Wednesday, October 4, 2023

Die wederkoms van Jesus . # Wegraping

 Ek skryf oor hierdie onderwep, omdat ek 3 visioene ontvang het van die Here oor n tydperk.  Die drome maak nou meer sin en ek word nou deur die Heilige Gees gelei om oor hiedie onderwerp te skryf.  Daar is ook n dringendheid om dit te doen .  Mense gaan dalk verskil, maar ek glo dat die Heilige Gees sal intree. Hierdie blog is baie lank, maar lees asseblief tot die einde toe.



Jesus se eerste koms, het Hy gekom as mens. Hy was gebore in Betlehem in Judea.

Matteus 2:6

En jy, Betlehem , gebied van Juda,  jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal n leier voorkom wat vir my volk Israel n herder sal wees.

Jesus, se tweede koms is wanneer Hy sy bruid kom haal vanuit die wolke.# wegraping van die gelowiges of die uitverkorenes.

 God het aan my 3 drome gewys. Die wereld of mense sal se dat dit net drome was.  Volgens die Skrif of Bybel is die nie net drome nie, maar word gesien in die Bybel as:

Job 33:14-18 (God spreek die mens aan)

God spreek die mens aan, Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie. Hy praat met die mens in n droom in n gesig in die nag. Wanneer die mens diep slaap, wanneer hy vas slaap op sy bed. Dan openbaar God Hom aan die mens en dreig dat Hy hom sal straf om hom van verkeerde dade af weg te hou en hom van hoogmoed te weerhou.

En dan die sterk boodskap in vers 18

God wil die mens nie die graf laat ingaan nie.

Bedoelende die ewige dood (Hel) . Wat vir my baie duidelik uitstaan is dat God altyd waarsku voordat Hy straf of gaan oordeel.

Die blog , wou ek al vroeer "publish", maar was onseker .God het my gedryf en gewys op vele maniere om dit wel te doen. Die drome was nie in volgorde nie, daarom het dit nog nie sin gemaak vir my nie.

Droom 3 - 10 Augustus 2023 - 5de Seel

Droom 2 - 20 Febuarie 2019 - 5de Trompet

Droom 1 -Maart 2017 - Wegraping

Openbaring 6:1-11

Dit gaan oor die eerste 4 seels wat oop gemaak word. (lees asseblief)

Kortliks:

Seel 1 is die wit perd

Seel 2 is die vuurrooie                                             

Seel 3 is die swart perd

Seel 4 is die vaal perd

My droom van die 10de Augustus 2023 , gaan oor die 5de seel.

Dit was grys, vaal buite en baie stil.  Ek het na buite gegaan en Jesus op ons huis se dak sien staan.  Ek het dadelik gedink dit is die wegraping, maar terselfde tyd geweet dit kan nie wees nie, omdat Jesus op die wolke sal verskyn wanneer Hy sy bruid kom haal. Ek wil net byvoeg dat wanneer n gesprek plaas vind in n droom of enige ontmoeting . Is dit nie met die mond nie, maar erder gedagtes wat uitgeruil word om meer te kommunikeer. Ek het Jesus gevra of dit al die wegraping is en of ek deel daarvan gaan wees? Hy het in n sagte en liefde volle stem gese "Nie nou al nie, jy moet nog n rukkie wag"   In die skrif staan dit as volg:

Openbaring 6:9-11 - Die vyfde seel word oop gemaak

Toe die Lam die vyfde seel oopmaak, het ek onder die altaar die siele gesien van die mense wat doodgemaak is omdat hulle aan die woord van God en aan die getuienis van Jesus vasgehou het . Hulle het hard geroep "Hoe lank nog, heilige en getroue Heerser? Wanneer voltrek U die oordeel en wreek U ons dood op die bewonders van die aarde?" Dan die antwoord in vers 11:

Aan elkeen van hulle is daar lang wit klere gegee, en daar is vir hulle gese om nog n klein rukkie te wag, totdat hulle mededienaars, hulle medegelowiges wat net soos hulle ook dood gemaak gaan word, almal daar is.

Wat dit vir my se is dat ons as gelowiges eers die swaar tye gaan sien en beleef voor die koms van Jesus. Ander mense preek dat die kerk nie die dinge gaan beleef nie. Dit is vals. Die eerste 4 seels van die perde is op hande en ek wil amper se dat dit al besig is om te gebeur.


