Friday, August 30, 2019

Die Geestelike oorlog tussen God en Satan se koningkryke

Ons moet wakker word en sien dat daar n oorlog is wat besig is om te gebeur. Die oorlog gaan oor ons siele . En daarom vra ek dat ons met Onse God moet praat in gebed en  Sy wapenrusting dra ten alle tye. Die wonder om met God te praat is onbeskryflik  en om sy stem te hoor in n antwoord op ons gebed deur die Heilige Gees wat in ons woon. Daardie stem wat jou waarsku.  Toe ek klein was , was die stem n sagte stem. Nou is die stem hard en beheers. Want met die tyd het ek ook maar hardhorend geword. Soms sal ek nog terug praat , soos n stout kind. Maar een ding is verseker as ek die dag nie luister nie, kom iets sleg op my pad. En ander kere as ek hoor en doen, se ek gewoonlik dankie  Hemelse Vader.

Ons as kinders van God moet die wapenrusting dra van God , sodat Satan en sy magte ons nie kan aanval nie. En natuurlik is een van dit om te bid , die borsharnas om ons hart te beskerm. En die gebed wat Jesus vir sy dissipels geleer het was n raamwerk van hoe ons moet bid.

Matteus 6:9-13 (Die Onse Vader)

Ons Vader wat in die hemel is,
Laat U Naam geheilig word,  
Laat U Koningkryk kom,
Laat U wil ook op die aarde gesied,
net soos in die hemel.
Gee ons vandag ons daaglikse brood 
en vergeef ons , ons oortredings
soos ons ook die vergewe
wat teen ons oortree;
en laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die bose.

Want  U is die ryk en die sterkte en die Here
Vir ewig en ewig

AMEN

God moedig ons aan deur in sy woord vir ons te se in Mattues 7:7
Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry, klop, en vir julle sal oopgemaak word.

En vra vir die dinge te ere van ons Vader , soos in Lukas 10:13
As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee - die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir die wat vra.

ONS WAPENUITRUSTING IS AS VOLG TEEN DIE SATAN EN SY BOSE MAGTE:

Want ons is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag , teen elke bose gees  in die lug.
Efesiers 6:13 gee die opdrag

Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.


  1. Gordel - as waarheid =  om staanvastig te staan  in God se woord en nie die lieg stories te glo wat van die duiwel af kom nie.
  2. Borsharnas - vryspraak deur God=  om jou hart te beskerm teen die duiwel , want Jesus se bloed  beskerm jou hart.
  3. Skoene- bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig=  om n lig te wees vir ander in die swaar donker tye.
  4. Skild- geloof in die hand=  om die brandpyle van die bose magte te kan afweer.
  5. Helm- verlossing =  om jou denke op God te fokus, sodat Satan nie jou denke kan beinvloed nie, met valse beloftes nie.
  6. Swaar- dit is die Woord van God=  lees jou Bybel en neem dit te harte.

In die dag van onheil - n Onrein gees

Lukas 11:24-26
Wanneer n onrein gees uit n mens uitgaan, swerf hy deur dor streke op soek na n rusplek. As hy dit nie kry nie, se hy: Ek gaan terug na my huis toe waar ek uit gegaan het. Hy kom dan terug en kry dit skoon en aan die kant. Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hy self, en hulle trek in en gaan woon daar.

Matteus 12:45
Aan die einde is so n mens slegter daaraan toe as aan die begin. So sal dit  ook gaan met die slegte mense van vandag.

Wat n mens onrein maak.

Matteus 15:17-20
 Begryp julle nie dat alles wat by die mond in gaan, na die maag toe gaan en daarna uit die liggaam uitgaan nie. Maar wat by die mond uitkom, kom uit die hart, en dit is die dinge wat die mens onrein maak. Uit die hart kom slegte gedates: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery. Dis is die dinge wat n mens onrein maak, maar om met ongewaste hand te eet, maak n mens nie onrein nie.

Daarom is dit so belangrik om elke dag te bid vir beskerming en vir ander. As iets op my hart druk of ek sien iets wat my hart ruk. Sal ek net daar en dan begin bid. Dit kan in jou kar, kantoor of in n winkel wees.  Ons moet bid vir mense wat slegte geeste het en onrein in hul harte het. Sodat Jerigo se mure om sal val om die persoon se hart , sodat die mens die lig sal sien en die duisternis verewig sal vervloek. So weerstaan die duiwel, God sal die krag gee .

1 Petrus 5:8-9
Wees nugter, wees wakker! Julle vyand die duiwel, loop rond soos n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom tee. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wereld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur.

Daar is vir die duiwel mag gegee oor die aarde (Satan is die prins van die wereld en hy gebruik alles van die weleld om ons te verly. Die media , mense in magsposisies, geld ens.

Openbaring 13:6-7
Hy het teen God begin laster, hy het God se Naam en sy woonplek en die wat in die hemel bly,belaster. Aan hom is daar ook mag gegee om teen die gelowiges oorlog te maak en hulle te oorwin; en daar is gesag aan hom gegee oor elke stam, volk, taal en nasie.

En dan is daar die belofte van God wat se , as ons vir hom op staan en die oorwinning behaal dat ons beslis nie deur die tweede dood getref sal word nie. (Openbaring2:11)

En ware geluk in die wereld is nie in die wereld nie , maar die volgende,

Lukas 11:27-28
Terwyl Jesus nog besig was om te praat, het n vrou uit die menigte hardop uitgeroep en vir Hom gese: Hoe bevoorreg is die vrou wat U in haar liggaam gedra en aan haar bors gevoed het! Maar Hy se: Nog meer bevoorreg is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou.


Liefde en groete broeders en susters in God.

2 comments:

dvd said...

nice!

Anonymous said...

Baie insiggewend!