldenaars ontvang van die Almagtige. Hoe baie hulle kinders ook al is, hulle is vir die swaard bestem, hulle nakomelinge sal altyd honger ly. Die wat van hulle oor bly, sal deur die pes verteer word, en hulle weduwees sal nie oor hulle treur nie.
Die vraag is? Waarkom Wysheid dan vandaan?
Job 28: 20-22:
Die Wysheid waar kom dit vandaan? Waar is die woonplek van die insig? Dit is verborge vir al wat lewe, weggesteek selfs vir die voëls in die lug. Die onderwêreld en die dood sê: "Ons het maar net n gerug daaroor gehoor."
Waar woon die Wysheid en insig?
Net God weet hoe die pad daarheen loop, net Hy ken die woonplek van die wysheid, want Hy sien die verste eindes van die aarde. Hy aanskou alles onder die hemel. Toe Hy die krag van die wind bepaal het en die waters uitgemeet het, toe Hy vir die reën reëls gemaak het en n pad vir die weerlig aangewys het, toe het Hy die wysheid gesien en daarvan vertel, toe het Hy dit vasgestel en deur vors.
En Hy het vir die mens gesê:"Om die Here te dien, dit is wysheid, om die kwaad te vermy, dit is insig" .
God spreek mense aan op verskillende maniere en dit staan so geskryf in:
Job 33:14
"God spreek die mens aan, Hy huiwer nie omdit op meer as een manier tedoen nie.
Daar is twee maniere waarop God met die mens praat:
Ten eerste:
Job 33: 15:
Hy praat met die mens in n droom, in n gesig in die nag, wanneer die mens diep slaap, wanneer hy vas slaap op sy bed.
Ten tweede:
Job33: 19:
Of Hy spreek die mens aan met ernstige siekte, met pyn wat aan sy liggaam knaag, sodat alle kos hom walg, selfs die lekkerste ete.
Slot som:
Job 33: 29-30:
Dit alles doen God met die mens, self meer as een keer. So keer God die mens weg van die graf af en laat Hy hom weer lewe.
As God ons meer as eenkeer toets en laat swaarkry is dit vir God onmoontlik om verkeerd te doen.
Job 34 :10-12:
Maar luister na my, julle wat alles verstaan! God doen nie verkeerd nie, die Almagtige begaan nie n onreg nie. Hy straf die mens net vir wat hy doen, Hy laat hom maar net kry wat hy verdien. Dit is vir God werklik onmoontlik om verkeerd te doen, vir die Almagtige om die reg te verdraai.
God is groot en ons moet begin sien , voel en hoor oor Sy wonder dade. Al ons sintuie kan God se wonderdade beleef soos in:
Job 36:26-28:
God is groot , ons kan sy grootheid nie begryp nie, Sy jare kan nie bereken word nie. Hy trek vog op uit die see, dan giet die wolke water uit, laat hulle dit op al die mense val.
Job 36: 33:
Die onweer kondig aan dat die storm kom, die vee snuif die lug op voor die storm losbreek.
Job 37:1-2:
Dan begin ek bewe en gaan my hart aan die ruk. Hoor hoe bulder die stem van God, hoe dreun dit uit sy mond!
God vrae vir Job die volgende:
Toe het die Here vir Job aangespreek uit n stormwind uit: "Wie is dit wat besig is om my bedoelinge te dwarsboom met woorde wat getuig dat hy geen insig het nie? Maak jou reg vir die stryd: Ek sal vra, antwoord jy My. Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? Praat as jy die antwoord het, Wie het die aarde afgemeet? weet jy dit? Wie het n maatlyn oor hom gespan?
Ons moet soos n volstruis wees. Sorgloos met volle vetroue in God ALEEN.
Job 39: 16-21:
Die vlerke van die volstruis klapvrolik net soos die van die ooievaar en die valk, maar sy lê haar eiers op die grond en broei hulle uit op die sand. Sy dink nie daaraan dat hulle stukkend getrap kan word nie, dat wilde diere haar eiers kan breek nie. Sy maak haar kuikens hard groot, asof hulle nie haar eie is nie; as haar moeite dan tervergeefs was, skrik dit haar nie af nie. God het nie vir haar wysheid gegee nie, sy het geen verstand nie, maar wanneer sy , met vleke omhoog hardloop, lag sy die perd en sy ruiter uit.
