Friday, October 18, 2019

Raad oor die huwelik , volgens God se Woord.

Ek het in die laaste paar weke en maande gesien, hoe die Satan my probeer stop om hierdie blog van God te skrywe. Hy gebruik  natuurlik die mense naaste aan my en jou. Dan beleef n mens die dinge van in die "nou" leef. Dus wanneer Satan tussen man en vrou wil moeilikheid maak. Want dit vat nie baie nie. Een klein misverstand of verskille in n produk se naam en die hel is los. Satan gebruik klein jakkels sodat,  n mens later nie eers weet waaroor die eerste mislikheid gegaan het nie.  Ek kan getuig daarvan. Wel ek het in die afgelope paar weke geleer om die Satan en sy engele op hul plek te sit, deur te se los my gesin uit en gaan terug na die hel. En netso verander my man sy houding van boos na liefde. So elkeen van ons kan dit meer gereeld doen, self in n vriendskap verhoudings. In God se raamwerk is daar nie plek vir rond slaap (friends with benefits) of homoseksauliteit nie. Maar Satan maak die mens wys om al die dinge te regverdig. Want dan is dit teen God en die Anti-christ is besig met sy planne , maar is nog nie uitgewys  nie. So begin Satan dan om sy voet in die kerk te kry.

God se raamwerk vir die huwelik tussen man en vrou:

1 Korientiers 11:3
Christus die hoof is van elke man, en n man die hoof van sy vrou, en God die hoof van Christus.

Die Woord wys duidelik in:
  1 Korientiers 7:1-2
Dit is goed vir n man om sonder n vrou te lewe, maar weens die gevare van onsedelikheid behoort elke man sy eie vrou te he en elke vrou haar eie man.

Na n huwelik tussen man en vrou , volg die huweliksplig soos in:

  1 Korientiers 7:3+5
Die man moet sy huweliksplig teenoor sy vrou nakom, en net so ook die vrou teenoor haar man. Moenie vir makaar omgang weier nie, behalwe met wedesydse toestemming en net vir n bepaalde tyd om julle aan die gebed te wy. Daarna moet julle weer saamkom, sodat Satan julle nie miskien weens julle gebrek aan selfbeheersing verloon.

Sien!! daarkom dit nou aan die lig. Satan die misleidende faktor tussen man en vrou. Dit is Satan se plan /doel om man en vrou te skei. Sodoende God se Woord en wette te verontagsaam.

1 Korientiers 7:10
Die getroudes beveel ek - nee, nie ek nie, maar die Here , dat n vrou nie van haar man mag skei nie. As sy tog skei, moet sy daarna ongetroud bly of haar met haar man versoen. Netso mag n man ook nie van sy vrou skei nie. 

Dit staan in God se 10 wette = jy mag nie egbreek pleeg nie. Want God se duidelik in Matteus 5:6: Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag n mens nie skei nie. (plus n mens is sterker teen Satan as jy 2 is en een in God)

Die enige skeiding tussen man en vrou wat mag en kan gebeur is die volgende: Ek wil net ook se dat die skeibrief n mens ingestelde ding is. Volgens :

  Matteus 19:7-9 :  Hulle vra Hom toe: "Waarom het Moses dan bepaal dat, as iemand sy vrou n skeibrief gee, hy van haar kan skei?"Hy antwoord hulle:"Dit is oor die hardheid van julle harte dat Moses julle toegelaat het om van julle vrouens te skei, maar dit was nie van die begin af so nie." Ek se vir julle:"Elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor owerspel, en met n ander een trou , pleeg egbreuk."


1 Korientiers 7:38-39
Dus, hy wat met sy verloofde trou, doen goed . Wie egter nie trou nie, doen beter. n Vrou is aan haar man gebind so lank as hy lewe. As hy sterwe, is sy vry om te trou met wie sy wil, mits dit met n gelowige is.
Matteus 5:31-32
Daar is gese:"Elkeen wat van sy vrou skei, moet aan haar n skeibrief gee". Maar Ek se vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor owerspel , maak dat sy egbreuk pleeg , en iemand wat met die geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.

Mans se gedrag teenoor sy vrou:

Efesiers 5:25+28+31
Mans julle,moet julle vrouens lief he soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgele het. Die mans behoort hulle vrouens so lief te he soos hulle eie liggame. Wie sy vrou lief het , het homself lief. Daar staan in die skrif:  Daarom sal n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees.
Kolossense 3:19
Mans, julle moet julle vrouens lief he, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie.

Vroue se gedrag teenoor haar man:

Kolossense 3:18
Vrouens, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat in die Here glo.
Efesiers 5:33
Maar dit is ook op julle van toepassing. Elkeen moet sy vrou so lief he soos hy homself liefhet, en n vrou moet aan haar man eerbied betoon.

Ons moet ook eerbied aan Christus toon deur onderdanig aan  mekaar te wees en sy wette te onderhou.
En in sy wet staan weereens duidelik: Jy mag nie egbreuk pleeg nie.


Matteus 5:27-28
Julle het gehoor dat daar gese is:" Jy mag nie egbreuk pleeg nie." Maar Ek se vir julle:"Elkeen wat na n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg."
Spreuke 6:32
Maar n man wat owerspel pleeg, moet van sy verstand af wees, iemand wat dit doen , verwoes sy lewe.
Spreuke 6:29
Net so min kan jy by n ander man se vrou slaap sonder om gestraf te word, jy sal nie vry kom as jy met haar lol nie.
Spreuke 6:26
Jy kan n prosituut kry vir n stuk brood, maar owerspel kan jou lewe 
kos.
Spreuke 29:5
n Man wat n ander vlei, is besig om hom in n strik te laat loop.= dit lei na die ontroue vrou.
Spreuke 31:30
Uiterlike skoonheid hou nie, n mooi voorkoms is nie alles nie, as sy die Here dien, dan verdien n vrou om geprys te word.

Die huwelik is ingestel deur God en daarom is dit heillig en nie die speel grond vir Satan nie.

Hebreers 13:4
Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.

Hebreers 4:13
Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie, alles le oop en bloot voor sy oe. En aan Hom moet ons rekenskap gee.

1 Korinteirs 6:9-10
Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksaliteit beoefen of diewe of geldgieriges of dronkaars of kwaad praters of bedrieers sal deel kry aan die konkryk van God nie.

DIE HUWELIK IS NIE BEDOEL VIR ALMAL NIE. WANT DIT IS ALLENLIK TUSSEN MAN EN VROU EN NIE SOOS DIE SATAN DIT WIL WYS MAAK DAT DIT OOK KAN GESKIED TUSSEN MAN EN MAN EN VROU EN VROU. WORD WAKKER!!!
Matteus 19:12
Daar is mense wat nie kan trou nie omdat hulle van hulle geboorte af so is, ander is deur mense so gemaak, en ander het self so gekies ter wille van die koninkryk van die hemel. "Wie dit kan doen, laat hy dit doen."


Ten laaste: Die ontroue vrou teenoor die knap vrou .

Spreuke 30:20
Die ontroue vrou het haar eie manier: sy eet en vee haar mond af en se:"Ek het niks verkeerds gedoen nie."

Spreuke 31:10-12
n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene. Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk. Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank. 

Lees gerus verder aan.

Soos die gesegte se:" Trou is nie perde koop nie".

Ek sluit af met : Hebreers 10:26-27
Wanneer ons opsetlik bly sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, is daar geen offer meer wat ons sondes kan weg neem nie.

 (Jesus kan nie twee keer  kom , om vir ons te sterf nie)

Wil dit graag met julle deel.

Ek moet se , ek wou opgehou het die week met die blog, oor Satan wat dit ondraaglik maak vir my en my gesin.  Maar terwyl ek werk toe ry, en huil, se die Heilige gees vir my: "kyk vir die Taxi voor jou" Ek is ,soos, hoekom n Taxi? het nie nou krag vir n Taxi nie." Ek kyk toe , en sien n hand met n vinger wys na my. Ek vra toe:"En?" Hy se toe vir my :" Kyk na die venster van die Taxi" En daar staan dit geskryf:" GOD WANTS YOU" so, ek gaan voort met my werk en sal die Satan teen staan , deur die Krag van God.

Deel gerus met familie en vriende.





No comments: