Sunday, June 11, 2023

Die Hemelvaart van Jesus en die bevestiging.

 Ek skryf oor die hemelvaart ,omdat ek in die oggend ure weer bewus gemaak was deur die Gees. In Suid-Afrika word daar nie meer Godsdiens in skole geleer nie.  En so het dit ook gekom dat hemelvaarts dag ook nie meer geld nie. Almal hou paasfees of liewer langnaweek.  Dit was altyd n vakansiedag vir Christene. Nie meer nie. En so begin die afvalligheid van die eind tyd.  Gaan lees gerus  eers die blog oor die  kruising van Jesus. Hierdie was aan my gewys:


Die oggend (nog nag) van die 18de Mei 2023, ongeveer 3 uur . Daar was geen beurtkrag nie. Op die hoek van ons huis is n buitelig naby ons kamervenster. Ek was wakker gemaak deur die honde ,wat wou uitgaan. Terwyl die honde weer rustig aan die slaap geword het, het ek na die kamervenster se kant gestaar. Skielik het n helder lig die venster verlig, sonder dat die ligstrale in geskyn het. Dit was nagstil. Geen voertuie wat ry of honde wat geblaf het nie. Toe ek reg op sit, om ondersoek in te stel, het die lig af gegaan en net die buitelig  was aan.

Dit was n ongewone lig en gebeurtenis. Ek het dit vir my vriendin by die werk vertel. By die werk het iemand gese dat dit hemelvaart dag is. Ek het dadelik bewus geword dat die lig n teken was dat Jesus kom, dat die wereld dalk mag vergeet of dit wil weg maak as iets wat nog ver is. Die middag toe ek by motor kom , sien ek n spierwit dons veertjie op my voorste venster ruit , aan die bestuurder se kant. Op daardie oomlik het ek die stem van die Heilige Gees HOOR se: Vanoggend se lig en die dons veer is om jou ter laat onthou aan die Hemelvaart en dat Jesus weer gaan kom , soos Hy opgevaar het na die hemel. Dit was net weereens n bewys dat God met ons kommunikeer en dat Hy met ons is. Wees wakker. Moenie te diep in die wereld se dinge in vas kyk nie. Dit skep vrees en mismoedigheid. Dit is ook n gejaag na wind en niks meer nie.

Die volgend gedeelte in die Bybel het die wit lig mooi beskryf . Die boodskapper is met ons!

Matteus 28:2-3:
 Skielik was daar n geweldige aardbewing. n Engel van die Here het van die hemel af gekom, na die graf toe gegaan, die klip weggerol en daarop gaan sit. Sy voorkoms was so blink soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu.

Net voordat Jesus opgevaar het na die hemel toe, het Hy aan sy apostels gese dat hul krag sal ontvang deur die Heilige Gees wat oor hul sal kom.

Handelinge 1:9

Nadat Hy dit gese het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien en n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie.

 
As dit ek sou gewees het, wat daar gestaan het. En Jesus sien gaan het. Sou ek nooit kon ophou huil nie. Soms verlang ek, en sien ek in my siels oe hoe ek hom eendag gaan ontmoet en omhels in die lug wanneer Hy weer kom. En daarom se ek ook altyd in my ander blogs dat ons altyd na bo moet kyk. Jesus is ons toevlug, lewe en  hoop. En so ook in Psalms.

Psalms 121:1-3

Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.

Handelinge 1:10-11

Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Die se toe vir hulle:  "Galileers, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe op geneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het".

Ek dink dit is n bewys dat daardie tyd in ons tyd baie naby is. Dis die tyd van die wegraping  dan die verdrukking en die tweede koms van onse Hemelse Vader.

Handelinge 2: 17-18

So sal dit in die laaste dae wees, se God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom.
Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree.


Daarom kies vir Jesus en dien Hom in al jou dae. Sodat God jou kan kies tot eer van Sy diens in die wereld waarin (Satan) en sy dinge wil oorneem.  Staan vas in geloof en in gebed.

Handelinge 2:21

So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Ek bid elke dag dat die tyd moet kom en gou ook. En die rede hoekom Hy nog nie kom nie, is omdat die woord eers elke mens moet bereik en  Hy maak reg vir sy bruid en die beloning is groot. Soos daar staan in: Johannes 14: 2


Amen, Amen. Amen.














No comments: