Monday, August 26, 2019

Word wakker en bekeer - Afvalligheid in die latere tye

Dit is nou die tyd om wakker te word vir ons God en die koms van Jesus. Ons moet nie bang wees om op te staan vir ons God nie. Satan skep gewoonlik die gevoel van vrees en laat ons twyfel in ons geloof. Want hy wil nie he dat ons die lig en hoop moet sien nie. Satan is die wereld waar in ons leef en die wereld wil dit nie hoor of sien nie, want hul weet wat gaan volg. Satan wil nie he mense moet  na die hemel op kyk nie. Hul moet besig gehou word met politiek , "global warming", die gejaag na geld en aardse besittings. Met ander woorde hul dra swaar aan die aardse goed en hul skouers is gebuig na onder. 

Deur op te kyk na die hemel , is om God te wagte te wees .  En daar is die hoop en n nuwe lewe wat wag.  Die dinge op aarde is van korte duur. Maar by God gaan die lewe verewig wees. Want God is die Alfa en die Omga. Dit is Satan se tyd wat nou min raak en ons sien dit in:

2 Petrus 3:3-4

"Veral moet julle weet dat daar in die laaste dae mense op die toneel sal verskyn wat die spot dryf en wie se lewe net deur hulle eie begeertes beheers word.  Hulle sal spot en se: "En wat het nou geword van die belofte van sy wederkoms?"

Maar:

2 Petrus 3:7

Maar die hemel en die aarde van vandag is bestem en word bewaar vir die VUUR , ook deur die woord van God, en word in stand gehou tot op die dag waarop die goddelose mense veroordeel en verdelg sal word.

En onhou:

2 Petrus 3:9

Die Here stel nie die vervullling van sy belofte uit nie, al dink party mense so.  Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil he dat iemand verlore gaan nie. Hy wil he dat almal hulle moet bekeer.

So onthou:

1 Johannes 2:15-17

Moenie die sondige wereld en  die dinge van die wereld liefhe nie.  As iemand die wereld lief het, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wereldse ding - alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oe sien en begeer, al sy gesteldheid op besit - kom nie van die Vader nie, maar uit die wereld. En die wereld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen , bly ewig lewe.

So, indien daar mense is wat die spot dryf oor die laaste dae, is die antwoord so maklik.

2 Petrus 3:15

En beskou die geduld  wat ons Here met ons het as geleentheid om gered te word.

So hoe moet ons dan lewe in die laaste tye in die wereld?, Maklik , soos volg:

2 Petrus 3:12-13

Leef in verwagting dat die dag van God kom en beywer julle daarvoor, die dag waarop die hemel in  vlamme sal vergaan en die hemelligame sal brand en wegsmelt. Maar ons leef in die verwagting van n nuwe hemel en n nuwe aarde wat God belowe het, en waar die wil van God sal heers.

Is dit nie wonderlik nie.  Daardie liefde van God en die hoop as jy die kruis kies en die kruis dra vir Hom. 

Seen vir julle broeders en susters in ons hemelse Vader





No comments: