Wednesday, September 11, 2024

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die wat agter gebly het #die laast plae van God.

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die wat agter gebly het #die laast plae van God.:   Kom ek begin met:  Openbaring 1:3 Geseend is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte ...

Die wat agter gebly het #die laast plae van God.

 Kom ek begin met:
 Openbaring 1:3

Geseend is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby.

Openbaring 1: 8

"Ek is die Alfa en die Omega,"se die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

In Openbaring 15, begin met die mense wat die oorwining behaal het oor die Satan en sy bose planne. En, nie die wat agter gebly het nie. Onthou die wat agter gebly het, is die wat die merk van die dier aanvaar het en die lou gelowiges wat nie die wereld en sy dinge  wou los nie of dalk hul ore uitgeleen het vir wat sag op hul ore was en nie die harde waarheid wou hoor en glo nie. Hul het nie ten volle to bekering gekom nie.

Openbaring 15:2

En ek het iets soos n spieelgladde see met vuur daarin gesien. Die mense wat die oorwinning behaal het oor die dier en sy beeld en die getal van sy naam, het by die spieelgladde see gestaan met siters (harpe) wat hulle van God gekry het. 

Openbaring 15:3

Hulle sing die lied van Moses, die dienaar van God. Dit is ook die lied van die Lam.

"Groot en wonderbaarlik

is u dade,

Here God, Amagtige.

Reg en betroubaar

is U optrede, 

Koning van die nasies 

Wie sal U nie vrees nie, Here,

En U Naam nie verheelik nie?

U alleen is heilig!

want hulle sal sien dat U handelwyse regverdig is."

Monday, September 9, 2024

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die dier uit die aarde # One world order = Mark ...

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die dier uit die aarde # One world order = Mark ...: Die merk van die dier se kenmerk is:  as vereerders en eiendom van die Antichris.  Ek moet se dinge het darem vinnig gebeur in 2024. Die hel...

Die dier uit die aarde # One world order = Mark of the beast

Die merk van die dier se kenmerk is: as vereerders en eiendom van die Antichris.  Ek moet se dinge het darem vinnig gebeur in 2024. Die hele wereld is onderste bo. Die snaakse verskynsel wat wereld wyd gebeur, soos moederaarde wat verwoesting saai en die weertoestande op veskeie plekke wat verwoesting bring soos nooit te vore. Dan praat ek nie eens van die geld eenhede nie , hoe lewenskoste , oorloe en siektes wat uitbreek.  Dit spreek net geld en geld. En so word dit beskryf , hoe  dit in die laaste dae gaan wees. Totdat "die mens" wat deur die Satan gedryf gaan word,  te voorskyn gaan kom om die wereldse probleme op te los met sy eie agenda's. Soos "One world order" en later "die Mark of the beast" vir kontrole oor die "wereld en sy bewoners".


"ONE WORLD ORDER AND LEADER"


Openbaring 9 : 11

Hulle het die engel van die onderaardse diepte as koning oor hulle.



Die "United Nations Statue" wat voor die gebou is
                                                                                                                                               ðŸ‘‡

Daniel 7: 3-4

Vier groot diere het uit die see uit opgekom, en elkeen was anders as die ander. Die eerste het soos n leeu gelyk en hy het arendsvlerke gehad. Terwyl ek kyk is sy vlerke afgeruk en is hy opgelig, sodat hy op twee voete gestaan het soos n mens, en n mens se verstand is aan hom gegee.




Daniel 7: 17

Die vier groot diere staan vir vier koninkryke wat op die aarde sal ontstaan.

Daniel wou geweet het waarvoor die vierde dier staan en die tien horings op sy kop






Daniel 7: 23-27

Dit is vir my soos volg verklaar:  Die vierde dier is n vierde koninkryk wat op die aarde sal ontstaan en wat anders sal wees as al die ander koninkryke. Hy sal die hele wereld insluk, dit verwoes en vertrap.  Wat die tien horings betref: in daardie koninkryk sal tien konings een na die ander regeer, en na hulle sal daar een kom wat heetemal anders sal wees as die voriges, en hy sal drie konings onderwerp. Hy sal teen die Allerhoogste laster en die heiliges van die Allerhoogste vervolg. Hy sal probeer om die godsdienstige feeste en wette te verander, en die heiliges van die Allerhoogste sal in sy mag oorgegee word vir die hele vasgestelde tyd.
Persie in vandag se tyd is : Iran
Israel in vandag se tyd is : Palestina

Wat ek jou nou gaan vertel, staan vas. Daar sal nog drie konings oor Persie regeer, en dan n vierde , wat ryker as al die voriges sal wees. As hy deur sy rykdom magtig geword het, sal hy die hele wereld teen die Griekse ryk opsweep. Dan sal n dapper koning op die toneel verskyn wat oor n groot ryk sal regeer en sal maak wat hy wil. Maar sy mag sal skaars gevestig wees of sy koninkryk sal opgebreek en volgens die vier windstreke verdeel word. Dit sal nie na sy nakomelinge oorgaan nie.Sy koninkryk sal omgekeer word en na heeltemal ander persone toe oorgaan, en hulle sal nie die mag he waaroor hy beskik het nie.

Kortliks van die deel is dat die koning van die suide se dogter met die koning van die noorde as vrou gegee word om die bondgenootskap te bekragtig. Haar pa het geen gesag daar gehad nie en het onder gegaan en een van die familie lede van die pa het koning geword. Hy het die koning van die noorde aangeval en al hulle gode en beelde met goud en silwer na Egipte toe gevat. Na n paar jare het die koning van die noorde n vestingstad beleer en dit ingeneem, Die koning van die suide kon hom nie eers keer nie.So ook het die noorde ook die beloofde land in besit geneem en ten volle in sy mag gekry.
Dan sal die koning van die noorde hom toe le , op die kusgebiede en baie verower, maar daar sal aan sy vemetele optrede n einde gemaak word deur n ander leier vir wie hy nie in gelyke munt sal kan terug betaal nie.

Daniel 11:20-23

Hy sal opgevolg word deur iemand wat n belastinggaarder sal aanstel om die rykdom van die koninkryk te vergroot. Die koning sal binne enkele jare om die lewe gebring word, maar nie in die openbaar of in n geveg nie.

Hy sal opgevolg word deur n veragtelike persoon wat geen koninklike status besit nie, maar wat sy weg sal baan terwyl die mense niks vermoed nie en wat die mag sal kry deur slinksheid. Hy sal die leers van die instromende mag voor hom wegvee en uitwis, ook die leier van die verbondsvolk. Die veragtelike persoon sal troubreuk pleeg teen die bondgenootskappe wat met hom aangegaan word en hy sal groot en sterk word, al is sy nasie klein. 

Maar die goeie nuus by die slegte is:😇

Daniel 7: 26-28

Dan sal die hof sit en sal daardie koning se heerskappy van hom af weggevat en vir goed vernietig en beeindig word. Die heerskappy en mag en grootheid van al die koninkryke op aarde sal gegee word aan die heilige volk van die Allerhoogste. Sy koningkryk, en al die regeerders sal Hom dien en Hom gehoorsaam wees.

"Hier eindig my vertelling. Ek, Daniel, het baie geskrik toe ek hieroor dink, en dit het my baie onstel. Maar ek het alles vir myself gehou."