Monday, October 28, 2019

Die valsleer en die ware rykdom

2 Tessalonisense 3: 2-3
Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie.  Die Here is getrou, Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar.

Met die, wil ek graag n beroep op elkeen maak wat die kruisvuur lees. Sal julle vir my bid, want die aanvalle van Satan word al hoe meer .  Omdat die woord van God oor die wereld verkondig word deur die blog. Met gebede moet ek se dat God se beskerming en leiding groot is. Sal aan die einde van die blog vertel. Ek skryf die blog oor die storie wat in die media was , oor die kind in n skool wat kuns gedoen het. Dit was walglik en ek het aan die huil gegaan toe ek die "clip" sien op sosiale media. Dit was uit en uit die Satan se invloed en Godslastering. Ek het my kommentaar op daar die platvorm gegee. Ek dank God vir sy beskerming. Want in die verlede as ek n kommentaar gelewer het en suiwer uit die woord . Het die mense my persoonlik afgekraak. Nou was dit my gespaar.

Daar was onder die mense n pastroor, gaan nie die naam noem nie. Wat n kommentaar geskrywe het, sal later daarop in gaan, maar daarom die blog.


FILIPPENSE 3: 2-3
Pas op vir daardie dwaalleraars; pas op vir daardie mense wat kwaad stig; Pas op vir daardie betekenislose besnydenis! Ons het die ware besnydenis, ons wat God deur sy Gees dien, ons wat ons op Christus  Jesus beroem en nie op uiterlike dinge vertrou nie.

Hoe weet ons wanneer n ander leer verkondig word en nie hou by die gesonde woord van onse Here Jesus Christus nie?

Die eienskappe van n valsleer.

1 Timoteus 6: 4-5
Hy het n sieklike beheptheid met twis vrae en met stryery oor woorde. Daarom ontstaan afguns, twis, beledigins, gemene verdagmakery, voordurende rusie van mense wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is.Hulle dink dat die godsdiens iets is om geldelike wins mee te maak.

1 Timoteus 6:10
Geldgierigheid is n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal, daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.

1 Timoteus 6:20
Timoteus, bewaar wat aan jou toe vertrou is. Vermy die onheilige en sinlose praatjies en die redenasies van die "kennis", soos dit verkeerdelik genoem word. Daar is mense wat daardie "kennis" aanhang en so van die geloof afgedwaal het.

Die valsleer in ons skole
Ons kinders in die skole is oorgelewer aan Satan, deur wat die onderwys ons wil wys maak en dit wil regverdig, soos die goddelose kuns taak of die sex onderrig vir 2020. God se woord se:

WEES GEWAARSKU:

Matteus 18:6-7
Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met n groot meul steen aan sy nek in die diep see verdrink. Hoe jammer tog vir die wereld dat daar dinge is wat die mens afvallig maak! Sulke dinge kom noodwendig, maar wee die mens deur wie dit kom.

Hebreers 13:8
Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.


Valsleer of dwalleraars - Paulus se in :

Handelinge 20:29-31
Ek weet dat daar na my vertrek wrede wolwe onder julle sal indring, en hulle sal die kudde nie ontsien nie. Ja, uit julle eie geledere sal daar mense na vore kom wat met leuens die gelowiges agter hulle aan sal probeer verlei. Wees waaksaam.

Dit is soos die pastoor geskryf het op sosiale media . En ek haal aan. "God het nie die mense nodig om vir Hom te beklei nie, want anders is Hy nie God nie."
Maar God se vir ons , ons moet die kruis optel en vir Hom dra teen die wereld(Satan). Sien julle die valsleer?

Markus 8:34-35+38
Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir hulle gese:"As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloen, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor, maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou. 
Wie hom dan vir My en My woorde skaam te midde van hierdie ontroue en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom saam met die heilige engele, en beklee is met dieselfde heerlikheid as sy Vader.

Judas 1:4
Die rede hiervoor is dat sekere mense ongemerk julle geledere binnegedring het,goddelose mense wie se veroordeling lank reeds vas staan. Hulle misbruik die genade van ons God. Hulle gebruik dit as dekmantel om losbandig te lewe, en hulle verwerp ons enigste Meester en Here, Jesus Christus.

Kolossense 2:8
Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teoriee en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reels en nie op Christus nie.

Die eienskappe van die ware rykdom.

Ek beklemtoon weereens die 10 gebooie of wette wat ons daagliks moet leef en nie moet afwater nie, deur die wereldse oortuigings nie. Jesus se in:

Matteus 12:30
Wie nie aan my kant is nie, is teen My, en wie nie saam met My die skape by mekaar maak nie, jaag hulle uitmekaar.
Johannes 14:23
Jesus antwoord hom:" As iemand My liefhet, sal hy my woorde te harte neem; en my Vader sal hom liefhe, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon."

Johannes 5:3-4
Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enige een wat n kind van God is, kan die sondige wereld oorwin.


Valsleer in mense

Kolossense 3:5+8-9
Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is.

  • onsedelikheid
  • onreinheid
  • wellus
  • slegte begeertes
  • gierigheid, wat afgodery is
Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan:

  • Woede
  • haat
  • nyd en gevloek
Vuiltaal moet daar nie uit julle mond kom nie, en moenie vir mekaar lieg nie.

Ware rykdom in mense

Kolossense 3:12+14
Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle:

  • meelewend
  • goedgesind
  • nederig
  • sagmoedig
  • verdraagsaam wees.
Bo dit alles moet julle mekaar liefhe

  • wees altyd dankbaar.
En so kan ek getuig dat God my gewys het dat hy my beskerm teen die Satan en die wereld . Om sodoende aan te gaan met die blog vir Hom.
Dit was n Sondag aand op die 6de Oktober 2019.
My geestes oe was oop gemaak, en ek het die verblindende lig gesien staan langs my bed. Die lig was so helder ,dat ek my geestes oe wou toe maak .Maar kon nie. Die lig het oor my beweeg. En ek was wakker. Ek het dadelik besef dat dit as beskerming dien. Ek het weer my oe toe gemaak en die keer in my geestes oe gesien , dat die anti-christ soos mense in die verte van my skinder. En ek was wakker. Hoe nader n mens aan God beweeg, hoe meer sal die Satan ook intree. Maar hou moed. Die skrif is ook deur die Heilige Gees aan my gegee om die gebeurtenis te verduidelik.

Matteus 28:2-3
Skielik was daar n geweldige aardbewing. n Engel van die Here het van die hemel af gekom, na die graf toe gegaan, die klip weggerol en daarop gaan sit. Sy voorkoms was so blink soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu.

Leef vir Jesus Christus en hoor Sy stem in jou lewe. Jou pad sal verlig word. God is groot .



AMEN AMEN AMEN.




2 comments:

Douglas said...

Ek het nie eintlik die Storie gevolg nie, my reaksie was om nie verbaas te wees nie..Ek verwag dit van die mensdom. Dit is Godslasterlik finish en klaar.

kruisvuur or crossfire said...

Stem 100% saam.