Wednesday, September 11, 2024

Die wat agter gebly het #die laast plae van God.

 Kom ek begin met:
 Openbaring 1:3

Geseend is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby.

Openbaring 1: 8

"Ek is die Alfa en die Omega,"se die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

In Openbaring 15, begin met die mense wat die oorwining behaal het oor die Satan en sy bose planne. En, nie die wat agter gebly het nie. Onthou die wat agter gebly het, is die wat die merk van die dier aanvaar het en die lou gelowiges wat nie die wereld en sy dinge  wou los nie of dalk hul ore uitgeleen het vir wat sag op hul ore was en nie die harde waarheid wou hoor en glo nie. Hul het nie ten volle to bekering gekom nie.

Openbaring 15:2

En ek het iets soos n spieelgladde see met vuur daarin gesien. Die mense wat die oorwinning behaal het oor die dier en sy beeld en die getal van sy naam, het by die spieelgladde see gestaan met siters (harpe) wat hulle van God gekry het. 

Openbaring 15:3

Hulle sing die lied van Moses, die dienaar van God. Dit is ook die lied van die Lam.

"Groot en wonderbaarlik

is u dade,

Here God, Amagtige.

Reg en betroubaar

is U optrede, 

Koning van die nasies 

Wie sal U nie vrees nie, Here,

En U Naam nie verheelik nie?

U alleen is heilig!

want hulle sal sien dat U handelwyse regverdig is."

En dan volg die oordeel van God met die sewe bake van die sewe Engele.

WAT GAAN MET DIE GEBEUR WAT AGTER GAAN BLY:

Openbaring 16:2

Die eerste engel het toe gegaan en sy bak op die land uitgegooi. Daar het kwaadaardige en pynlike swere uitgekom aan die mense, wat die merk van die dier aan hulle het en wat sy beeld aanbid.

Openbaring 16:3

Die tweede engel het sy bak in die see uitgegooi. Dit het bloed geword soos die bloed van n dooie, en alles wat in die see lewe, het doodgegaan.

Openbaring 16:4

Die derde engel het sy bak in die riviere en die waterbronne uitgegooi. Dit het ook bloed geword.

As n mens oor hierdie 3 bakke lees. Is dit net bloed . Ons weet nie die tydsduur tussen in nie. Maar al die water en voedsel wat die see en riviere gebied het, gaan  met bloed besmet wees. En al die visse en nog meer wat nie meer gaan wees nie . Voedsel gaan beperk wees. En daarom eerder vir n kort tyd ly om ewig te lewe en die laaste plae vry te spring.     

Die verduideliking van die bloed en die antwoord in die Bybel as volg.

Openbaring 16:5-7

Toe het ek die engele wat oor die water toesig hou, hoor se:

U is regverdig,

U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel voltrek het. Want hulle het die bloed van die gelowiges, en van die profete vergiet, en U het hulle self bloed laat drink.

Dit het hulle verdien"

Toe het ek die engel wat oor die altar toesig hou, hoor se:

"Ja, Here God, Amagtige,

betroubaar en reg is u oordele."                    


Openbaring 16:8-9



Die vierde engel het toe sy bak op die son uitgegooi. Daardeur is aan die son die vermoe verleen om die mense met vuur te brand. Die mense is deur n groot hitte gebrand, en hulle het die Naam gelaster van God wat die mag oor hierdie plae het. En hulle (die lou gelowiges) het hulle nie bekeer nie en aan Hom nie die eer gegee nie.




Openbaring 16:10-11


Die vyfde engel het toe sy bak op die troon van die dier uitgegooi, en daar het duisternis oor die koninkryk van die dier gekom. Die mense het hulle tonge stukkend gebyt van die pyn en het die God van die hemel gelaster oor die pyn wat hulle moet verduur, en ook die swere. En hulle het hulle nie bekeer van hulle verkeerde praktyke nie.

Openbaring 16:12

Die sesde engel het toe sy bak op die groot Eufraatrivier uitgegooi. Die water daarvan het opgedroog om n pad vir die konings uit die ooste oop te maak. 

So,  hier wonder ek oor die vorige blog, waar ek geskryf het oor die merk van die dier. Daar waar die koning van die noorde en suide teen mekaar geveg het. En die veragtelike persoon wat gaan doen wat nie een van hulle kon doen nie. Die konings van die ooste wat groot gaan word en hul word beheer deur die veragtelike persoon soos in Openbaring 11:21-23,

Die opdroog van die Eufraatrivier is die oorlog teen Satan en sy magte op aarde en God op sy wit perd. En dan die laaste oordeel van God.


Openbaring 16:13-14

Toe sien ek uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onrein geeste kom wat soos paddas lyk. Hierdie geeste, wat wondertekens doen, is bose geeste. Hulle gaan na die konings van die hele wereld toe om hulle by een te bring vir die oorlog op die groot dag van God, die Almatige.

"DIE PLEK IS ARMAGEDDON!"

Naby die Eufraatrivier. Kyk na die bybelse kaart.


Openbaring 16:16

Die geeste het die konings byeengebring op die plek wat in Hebreeus Armageddon genoem word.



Openbaring 16:17-21

Die sewende engel het toe sy bak in die lug uitgegooi. Van die troon in die tempel af het daar n stem hard uitgeroep:"Dit is verby!"


Toe het daar weerligstrale, dreunings en donderslae gekom. Daar was ook n groot aardbewing soos daar nog nie was vandat die mens op die aarde gekom het nie, so n geweldige groot aardbewing was dit. Die groot stad het in drie dele geskeur, en die stede van die nasies het inmekaargestort.

God het ook nie vergeet om vir die grote Babilon die beker met die wyn van sy gloeiende toorn te gee nie.

 Al die eilande het verdwyn, en berge was daar ook nie meer nie. Groot haelstene, elkeen omtrent vyftig kilogram swaar, het van die hemel af op die mense geval. En die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat die plaag verskriklik groot was.

Die val van Babilon



Openbaring 18:1-3

Hierna het ek n ander engel uit die hemel uit sien afkom. Hy het groot gesag gehad, en die aarde is deur sy heerlikheid verlig. Hy het met n sterk stem uitgeroep: 

"Geval, geval het die grote Babilon. Dit het die blyplek van alle onrein geeste, die skuilplek van alle onrein roof voels en die skuilplek van alle onrein en afskuwelike diere, omdat al die nasies van die dwelmdrank van haar onsedelikheid gedrink het. Die konings van die aarde het onsedelik met haar verkeer, en die sakemanne van die aarde het ryk geword uit haar grenslose weelde."

Openbaring 18 :23-24

Die lig van n lamp sal nooit weer in jou skyn nie. Die stemme van bruid en bruidegom sal nooit weer in jou gehoor word nie. Jou sakemanne was die heersers van die aarde, en deur jou bedrog is al die nasies mislei."


Babilon is skuldig aan die bloed van die profete en die gelowiges, almal wat op die aarde doodgemaak is.








Die tyd raak min!!!. Waar bevind jy jou self? Waarmee hou jy jou besig? Word wakker en bekeer jou sondes en leef vir Jesus Christus. 


Amen 




No comments: