Monday, October 14, 2019

Geestelike blindheid vir die waarheid.

Daar is baie mense wat geestelik blind is vir die waarheid van God en sy Woord. Natuurlik gebruik Satan die media vandag wat slegte gedrag en waardes van die mense wil verander en dit probeer regverdig deur leuens. Dit word versuiker deur die benaming van menseregte, kinderregte , my eie ek. Alles wat God haat en die waarheid van God word op die agtergrond geskyf vir Satan se wereld.

Dit is vandag al aanvaarbaar om saam te bly voor die huwelik ,rond te slaap, te trou en weer te skei, homosexuality word nou al in advertensie gebruik, en is al aanvaarbaar in kerke.  Hoere wil al hul "werk" wettig maak.  En mense /die wereld sal vir die stellings lag en se : soos in sosiale media waar ek altyd die waarheid beklemtoon dat ek oudtyds is en ek oordeel en ek weet nie waarvan ek praat nie. God oordeel , en Hy is lief vir die mens maar nie vir die sonde nie. Ek wys die sonde uit vir God, deur sy woord. Satan verdraai altyd die waarheid sodat ,dit die mense sal laat beter voel. En dit is ongelukig tydelik. Godsdiens word glad nie meer in skole aangebied nie, maar hul moet wel leer van die heidense gebruike, en boonop seksuele onderrig van graad 4 af. God se woord se die volgende:

Romeine 1:18+24-26+28
God openbaar vanuit die hemel sy troon oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk. Daarom gee God hulle aan die drange van hulle hart oor en aan sedelike onreinheid, sodat hulle , hulle liggame onder mekaar onteer. Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Daarom gee God hulle oor aan skandelike drifte. Hulle vroue verander die natuurlike omgang in n teen-natuurlike omgang. Netso laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou en brand van begeerte vir mekaar. Mans pleeg skandelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversiteit. En omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie, gee Hy hulle oor aan hulle verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is.

Johannes9:41
Jesus antwoord hulle: As julle blind was, sou julle nie skuldig gewees het nie, maar nou se julle: ons sien, daarom bly julle skuldig.

1 Korintiers 7:13
n Mens se liggaam is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie, maar is daar vir die Here, wat ook oor ons liggaam Here is.

Daar gaan n oordeel van God kom oor die blindheid vir die waarheid van Sy woord en Sy 10 wette. Maak nie saak hoe die wereld (Satan) dit wil regverdig nie. Die waarheid maak seer. En dit gaan letterlik die put van vuur wees.

                                                               Romeine 10:3-4
Hulle het hulle nie gesteur aan die manier waarop God mense vryspreek nie. Hulle wil niks van God se manier van vryspreek weet  nie, hulle probeer dit op hulle eie manier kry. Christus is tog die einde van die wet, sodat elkeen wat glo, vrygespreek kan word.

Die wet van God is die waarheid volgens:
Galasiers 3:12
By die wet gaan dit egter nie om die geloof nie, maar om die daad, want daar staan: Hy wat doen wat die wet se, sal daardeur lewe.

Al wil die mens nie die waarheid hoor nie, ons gewete weet dat dit die waarheid is.

Dus: God se genade is nie op die koop toe nie. Moenie soos n hond terug gaan na sy eie braaksel toe nie.

Romeine 6:4+12-13

Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so n nuwe lewe kan lei. 12-13 Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was, maar lewend gemaak is , en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil.

Die Here haat 7 dinge : Spreuke 6:17-19+23

1.  Oe wat straal van hoogmoed
2.  n Tong wat lieg
3.  hande wat met bloed bevlek is
4.  gedagtes wat met komplotte besig is
5.  voete wat net een koers ken, die van die kwaad
6.  n getuie wat lieg
7.  en iemand wat rusie stook tussen broers

Wat ek jou voorskryf, is n lamp, my onderrig is n lig: wie hom laat teregwys is op die pad na die lewe toe.

So, wat die waarheid is, is die teenoorgestelde van die leun.
Johannes 18:37
Dan is jy tog wel n koning? vra Pilatus. Dis is soos u se: Ek is n koning, antwoord Jesus. Ek moet oor die waarheid getuienis afle. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wereld toe gekom.
Elkeen wat aan die waarheid behoort , luiste na wat Ek se.

Daarom los die dinge van die wereld (Satan) en keer terug na God se waardes vir ons. Bekeer en kies die kruis en nie die vuur van die ewige dood nie. In die wereld mag ouers nie meer hulle kinder tug nie, maar ons wat kinders is van God word nie  ongestraf gelaat nie. Die finale straf of tug , gaan die vuur wees vir die wat ongehoorsaam bly.

2 Korintiers 2:11
Daarvan is Christus my getuie. Die Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie. Ons ken sy planne maar alte goed.

Openbaring 20:10

Die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swael gegooi, daar was die dier en die valse profeet ook is. Hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.

Ek sluit af met:

1 Korintiers 15:33-34
Moet julle nie langer laat mislei nie: Slegte geselskap bederf goeie sedes. Kom tot besinning en moenie langer sonde doen nie. Party van julle is sonder kennis van God. Dit se ek tot julle skande.

Romeine 6:18
Maar ons dank God dat julle van die sonde vrygemaak is en slawe van God geword het wat sy wil doen.

 Hebreers 9:26-28
Wanneer ons opsetlik bly sondig nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, is daar geen offer meer wat ons sondes kan wegneem nie. Daar bly alleen n verskriklike verwagting oor van oordeel en n gloeiende vuur wat die teenstanders van God sal verteer. As iemand die wet van Moses oortree, en twee of drie getuies bevestig dit, word hy nie begenadig nie, hy word doodgemaak.

Amen.

Deel asseblief met vriende en familie.




No comments: