Friday, October 4, 2019

Die vervalle dienaars "hemelwesens" van God

Hiermee wil ek beklemtoon oor die viering van "halloween" in Oktober maand. Die blog gaan oor die vervalle engele en die oorsprong daarvan is "demons" - bose geeste. Moenie bose geeste en magte sien as spoke en nog boonop "halloween" vier nie. Dit is van die duiwel en julle nooi hul in jul lewe.

Die vervalle dienaars word ook genoem in Genesis 6:2 - as die "hemelwesens" Hul is al die vervalle engele wat God verlaat het en die Satan gevolg het. Verder in

Genesis 6:4
In daardie tyd was daar reuse op die aarde, en ook daarna wanneer die hemelwesens na die dogters van die mense toe gekom en kinders by hulle gehad het.

Maar hul was nie deel van God se plan nie. Daarom het God die sonvloed oor die aarde gebring.

Genesis 6:11-12
Die aarde was kurrup in die oe van God, vol geweld, Hy het die aarde gesien:  dit was kurrup, elke mens op aarde se lewe was verrot.

So het God sy plan vir die aarde hernuwe: (Deur die sonvloed)

Genesis 7:23
So het God alles wat op aarde geleef het, uitgewis: mens en dier, ook die wat kruip , en die voels, hulle almal is weggevee van die aarde af.

Die reuse het omgekom en hul geeste het geen plek nie. Want hul was nie bedoel om te wees nie. Hul is die bose geeste om ons.

Die vervalle engele wat omgaan met die dogters van die mense gehad het. Is op die volgende plek
volgens:
Judas 1:6-7
Dink ook aan wat gebeur het met die engele wat hulle nie binne hulle eie magsbebied gehou het nie, maar hulle aangewese woonplek verlaat het.God het hulle met onbreekbare kettings gebind en hou hulle in duister dieptes vir die oordeel van die groot dag. En dink ook aan die mense van Sodem en Gomarra en die stede rondom hulle. Net soos daardie engele het hulle onsedelike dade gepleeg en omgang gesoek met vreemde wesens .As waarskuwing vir almal word hulle nou gestraf met die vuur wat ewig brand.

Hulle wat nou in die duister dieptes is , sal weer uitkom wanneer die vyfde trompet geblaas word en hul gaan die ongelowiges kwaad aan doen. En dan kom die oordeel oor hulle, die ongelowige mens en Satan.

Openbaring 9:10-11
Hulle het sterte met angels soos die van skerpioene: en in hulle sterte is hulle vermoe om die mense vyf maande lank kwaad aan te doen. Hulle het die engel van die onderaardse diepte as koning oor hulle. Sy naam in Hebreeus is ABADDON en in Grieks het hy die naam APOLLION.

Daar bestaan ook nie spoke of voorvadergeeste nie. Die Bybel maak dit baie duidelik in :

Lukas 16:22-24+26
Toe die arm man te sterwe kom, is hy deur die engele weggedra na die ereplek langs Abraham. Die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. Toe hy in die doderyk in pyn verkeer , kyk hy op en sien vir Abraham daar in die verte en vir Lasarus langs hom en hy roep: Vader Abraham, ontferm u oor my. Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur.

 En buitendien is daar n groot kloof tussen ons en julle, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle toe, nie kan nie, en die wat daar is, ook nie na ons toe kan oorkom nie.Ek smeek u dan, vader, stuur hom tog na my pa se huis toe. Ek het nog vyf broers. Laat hulle dringend gaan waarsku sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging beland nie. 

Maar Abraham se: Hulle het die woorde van Moses en die profete. Laat hulle daarna luister. Hy antwoord egter: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dood na hulle toe gaan, sal hulle hulle bekeer.Maar hy se vir hom: As hulle na Moses en die profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie al sou iemand uit die dood opstaan.

Terug na die bose magte van die Satan.

So hierdie "demone"  bose geeste werk in hierdie wereld omdat hul geen heenkome na die sonvloed het nie . So werk hul om en met die wat nie bewustelik in die gees leef nie. Lees gerus Lukas 11:24 onrein gees, wat n liggaan soek om sy bose planne uittevoer. Lukas 9:38-41, Mat:17:14-18 en Markus 9:14-27

Efesiers 6:12
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wereld, teen elke bose gees in die lug.
Efesiers 2:2
Julle het gelewe soos hierdie sondige wereld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is.

Nou kan ek my ondervinding met n bose gees vertel en die wonderlike beskerming van God. 

Dit was in die winter van 2017. Ek het gaan slaap, maar het ontwaak met n harde slag . My kop was seer en ek wou n hoofpyn pil gaan kry en ook gaan kyk wat die harde slag veroorsaak het. Ek sit nooit die ligte aan, as ek opstaan en in die huis rond loop nie.

Daardie nag het ek n figuur gesien met n swart "cape" . Hy was in ons tv kamer en het uitgekyk na buite. Ek het eers gedink dit is my man en het na hom uitgeroep. " Hi, waarna kyk jy?" Die ding het omgeswaai en ek het geweet in my wese dat dit n bose gees was, sonder om te praat  het ek na God gehunker.

Op die selfde oomlik het die volgende gebeur. Ek was natuurlik yskoud geskrik en die  koue van die  winter ook. Maar agter my het ek iets buitgewoons beleef. Ek kon voel dat die teenwoordiger groot was en die hitte van n vuur was agter my.Voor my vas dit yskoud. Ek kon nie beweeg nie en kon nie om  kyk nie. Maar wat voor my afgespeel het was die antwoord. 

Die bose gees wat in ons huis was het toe grote geskrik as ek. Die ding het met die spoed van lig deur die venster  gevlug. Toe is alles verby en ek kan nie genoeg vir God  dankie gese het nie.
In Psalm 33:8
Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom die wat die Here dien en red hulle.
Psalm35:5
Laat die Engel van die Here hulle jaag soos kaf voor die wind.

Ek kan nog n ervaring deel wat in die jaar gebeur het , dit was op 31 August 2019

My gesin was in die kar. Dit was alreeds skemer. Ons was oppad na n funksie toe. Ek het gesit in bid in die kar vir die aand wat voorle.

Skielik het my man klip hard geskree" Wat was dit?"
Ek se toe vir hom dat my oe toe was en ek was besig om te bid. Hy het gesien hoe n swart ding met rooi verby ons kar geskiet het soos weerlig. 

Bose geeste vlug as ons begin bid.

Miga 7:7
Maar ek sal vertrou op die Here, ek sal wag vir die God wat my red. My God sal my gebed verhoor.

Die gebed elke dag wat ons God vir ons gegee het. En dit is die ONSE VADER.



Die bose geeste bestaan , vra dat die Heilige gees vandag in julle kan kom woon en dat die gees jul sal lei en luister na sy stem want dit kom van Jesus en ons Hemelse Vader af.

Word wakker en bekeer. Kies reg.

Efesiers 5:14-16
Word wakker , jy wat slaap,
en staan op uit die dood:
en Christus sal jou lewe verlig.
Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in n goddelose tyd.

Amen

Deel asb die boodskap met vriende en familie.


2 comments:

Douglas said...

Hulle vermon hulle goed, soos dit in die bybel staan, Die duiwel vermom hom as n engel van die lig...Groete.

kruisvuur or crossfire said...

⏳En die tyd loop uit. Ons moet aanhou bid. Dat meer mense se geestes oe sal oop gaan. Amen . Lekker middag