Geen mens op aarde kan God teregwys nie , God is tot alles instaat. Ons verstand is te klein om dit in te sien soos in:
Job 39 : 34-35:Die Here het verder vir Job gesê: "Wil jy n saak maak teen die Almagtige en Hom bestraf? Wil jy vir God teregwys? Antwoord Hom dan!'
Job 42:1-2:
Daarna het Job vir die Here gesê:'Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit.
Ons as mens kan maar redeneer soos ons wil en so ook planne maak. Maar alles sal geskied volgens die Here se plan en wil. Aan die einde van Job se verhaal het hy dubbel terug gekry net omdat hy God nie gewantrou het nie , het hy n lang lewe gehad.
Ek sluit af met : Ons hoef nooit bang te wees in die wêreld nie . Ons vetroue moet ten volle in ons hemelse Vader wees
Psalm 19: 2:
Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.
Psalm 50: 3-6:
Ons God kom, Hy bly nie stil nie. Voor Hom uit brand n vuur, rondom Hom woed n storm. Hy roep die hemel en die aarde op vir die saak teen sy volk: "Maak bymekaar die wat aan My getrou is en met n offer n verbond met My gesluit het." Die hemel getuig: "God is regverdig, en Hy is die regter."
Van watter offer praat God hier?
Psalm 50: 14-15:
Lof is die offer wat jy aan God moet bring.
Betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.
Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer."
AMEN - AMEN
Wednesday, September 11, 2024
KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die wat agter gebly het #die laast plae van God.
Die wat agter gebly het #die laast plae van God.
Geseend is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby.
Openbaring 1: 8
"Ek is die Alfa en die Omega,"se die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
In Openbaring 15, begin met die mense wat die oorwining behaal het oor die Satan en sy bose planne. En, nie die wat agter gebly het nie. Onthou die wat agter gebly het, is die wat die merk van die dier aanvaar het en die lou gelowiges wat nie die wereld en sy dinge wou los nie of dalk hul ore uitgeleen het vir wat sag op hul ore was en nie die harde waarheid wou hoor en glo nie. Hul het nie ten volle to bekering gekom nie.
Openbaring 15:2
En ek het iets soos n spieelgladde see met vuur daarin gesien. Die mense wat die oorwinning behaal het oor die dier en sy beeld en die getal van sy naam, het by die spieelgladde see gestaan met siters (harpe) wat hulle van God gekry het.
Openbaring 15:3
Hulle sing die lied van Moses, die dienaar van God. Dit is ook die lied van die Lam.
"Groot en wonderbaarlik
is u dade,
Here God, Amagtige.
Reg en betroubaar
is U optrede,
Koning van die nasies
Wie sal U nie vrees nie, Here,
En U Naam nie verheelik nie?
U alleen is heilig!
want hulle sal sien dat U handelwyse regverdig is."
Monday, September 9, 2024
KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die dier uit die aarde # One world order = Mark ...
Die dier uit die aarde # One world order = Mark of the beast

Wednesday, July 3, 2024
KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: # Die antichris : Draak en dier uit die see. Met ...
# Die antichris : Draak en dier uit die see. Met die sedelose vrou.
1 Johannes 2: 18-19Kinders, dit is die laaste uur. Julle het gehoor dat daar n atichris kom; en daar is nou reeds baie atichriste. Daaruit weet ons dat dit die laaste uur is. Hulle het wel uit ons geledere voortgekom, maar niemand van hulle was ooit werklik een van ons nie, want as hulle werklik van ons was, sou hulle by ons gebly het. Dit moes duidelik word dat geeneen van hulle werklik een van ons is nie.
Mense moet julle nie laat mislei nie, vra God om jou deur die Gees te lei en die wysheid van onderskeiding te gee tussen die waarheid en die leuen en baie moed om dit te verkondig, allenlik tot God se eer. En sodoende vas te staan in die wereld van die Satan. Net soos die bogenoemde prent . Vaderkersfees as herdenking van Jesus se geboorte word gebruik in die wereld. (satan wat mislei!!!)
1 Johannes 2: 20-23
Julle is egter deur die Heilige Gees gesalf, en julle ken almal die waarheid. Ek skrywe nie vir julle omdat julle nie die waarheid sou ken nie, maar juis omdat julle dit ken en weet dat daar geen leuen uit die waarheid voorkom nie. Wie is die leuenaar anders as hy wat nie wil erken dat Jesus werklik die Christus is nie? Hy is die antichris, hy wat nie die Vader en die Seun wil erken nie. Wie nie die Seun erken nie, verwerp ook die Vader; wie die Seun erken , erken ook die Vader.
Openbaring 12: 12-13
Daarom , hemel en die wat daarin bly, verheug julle . Maar vir julle, land en see, wag daar ellende omdat die duiwel na julle toe gekom het met groot woede en met die wete dat hy min tyd het. Toe die draak sien dat hy op die aarde gegooi is, het hy die vrou agtervolg wat die seun in die wereld gebring het.
Dan weereens die bewys dat Christene nog op aard is. En die voltrekking van die oordeel vind plaas in Openbaring 14:14-20. En daarna die laaste plae.
Openbaring 12: 17-18
Die draak was woedend oor die vrou en hy het weggegaan om oorlog te maak teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God nakom en aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het. Die draak het toe op die seestrand gaan staan.
Gebooie van God - 1 Timoteus 1:9-11 (En waarom die draak woedend was)
n Mens moet onthou dat die wet nie vir die wetsgehoorsame bedoel is nie, maar vir mense wat hulle nie aan wet en orde steur nie, goddeloses en sondaars, mense sonder eerbied vir wat heilig en gewyd is, die wat vader of moeder doodmaak, moordenaars, ontugtiges, mense wat homoseksualiteit beoefen, ontvoerders , leuenaars, die wat meineed pleeg of engiets anders doen wat met die gesonde leer in stryd is. Die gesonde leer is in ooreenstemming met die evangelie wat aan my toevetrou is, die evangelie van die heerlikheid van die
goeie God.
Openbaring 12:14
Maar aan die vrou is twee groot arendsvlerke gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek toe, kon vlieg. Daar word sy die hele vasgestelde tyd, weg van die slang af, versorg.
Net so gaan God ons in die laaste uur red, wanneer die "One world Order" #antichrist opgerug gaan word. Daar word in die Bybel gepraat van, dat hy in die Tempel gaan sit en homself bo God gaan verhewe. Maar daar gaan n beperkte tyd wees en Satan se tyd sal min wees.
Openbaring 13: 5
Die dier is toegelaat om verskriklike dinge te se en te laster en om twee en veertig maande lank gesag uit te oefen. (Dit is in vandag se tyd 3 en n half maande)
Die beskrywing van die dier uit die see en die mensdomDie swaar tye sal kom . Die beskrywing van die mens en selfs in die verlede het Satan probeer om n "One world Order" in staan te bring deur die n mens te laat glo dat hul teen God se plan kan gaan. Ek praat van Toring van Babel. En die mense van Sodom en Gamorra se selfsugtigheid en grootpraterig en verwaandheid word hier onder beskryf. En net so gaan dit in die laaste uur wees.
2 Timoteus 3:2-5
Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdientig; hulle sal liefdeloos en
onversoenlik wees, kwaadpraters, badeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot he as liefde vir God. Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens he, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.
Die dier uit die see en die betekenis van die dier.
Openbaring 13: 1
En toe het ek n dier uit die see uit sien kom met tien horings en sewe koppe. Op sy horings was daar tien heerserskrone en op sy koppe godslasterlike name.
Openbaring 17:9-11
Hier is verstand en wysheid nodig. Die sewe koppe is sewe berge . Daar by hulle het die vrou haar setel. Verder is hulle ook sewe konings. Die eerste vyf het geval. Die sesde is nou hier. Die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy n kort rukkie bly. Die dier wat eers was en nie nou is nie, is self die agste. Hy hoort by die sewe en gaan na die verderf toe.
Openbaring 17: 12
Die tien horings wat jy gesien het, is tien konings. Hulle het nog nie die koninskap gekry nie, maar hulle kry saam met die dier een uur lank gesag as konings.
Wie en wat is die selelose vrou en waar woon sy?
Openbaring 17: 1-2
Toe het een van die sewe engele wat die sewe bakke het, gekom en met my gepraat. "Kom," het hy gese, "ek sal jou wys hoe die oordeel voltrek word oor die berugte sedelose vrou wat by baie waters bly en met wie die konings van die aarde onsedelik verkeer het. Die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar onsedelikheid."
Openbaring 17: 5-6
Op haar voorkop was haar naam geskrywe en dit het n verborge betekenis. Die naam was: "Groot Babilon, die moeder van die sedeloses en van die losbandigheid op die aarde.'' En ek het gesien dat die vrou dronk is van die bloed van die gelowiges, van die bloed van die mense wat vir Jesus getuig het.
Die ondergang van die sedelose vrou.
Openbaring 17 :15-18
Wednesday, October 4, 2023
KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die wederkoms van Jesus . # Wegraping
Die wederkoms van Jesus . # Wegraping
Ek skryf oor hierdie onderwep, omdat ek 3 visioene ontvang het van die Here oor n tydperk. Die drome maak nou meer sin en ek word nou deur die Heilige Gees gelei om oor hiedie onderwerp te skryf. Daar is ook n dringendheid om dit te doen . Mense gaan dalk verskil, maar ek glo dat die Heilige Gees sal intree. Hierdie blog is baie lank, maar lees asseblief tot die einde toe.
Jesus se eerste koms, het Hy gekom as mens. Hy was gebore in Betlehem in Judea.
Matteus 2:6
En jy, Betlehem , gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal n leier voorkom wat vir my volk Israel n herder sal wees.
Jesus, se tweede koms is wanneer Hy sy bruid kom haal vanuit die wolke.# wegraping van die gelowiges of die uitverkorenes.
God het aan my 3 drome gewys. Die wereld of mense sal se dat dit net drome was. Volgens die Skrif of Bybel is die nie net drome nie, maar word gesien in die Bybel as:
Job 33:14-18 (God spreek die mens aan)
God spreek die mens aan, Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie. Hy praat met die mens in n droom in n gesig in die nag. Wanneer die mens diep slaap, wanneer hy vas slaap op sy bed. Dan openbaar God Hom aan die mens en dreig dat Hy hom sal straf om hom van verkeerde dade af weg te hou en hom van hoogmoed te weerhou.
En dan die sterk boodskap in vers 18
God wil die mens nie die graf laat ingaan nie.
Bedoelende die ewige dood (Hel) . Wat vir my baie duidelik uitstaan is dat God altyd waarsku voordat Hy straf of gaan oordeel.
Die blog , wou ek al vroeer "publish", maar was onseker .God het my gedryf en gewys op vele maniere om dit wel te doen. Die drome was nie in volgorde nie, daarom het dit nog nie sin gemaak vir my nie.
Droom 3 - 10 Augustus 2023 - 5de Seel
Droom 2 - 20 Febuarie 2019 - 5de Trompet
Droom 1 -Maart 2017 - Wegraping
Openbaring 6:1-11
Dit gaan oor die eerste 4 seels wat oop gemaak word. (lees asseblief)Kortliks:
Seel 1 is die wit perd
Seel 2 is die vuurrooie
Seel 3 is die swart perd
Seel 4 is die vaal perd
My droom van die 10de Augustus 2023 , gaan oor die 5de seel.
Dit was grys, vaal buite en baie stil. Ek het na buite gegaan en Jesus op ons huis se dak sien staan. Ek het dadelik gedink dit is die wegraping, maar terselfde tyd geweet dit kan nie wees nie, omdat Jesus op die wolke sal verskyn wanneer Hy sy bruid kom haal. Ek wil net byvoeg dat wanneer n gesprek plaas vind in n droom of enige ontmoeting . Is dit nie met die mond nie, maar erder gedagtes wat uitgeruil word om meer te kommunikeer. Ek het Jesus gevra of dit al die wegraping is en of ek deel daarvan gaan wees? Hy het in n sagte en liefde volle stem gese "Nie nou al nie, jy moet nog n rukkie wag" In die skrif staan dit as volg:
Openbaring 6:9-11 - Die vyfde seel word oop gemaak
Toe die Lam die vyfde seel oopmaak, het ek onder die altaar die siele gesien van die mense wat doodgemaak is omdat hulle aan die woord van God en aan die getuienis van Jesus vasgehou het . Hulle het hard geroep "Hoe lank nog, heilige en getroue Heerser? Wanneer voltrek U die oordeel en wreek U ons dood op die bewonders van die aarde?" Dan die antwoord in vers 11:
Aan elkeen van hulle is daar lang wit klere gegee, en daar is vir hulle gese om nog n klein rukkie te wag, totdat hulle mededienaars, hulle medegelowiges wat net soos hulle ook dood gemaak gaan word, almal daar is.
- Nasies teen nasies, mense moor mekaar vir haat en aardse rykdom. Ander gebruik die Wetenskap om mense siek te maak om geld te maak vir die wat hul self beter ag. Verskonings oor dat daar te veel mense is op die aarde en dat kos en water tekorte gaan plaas vind. " AI" tegnologie wat die voorstaander is van die merk van die dier. Meer daar oor later.
- Die geldmarkte is oral besig om wereld wyd in een te stort want inflasie groei en dit gaan beteken dat jou dagloon net n brood gaan kan koop. Nou kyk hul die "wereld" na nuwe geld eenhede en samesmelting, soos B.R.I.C.S. van vyf nasies en wat nog vyf soek om saam met hul te staan. Dit wil voorkom dat die sogenaamde "one world order" sy voet in die deur geplaas het. Die kan ook genoem word " Antichrist", wat gaan heers . Hul gaan maak of hul die oplossing is van al die gebeure ,wat hul in direk laat gebeur het in die eerste plek. Al die natuur rampe gaan toegeskryf word as "global warming".
- Hongersnood, peste, mense dood te maak deur die swaard en wilde diere van die aarde.
My droom van die 20 Febuarie 2019, gaan oor die vyfde trompet. (Dit het nog nie gebeur nie) Weer is daar 4 trompette wat plaas vind.
- Trompet 1 - Hael en vuur is op die aarde gegooi.
- Trompet 2 - Iets soos n groot berg wat brand is in die see gegooi.
- Trompet 3 - Groot ster wat brand het van die hemel af geval.
- Trompet 4 - n Derde van die son en n derde van die maan en n derde van die sterre is gehef, sodat n derde van hulle donker geword het.
Thursday, June 22, 2023
KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die Hemelvaart van Jesus en die bevestiging.
Sunday, June 18, 2023
KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Afvalligheid # PRIDE MONTH of June
Afvalligheid # PRIDE MONTH of June
Die afgelope week in Suid Afrika was daar n berig oor n kettingswinkel wat die "pride reeks" gaan verkoop in hul winkels vir die maand van Junie. Die reeks behels klere en by behore vir die gay gemeenskap . Hul gaan selfs die kinders betrek . Julle almal weet hul "kenteken" vir "pride" word uitgebeeld as n reenboog. Wees gewaarsku:Lucifer, wou nog altyd soos God wees. Ek wil amper se dat God se mooi altyd goedkoop gemaak word deur Satan.
Die reenboog is aan ons gegee as n belofte dat daar nooit weer n watervloed sal kom nie. Die watervloed het gebeur , omdat ontsedelikheid en afvalligheid plaas gevind het in die eerste plek. God het die sonvloed laat gebeur soos in :
Genesis 6: 11-13
Die aarde was korrup in die oe van God, vol geweld. Hy het die aarde gesien; dit was korrup, elke mens op aarde se lewe was verrot."Ek het besluit om n einde te maak aan alle mense, want deur hulle toedoen is die aarde vol geweld. Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.
En sodoende die Sonvloed wat plaasgevind het. En so gaan dit in die laaste dae ook wees. Besluit en kies self: die Kruis of die Vuur?
Genesis 19: 4-6:
Voor hulle die aand gaan slaap het, het die mans oral uit die stad uit, die mans van Sodom, oud en jonk, die hele klomp, die huis van Lot omsingel. Hulle het vir Lot geroep en vir hom gevra: "Waar is die mans wat vanaand na jou toe gekom het? Bring hulle uit na ons toe. Ons wil geslagsgemeenskap met hulle he."
Daarom behoort die betekenis van die reenboog alleenlik aan God en sy verbond met die aarde.
Genesis 9:13
My reenboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde .
Die reenboog is nie n verbond wat gesluit is om gay te wees nie. Dan nog boonop die misleiding soos net die Satan dit kan doen . Sien in die : insert "Did you know?"En om kinders te beinvloed ten opsigte van n klere reeks. Die wereld "Satan" wil nou al die kinders van kleins af afvallig maak van Jesus af. Want onthou sy tyd raak min. En, onthou - omdat jy wat op die regte pad bly loop, moet voel dat daar fout is met jou .
Romeine 1: 32
Hulle is mense wat die verordening van God ken dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien, en tog doen hulle nie self hierdie dinge nie, maar hulle vind dit ook goed as onder dit doen.
Mattuese 18: 6-7
"Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink. Hoe jammer tog vir die wereld dat daar dinge is wat die mens afvallig maak! Sulke dinge kom noodwendig, maar wee die mens deur wie dit kom.
Dan sal hulle die "PRIDE" se dat hul so gemaak is. Die woord se:
Matteus 19:12
Daar is mense wat nie kan trou nie omdat hulle van hulle geboorte af so is, anders is deur mense so gemaak, en ander het self so gekies ter wille van die koninkryk van die hemel.
# PRIDE was ook Lucifer se ondergang, omdat hy n hoe rang gehad het oor die ander Engele en sy naam beteken "More Ster" die planeet Venus. Maar het afvallige geword en het ook ander Engele mislei om hom te volg. Hy wou soos God wees.
Die waarskuwing oor #PRIDE in :
Spreuke 16: 18
Op hoogmoed volg ondergang,
Op selfverheffing volg die val.
Esegiel 28: 17
Jou prag het jou hooghartig laat word, jou stralende glans het jou jou wysheid laat verloor. Ek het jou op die grond gegooi, jou daar voor ander konings laat le dat hulle jou kon bekyk.
Jesaja 14: 12-14
Jy wat die helder morester was, het uit jou hemel geval. Jy wat n oorwinnaar van nasies was, is in die grond in verpletter. En dit jy, jy wat gedink het: ek klim op hemel toe, ek gaan my troon neersit bokant die hoogste sterre, ek gaan my plek inneem op die berg waar die gode mekaar ontmoet, ver in die noorde: ek klim op tot bokant die wolke, ek word soos die Allerhoogste self. Maar jy stort af in die doderyk, af tot in sy diepste deel.
Dit is asof die media mal geword het. Elke tv reeks het een of ander gay verhouding in n storie en nou ook n maand om hul onsedelikheid te vier. Dit is om van siek te word.
In die begin het God die man en vrou gemaak.vir sy plan vir die mensdom. Maar Satan het ander planne vir die mensdom vir die wat verlei word deur hom. Hul wil nou Satan se siek plan regverdig met God se plan vir die mens.
-
KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die wat agter gebly het #die laast plae van God. : Kom ek begin met: Openbaring 1:3 Geseend is die een w...
-
Ek skryf oor hierdie titel vandag, omdat my vriendin Michelle n vraag aan my gestel het. Dit kan dalk n vraag in julle harte ook wees. Die...
-
Hiermee wil ek beklemtoon oor die viering van "halloween" in Oktober maand. Die blog gaan oor die vervalle engele en die oorsprong...
-
Die merk van die dier se kenmerk is: as vereerders en eiendom van die Antichris. Ek moet se dinge het darem vinnig gebeur in 2024. Die hel...
-
Die Isebel is die voorbeeld van n vrou wat die gelowiges tot afval en onsedelikheid verlei het. Die naam kom van die bose koningin wat die v...
-
Ek skryf oor die hemelvaart ,omdat ek in die oggend ure weer bewus gemaak was deur die Gees. In Suid-Afrika word daar nie meer Godsdiens in...
-
Ek wil graag die volgende aanhaal , voordat ek met al my stories begin . Waar God se dienaars teenwoordig was in my lewe. Openbaring 22:6-...
-
Met die dat ons die paasfees binne gaan, wil ek op julle harte druk en die erns van Jesus se kruisiging vir julle uitbeeld. Die bloed wat...
-
Die Heilige Gees is n geskenk aan ons gegee van Jesus wat God gevra het ,om by ons ten alle tye te wees. Want Jesus was gekruisig en opgesta...
-
Tug is liefde en die lig vir die ewige lewe en mishandeling gedryf deur Satan, is van die kwaad en duister vir die ewige vuur dood . Daarom ...











