  •    Nasies teen nasies, mense moor mekaar vir haat en aardse rykdom. Ander gebruik die Wetenskap om mense siek te maak om geld te maak vir die wat hul self beter ag. Verskonings oor dat daar te veel mense is op die aarde en dat kos en water tekorte gaan plaas vind. " AI" tegnologie wat die voorstaander is van die merk van die dier. Meer daar oor later.
  • Die geldmarkte is oral besig om wereld wyd in een te stort want inflasie groei en dit gaan beteken dat jou dagloon  net n brood gaan kan koop. Nou kyk hul die "wereld" na nuwe geld eenhede en samesmelting, soos B.R.I.C.S. van vyf nasies en wat nog vyf soek om saam met hul te staan. Dit wil voorkom dat die sogenaamde "one world order" sy voet in die deur geplaas het. Die kan ook genoem word " Antichrist", wat gaan heers . Hul gaan maak of hul die oplossing is van al die gebeure ,wat hul in direk laat gebeur het in die eerste plek. Al die natuur rampe gaan toegeskryf word as "global warming".
  • Hongersnood, peste, mense dood te maak deur die swaard en wilde diere van die aarde. 
Dan het die 6de seel nog nie gebeur nie.
Ek het gesien toe die Lam die sesde seel oopmaak daar het n groot aarbewinging gekom. Die son het swart geword soos rouklere, en die maan het heeltemal soos bloed geword. Die sterre aan die hemel het op die aarde geval soos die na vye van n vyeboom afval as dit deur n sterk wind geruk word.

Ek wil net uitwys dat Jesus nog nie gekom het nie, want Hy maak die seels self oop.

Markus 13: 24-27 
Maar in daardie tyd, na daardie verdrukking , sal die son verduister word en die maan sal nie skyn nie: die sterre sal uit die ruimte val en die kragte van die hemelruim sal ontwrig word. Dan sal die mense die Seun van die mens in die wolke sien kom met groot krag en majesteit. En dan sal Hy die engele uitstuur om sy uitverkorenes by mekaar tebring uit die vier windstreke, van die een kant van die aarde af tot by die ander kant. 

Dit staan in Openbaring 14:14 . Wanneer Jesus weer kom, net voordat die merk van dier wil oorneem en die wat nie die merk op hul voorkom wil aan bring nie . 

Die sewende seel
Onthou my droom van die 10de Augustus 23, het ek gese dat daar stilte was. Die teks  hier onder het my laat "WOW".

Openbaring 8:1-2

Toe die Lam die sewende seel oop maak, het daar stilte in die hemel gekom, omtrent n halfuur lank. En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en daar is aan hulle sewe trompette gegee.


My droom van die 20 Febuarie 2019, gaan oor die vyfde trompet. (Dit het nog nie gebeur nie) Weer is daar 4 trompette wat plaas vind.

Openbaring 8: 6-13 (lees gerus) hier is net n kort opsomming:
  • Trompet 1 - Hael en  vuur is op die aarde gegooi.
  • Trompet 2 - Iets soos n groot berg wat brand is in die see gegooi.
  • Trompet 3 - Groot ster wat brand het van die hemel af geval.
  • Trompet 4 - n Derde van die son en n derde van die maan en n derde van die sterre is gehef, sodat n derde van hulle donker geword het.
Mens se aandag in vandag se tyd is net op hul self gerig en op die wereld wat Satan verteenwoordig. God waarsku die mens voor die volgende gebeure , voor die koms van Jesus.

Openbaring 8:13- God waarsku:

Toe het ek n arend hoog in die lug sien vlieg, en ek het hom met n harde stem hoor skreeu: 'Wee, wee, wee die bewonders van die aard wanneer die ander drie engele op hulle trompette gaan blaas.'


Die droom van 20 Febuarie 2019, handel oor die vyfde trompet en n waarskuwing.

Die droom handel oor die dinge wat ons as mens voor die wegraping gaan beleef en mense gaan dit nie verstaan nie. Want hulle het hul ore uitgeleen aan die wereldse geraas en antwoorde van gebeure. En hul was te besig met wereld wysheid en n gejaag na geld,mag en roem.

Ek was in my ouer huis, saam met my seun en sy vriend . Ek het voor n venster gestaan en  terwyl ek so uit kyk en die mooi sonskyn dag geniet. Sien ek skielik die aarde in al sy glorie. En wat gelyk het soos Suid-Amerika was in louter vuur van goud. Daarna het dit pik donker geword en ek het dadelik besef in my droom wat die volgende gaan gebeur. My jongste was by die kleuterskool en my man by die werk. Ek het vir almal in die huis vertel wat aan die gebeur is. En net daar gebid. Eers wou die woorde nie kom nie. Die woorde was in my hart en toe eers het my tong los gekom. Ek het vir almal in die huis gese om dadelik die vensters en deure toe te maak . Ek het probeer om die skool en my man te bel  oor wat aan die gebeur is. Daar was geen opvangs om te bel nie. Dit was pik donker met n vlou son lig en geen sterre.  "Onthou die 6de seel" Terwyl ek besig was by n venster, was daar ongediertes uit die grond uitgekom  wat wou in kom. Ek, kan hul nie beskryf nie, wat ek het dit nog nooit gesien nie. Hul wou die mense skade aan doen. Ek het ook gesien dat mense vlug en ander het neer geval op die sypaadjie. Ander het van angs dood stil, bly staan.







Openbaring 9: 1-4   Die vyfde trompet

Die vyfde engel het toe op sy trompet geblaas. Ek het n ster gesien wat van die hemel af op die aarde geval het, en die sluitel van die skag na die onderaards diepte is aan hom gee. Hy het toe die skag na die onderaadse diepte oopgemaak , en daar het rook uit die skag uit op gestyg soos die rook van n groot oond. Deur die skag se rook is die son verduister en het die lug donker geword. Toe het daar uit die rook sprinkane oor die aarde uitgeswerm.  Aan hulle is die selfde vermoe gegee as wat skerpioene op aarde het. Hulle is aangese om nie die gras van die aarde, die plante en die bome kwaad aan te doen nie, maar net die mense wat nie die seel van God op hulle voorkoppe het nie.

Lukas 3:6 -7 Die seel

En al die mense sal die verlossing sien wat van God kom. Die mense het in groot getalle uitgegaan om deur Johannes gedoop te word. Hy het vir hulle gese:'Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug?

Lukas 3: 16-17

Daarop gee Johannes aan hulle almal die antwoord:  'Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop. Hy het sy skop in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak. Die koring sal Hy in sy skuur bymekaarbring, maar die kaf sal Hy met onblusbare vuur verbrand.'  



Wegraping en die laaste oordeel van die wat die merk van die dier ontvang het op hul voorkop. Dit wys net hoe die Satan God se planne naboots om die mens te mislei.

God waarsku keer op keer die  mense , goed of sleg.  Daarom is God , n God van liefde. God wil die  mens red en daarom waarsku Hy ons, om ons van die laaste plae te red wat die aarde gaan tref.
Openbaring 9: 11-12
Hulle het die engel van die onderaardse diepte as koning oor hulle. Sy naam in Hebreeus is Abaddon, en in Grieks het hy die naam Apollion. Die eerste"Wee!" is verby. Kyk, daar kon nog twee hierna.

Openbaring 9:20-21 (6de Trompet)
Die ander mense, wat nie deur hierdie plae doodgemaak is nie, het hulle egter nie bekeer nie. Hulle het aangehou met die aanbidding van bose geeste en van afgode wat hulle self gemaak het van goud, silwer, koper , klip en hout, en wat nie kan sien of hoor of loop nie. Hulle het hulle ook nie daarvan bekeer om moord, towery, onsedelikheid en diefstal te pleeg nie.

Openbaring 11: 13-14 (tweede waarsuwing)

Op daardie oomblik was daar n groot aardbewing, en n tiende van die stad het inmekaargestort. Sewe duisend mense het in die   aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geraak en aan die God van die hemel die eer gegee. Die tweede "Wee!' is verby. Kyk, die derde kom gou. ( die laaste plea van die sewe engele. Vir die wat agter gebly het omdat hul lou christene was of die merk van die dier aanvaar het op hul voorkop of hand.)


Openbaring 12: 7-10 (Die vrou en die draak)
Daar het toe oorlog gekom in die hemel:  Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer, maar hulle is verslaan. In die hemel was daar geen spoor meer van hulle te vind nie, want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wereld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom. Toe het ek n stem in die hemel gehoor wat hard uitgeroep het: 'Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde!' Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel uit gegooi,hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het.

DIE DUIWEL, SATAN, SLANG GAAN VERTEL  STORIES BY GOD VAN ONS ALLE DAAGSE DOEN EN LATE.  AS JY VIR DIE SATAN LUISTER, KRY HY LEKKER  EN LAG IN SY MOU TERWYL HY DIT VIR GOD GAAN VERTEL. 

Openbaring 12: 17

Die draak was woedend oor die vrou en hy het weggegaan om oorlog te maak teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God nakom en aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het. Die draak het toe op die seestrand gaan staan.

Hier is die bewys: dat die gelowiges ( die kerk)  nog op aarde is: Daar gaan n groot verdrukking wees. voor die wegraping . Soos dit staan in :

Matteus 24: 17-22

Die man wat op die dakstoep sit, moet nie ingaan om sy goed uit die huis te gryp nie, en die man wat op die land is , moet nie omdraai om sy klere te gaan haal nie.Dit sal bitter swaar gaan met die vrouens wat in daardie tyd swanger is en met die wat nog klein kindertjies het.  Bid dat julle nie in die winter of op n sabbatdag hoef te vlug nie, want in daardie tyd sal daar so n groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wereld af nie was nie en ook nie weer sal wees nie. En as dit nie was dat God daardie tyd ingekort het nie, sou geen mens dit oorleef nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal God daardie tyd inkort. 



Openbaring 12-13 ( dis is vir n ander blog) Kortliks die punte:
  • Die dier uit die see
  • Die dier uit die aarde

Die aankoms van die antichris

Beteken "teen-Christus" en dui die teenstander en nabootser van Christus aan. Hoewel hy altyd aan die werk is om die gelowiges tot dwaalleer en ongeloof te verlei, sal hy in die eindtyd as persoon verskyn in die gestalte van "die wettelose mens" of "die dier uit die see"om stryd te voer teen Christene en God se kerk.



Wanneer al hierdie dinge soos die seels en die trompette klaar plaas gevind het, en die mens nie meer kan nie. Gaan die dier te voorskyn kom en die gebeure  sal genoem word "Global warming". Hul gaan vrede verkondig  as n " Global movement " of ook genoem " The New world order " en almal se smart gaan alles oor wees as hul die merk van die dier op hul voorkoppe of hand aanbring.  Jy as gelowige sal moet vas staan vir God teen die dier van die toekoms. Onthou niemand sal kan koop of verkoop en ons gaan selfs ons lewens verloor. Net soos die siele vra? Hoe lank nog? In Openbaring 6, wanneer die vyfde seel oop gebreek word. En net soos die droom ook.

Openbaring 13: 9-10 (God se wat ons die gelowinges gaan nodig he. Ons hoef nie te vrees nie.)

As iemand kan hoor, moet hy hierna luister! As iemand bestem is vir gevangenskap, gaan hy in gevangenskap; as iemand bestem is om met n swaard doodgemaak te word, word hy met n swaar doodgemaak. Hier het die gelowiges volharding en geloof nodig.


Matteus 24: 23-27: Die Satan of Antichris sal maak of hy God is om selfs die gelowiges te mislei. Wees wakker!!! God waarsku ons! Dit is die toekoms.

As iemand  in daardie tyd vir julle se:"Kyk, hier is die Christus!" of : " Kyk, daar is Hy!" moet julle dit nie glo nie. Daar sal vals christusse en vals profete na vore kom, en hulle sal groot tekens en wonderwerke doen om , as dit moontlik was, selfs die uitverkorenes te mislei. Kyk , Ek het dit vir julle vooruitgese . En as die mense vir julle se: "Kyk, Hy is in die woestyn!' moet julle nie daarheen gaan nie; of as hulle se:" Hy is in die slaapkamer!" Moet julle dit nie glo nie. Die koms van die Seun van die mens sal wees soos n weerligstraal wat in die ooste uitslaan en die hele lugruim tot in die weste verlig.




Openbaring 14:6-11. (Nog n waarskuwing van God voor die wegraping van die bruid)( en later die laaste oordeel)

Toe het ek n engel hoog in die lug sien vlieg. Hy het n goeie boodskap gehad wat vir ewig van krag bly. Hy moes dit aan die bewonders van die aarde, aan elke nasie, stam , taal en volk verkondig, en hy het met n harde stem uitgeroep:"Vrees God en gee aan Hom die eer, want die tyd het aangebreek vir sy oordeel. Aanbid Hom wat die hemel en die aarde, die see en die waterbronne gemaak het." 

n Tweede engel het agter die eerste aan gevlieg en uitgeroep: "Geval, geval het die grote Babilon wat al die nasies van die dwelmdrank van haar onsedlikheid laat drink het." 



n Derde engel het agter die eerste twee aan gevlieg en hard uitgeroep:"Wie die dier en sy beeld aanbid en n merk op sy voorkop of op sy hand aanvaar, sal van die wyn van God se toorn moet drink. Dit word onverdun in die beker van sy oordeel ingeskink. In die teenwoordigheid van die heilige engele en die Lam sal hy met vuur en swael gepynig word. 



DIE ROOK VAN HIERDIE PYNIGING STYG TOT IN ALLE EWIGHEID OP, EN HIERDIE MENSE HET DAG EN NAG GEEN RUS NIE, HULLE WAT DIE DIER EN SY BEELD AANBID, EN DIE WAT DIE MERK VAN SY NAAM AANVAAR."





Die droom van Maart  2017: Dit handel oor die Wegraping

Ek en menige ander het op gekyk na bo.   Dit was weer daardie vaal donker dag of nag. Maar skielik het ek die lig gesien wat soos n son geskyn het in die hemelruim. Ek het op my kniee geval en gebid vir vergifnis en ek het besef dit was die koms van Jesus.  Toe ek my weer kon kry was ek in n vuurballon.  In n knip oog van n sekond. Maar die vuur het my nie gebrand nie. Ek het gevoel dat ek in die lug op gaan. In die vuurballon het ek die vrede en liefde ervaar wat jy nie op aarde ooit sal kan beleef nie.  Maar ek weet nie hoe dit geeindig  het nie. Want my hond het op my bors kom le, om my uit die droom wakker te maak. Ek sou, net daarwou gebly het. 

Openbaring 14: 12-13 (Die oorwinaars vir God)

Hier het die gelowiges volharding nodig, hulle wat die gebooie van God nakom en in Jesus bly glo. Toe het ek n stem uit die hemel hoor se: "Skryf op! Geseend is die wat van nou af in die Here sterwe"
"Ja, " se die Gees, "hulle sal rus van hulle arbeid, want alles wat hulle gedoen het, volg hulle"

DIE WEGRAPING OF DIE OES 
Openbaring 14: 14-20

Toe het ek n wit wolk gesien.  Op die wolk het daar Iemand soos die Seun van die mens gesit.  Hy het n goue kroon op sy kop gehad en n skerp sekel in sy hand. n Engel het uit die tempel uitgekom en hard geroep na Hom wat op die wolk sit: " Steek u sekel in en oes, want die tyd het gekom om te oes. Die aarde is ryp vir die oes. " Hy wat op die wolk sit, het toe sy sekel ingesteek op die aard, en die aarde is afgeoes.

Toe het daar n ander engel uit die tempel wat in die hemel is, uitgekom. Hy het ook n skerp sekel gehad. Nog n ander engel het van die altaar se kant af gekom. Hy het mag oor die vuur gehad en het met n harde stem geroep na die engel wat die skerp sekel het, en vir hom gese: " Steek jou skerp sekel in en sny die druiwetrosse van die wingerd op die aarde af, want sy druiwe het ryp geword.  "
Die engel het toe sy sekel op die aarde ingesteek. Hy het die wingerd op die aarde afgeoes en die oes in die groot parskuip van God se toorn gegooi.  Die parskuip, buitekant die stad, is getrap. Uit die parskuip het daar bloed uitgekom wat tot aan die tooms van die perde geraak en sestien honderd kilometer ver gestrek het.

Matteus 24: 29-31
Kort na die verdrukking van daardie tyd sal die son verduister word, en die maan sal nie skyn nie:
die sterre sal uit die ruimte val, en die kragte van die hemelruim sal ontwrig word.
Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemelruim verskyn, en al die volke van die aarde sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom met groot krag en majesteit. Die groot trompet sal weerklink, en Hy sal sy engele uitstuur om sy uitverkorenes bymekaar te maak uit die vier windstreke, van elke uithoek van die aarde af."

Dan  tref  die laaste plae die  aarde en die wat agter gebly het in OPENBARING 15.
Hier in staan dit baie duidelik dat die kerk van God nie meer op aarde is nie. Kortliks n bewys , maar ook vir n ander blog.

Openbaring 16:2
Die eerst engel het toe gegaan en sy bak op die land uitgegooi.  Daar het kwaadaardige en pynlike swere uitgekom aan die mense wat die merk van die dier aan hulle het en wat sy beeld aanbid.

Ek glo en vertrou dat  n keuse gemaak is vir die tyd wat op hande is. Mag die Heilige Gees met julle almal wees in daar die tyd.

Ek gaan nog skryf oor die wat agter bly en die laaste oordeel.

Amen, Amen, Amen.











                             










No comments: