Monday, September 9, 2024

Die dier uit die aarde # One world order = Mark of the beast

Die merk van die dier se kenmerk is: as vereerders en eiendom van die Antichris.  Ek moet se dinge het darem vinnig gebeur in 2024. Die hele wereld is onderste bo. Die snaakse verskynsel wat wereld wyd gebeur, soos moederaarde wat verwoesting saai en die weertoestande op veskeie plekke wat verwoesting bring soos nooit te vore. Dan praat ek nie eens van die geld eenhede nie , hoe lewenskoste , oorloe en siektes wat uitbreek.  Dit spreek net geld en geld. En so word dit beskryf , hoe  dit in die laaste dae gaan wees. Totdat "die mens" wat deur die Satan gedryf gaan word,  te voorskyn gaan kom om die wereldse probleme op te los met sy eie agenda's. Soos "One world order" en later "die Mark of the beast" vir kontrole oor die "wereld en sy bewoners".


"ONE WORLD ORDER AND LEADER"


Openbaring 9 : 11

Hulle het die engel van die onderaardse diepte as koning oor hulle.



Die "United Nations Statue" wat voor die gebou is
                                                                                                                                               ðŸ‘‡

Daniel 7: 3-4

Vier groot diere het uit die see uit opgekom, en elkeen was anders as die ander. Die eerste het soos n leeu gelyk en hy het arendsvlerke gehad. Terwyl ek kyk is sy vlerke afgeruk en is hy opgelig, sodat hy op twee voete gestaan het soos n mens, en n mens se verstand is aan hom gegee.




Daniel 7: 17

Die vier groot diere staan vir vier koninkryke wat op die aarde sal ontstaan.

Daniel wou geweet het waarvoor die vierde dier staan en die tien horings op sy kop






Daniel 7: 23-27

Dit is vir my soos volg verklaar:  Die vierde dier is n vierde koninkryk wat op die aarde sal ontstaan en wat anders sal wees as al die ander koninkryke. Hy sal die hele wereld insluk, dit verwoes en vertrap.  Wat die tien horings betref: in daardie koninkryk sal tien konings een na die ander regeer, en na hulle sal daar een kom wat heetemal anders sal wees as die voriges, en hy sal drie konings onderwerp. Hy sal teen die Allerhoogste laster en die heiliges van die Allerhoogste vervolg. Hy sal probeer om die godsdienstige feeste en wette te verander, en die heiliges van die Allerhoogste sal in sy mag oorgegee word vir die hele vasgestelde tyd.
Persie in vandag se tyd is : Iran
Israel in vandag se tyd is : Palestina

Wat ek jou nou gaan vertel, staan vas. Daar sal nog drie konings oor Persie regeer, en dan n vierde , wat ryker as al die voriges sal wees. As hy deur sy rykdom magtig geword het, sal hy die hele wereld teen die Griekse ryk opsweep. Dan sal n dapper koning op die toneel verskyn wat oor n groot ryk sal regeer en sal maak wat hy wil. Maar sy mag sal skaars gevestig wees of sy koninkryk sal opgebreek en volgens die vier windstreke verdeel word. Dit sal nie na sy nakomelinge oorgaan nie.Sy koninkryk sal omgekeer word en na heeltemal ander persone toe oorgaan, en hulle sal nie die mag he waaroor hy beskik het nie.

Kortliks van die deel is dat die koning van die suide se dogter met die koning van die noorde as vrou gegee word om die bondgenootskap te bekragtig. Haar pa het geen gesag daar gehad nie en het onder gegaan en een van die familie lede van die pa het koning geword. Hy het die koning van die noorde aangeval en al hulle gode en beelde met goud en silwer na Egipte toe gevat. Na n paar jare het die koning van die noorde n vestingstad beleer en dit ingeneem, Die koning van die suide kon hom nie eers keer nie.So ook het die noorde ook die beloofde land in besit geneem en ten volle in sy mag gekry.
Dan sal die koning van die noorde hom toe le , op die kusgebiede en baie verower, maar daar sal aan sy vemetele optrede n einde gemaak word deur n ander leier vir wie hy nie in gelyke munt sal kan terug betaal nie.

Daniel 11:20-23

Hy sal opgevolg word deur iemand wat n belastinggaarder sal aanstel om die rykdom van die koninkryk te vergroot. Die koning sal binne enkele jare om die lewe gebring word, maar nie in die openbaar of in n geveg nie.

Hy sal opgevolg word deur n veragtelike persoon wat geen koninklike status besit nie, maar wat sy weg sal baan terwyl die mense niks vermoed nie en wat die mag sal kry deur slinksheid. Hy sal die leers van die instromende mag voor hom wegvee en uitwis, ook die leier van die verbondsvolk. Die veragtelike persoon sal troubreuk pleeg teen die bondgenootskappe wat met hom aangegaan word en hy sal groot en sterk word, al is sy nasie klein. 

Maar die goeie nuus by die slegte is:😇

Daniel 7: 26-28

Dan sal die hof sit en sal daardie koning se heerskappy van hom af weggevat en vir goed vernietig en beeindig word. Die heerskappy en mag en grootheid van al die koninkryke op aarde sal gegee word aan die heilige volk van die Allerhoogste. Sy koningkryk, en al die regeerders sal Hom dien en Hom gehoorsaam wees.

"Hier eindig my vertelling. Ek, Daniel, het baie geskrik toe ek hieroor dink, en dit het my baie onstel. Maar ek het alles vir myself gehou."




Die Olimpiese spele in 2024 in Parys met die opening en afsluiting het boekdele gespreek vir die wat wakker is. Dit het niks te doen gehad met sport nie. Maar die gebeure was n advertensie  vir die mense om gewoon te raak aan dit wat beskryf word in Openbaring deur  ,voorspraak te maak vir die "die mens" wat deur Satan gedryf  gaan word en die media was die  bron van inligtig aan die wereld . Want die platvorm was oop om  baie mense te beinvoed deur sport wat in die wereld uitgesaai was op alle media platvorms.

Mansbeelde is gemaak van silwer en goud en is gebruik in die *afgodsdiens op die *hoogtes as deel van die verering van *baal en *Ashera.










Openbaring 13:13-14

Hy doen groot tekens, sodat hy selfs vuur van die hemel af op die aarde laat kom vir die mense om te sien. Aan hom is daar mag gegee om wondertekens namens die dier te doen, waardeur hy die bewoners van die aarde mislei. Hy se die bewoners van die aarde ook aan om n beeld op te reg vir die dier wat die litteken van die slagmes het en wat weer lewend geword het.

Openbaring 13: 11-12

Toe het ek n ander dier gesien wat uit die aarde uit kom . Hy oefen al die gesag van die eerste dier namens hom uit. Hy het twee horings gehad soos n lam s'n, maar het soos n draak gepraat. Hy oefen al die gesag van die eerste dier namens hom uit. Hy maak dat die aarde en die bewoners daarvan die eerste dier aanbid, die een waarvan die dodelike wond genees het. 






Dit wil voorkom of die dier uit die aarde, in en tussen die gelowiges staan , met ander woorde in die kerk met die doel om te mislei.  Alles word in plek geplaas vir die dier om sy plek in die neem met sy agenda met die  wereld .

Soos in die berig hieronder - Die kerke loop leeg.👇


















Openbaring 13; 15

Aan hom is daar ook mag gegee om asem in die dier se beeld te blaas, sodat die beeld kan praat en almal kan laat doodmaak wat nie die beeld aanbid nie.


So die woorde wat gebruik word in vandag se wereld is:' Ons is CASHLESS'.  Is dit die begin van die einde?  En die wereld praat ook van n digitale ID.  Wie of Wat gaan die digitale ID kan lees?Die dier se beeld? Gaan daar n barcode op jou voorkom geplaas word met jou ID nr of gaan daar n ring gedra word?     Soos hier onder : 👇

Sophia 's inventor is David Henson from the United States # Hongkong base robotics company
11October 2017 the robot was introduced to the United Nations
Saudi Arabian grated a citizenship to the robot. 




               

                                             



Openbaring 13: 16-17

Hy verplig al die mense, klein en groot, ryk en arm, vryes en slawe, om n merk op hulle regterhand of op hulle voorkop te dra en laat niemand toe om te koop of te verkoop nie, behalwe die mense wat die merk het. Die merk is die naam van die dier of die getal van sy naam.



Let daarop dat die woord praat van "op hulle regtehand of op hulle voorkop te dra" Dit se dat die merk nie ingeplant gaan word nie. Ek wil amper se dat die prent met die "barcode" waar kan word. Dan is dit soos die produkte se " barcodes " wat die koste gee op die kasregister - die koste vir jou siel vir Satan.  July 2024 was die ring voorgestel wat jou vry gaan maak van jou beursie. Soos gesien hieronder  👇


Openbaring 13: 18

Hier is wysheid nodig. Wie verstand het, kan die getal van die dier onsyfer, want dit is n mens se getal. Sy getal is ses honderd ses en sestig.

   







  Nou wil ek die vraag aan julle vra of n stelling plaas? Julle het hard gewerk op die aarde . Die sweet van jul aangesig. En het voorsorg gemaak vir jou ou dag en het versekering wat moet uitbetaal . Nou staan jy op aftrede - Maar die merk van Satan verhoed jou om enige van daardie bronne te kry vir oorlewing vir jou ou dag. 



                
Wat gaan jou keuse wees na al die inligting op die blad. Gaan jy eerder vir n kort rukkie swaar kry vir jou God en hom eer en vertrou of gaan jy mislei word en die maklike uitweg kies. Omdat geld jou baas is en jy vir n kort rukkie in gemak kan leef en vir n leeftyd gaan boet in die ewige dood .


  



Het julle al so opgelet dat die logo's hierlans aan -👉 bestaan uit 6 kleure en 6 draai vorms. 👉 En die lande en mense agter die logos is die dryfkrag.

Google het vanaf 1995 tot wereldwye oorheersing gevorder.  Nou nog ook met Chat CPT.


Ek sluit af met die teks gedeelte:

Openbaring 21:7-8

Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.
"Maar die wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieers en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood"

Amen

No comments: