Wednesday, September 11, 2024

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die wat agter gebly het #die laast plae van God.

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die wat agter gebly het #die laast plae van God.:   Kom ek begin met:  Openbaring 1:3 Geseend is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte ...

Die wat agter gebly het #die laast plae van God.

 Kom ek begin met:
 Openbaring 1:3

Geseend is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby.

Openbaring 1: 8

"Ek is die Alfa en die Omega,"se die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

In Openbaring 15, begin met die mense wat die oorwining behaal het oor die Satan en sy bose planne. En, nie die wat agter gebly het nie. Onthou die wat agter gebly het, is die wat die merk van die dier aanvaar het en die lou gelowiges wat nie die wereld en sy dinge  wou los nie of dalk hul ore uitgeleen het vir wat sag op hul ore was en nie die harde waarheid wou hoor en glo nie. Hul het nie ten volle to bekering gekom nie.

Openbaring 15:2

En ek het iets soos n spieelgladde see met vuur daarin gesien. Die mense wat die oorwinning behaal het oor die dier en sy beeld en die getal van sy naam, het by die spieelgladde see gestaan met siters (harpe) wat hulle van God gekry het. 

Openbaring 15:3

Hulle sing die lied van Moses, die dienaar van God. Dit is ook die lied van die Lam.

"Groot en wonderbaarlik

is u dade,

Here God, Amagtige.

Reg en betroubaar

is U optrede, 

Koning van die nasies 

Wie sal U nie vrees nie, Here,

En U Naam nie verheelik nie?

U alleen is heilig!

want hulle sal sien dat U handelwyse regverdig is."

Monday, September 9, 2024

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die dier uit die aarde # One world order = Mark ...

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die dier uit die aarde # One world order = Mark ...: Die merk van die dier se kenmerk is:  as vereerders en eiendom van die Antichris.  Ek moet se dinge het darem vinnig gebeur in 2024. Die hel...

Die dier uit die aarde # One world order = Mark of the beast

Die merk van die dier se kenmerk is: as vereerders en eiendom van die Antichris.  Ek moet se dinge het darem vinnig gebeur in 2024. Die hele wereld is onderste bo. Die snaakse verskynsel wat wereld wyd gebeur, soos moederaarde wat verwoesting saai en die weertoestande op veskeie plekke wat verwoesting bring soos nooit te vore. Dan praat ek nie eens van die geld eenhede nie , hoe lewenskoste , oorloe en siektes wat uitbreek.  Dit spreek net geld en geld. En so word dit beskryf , hoe  dit in die laaste dae gaan wees. Totdat "die mens" wat deur die Satan gedryf gaan word,  te voorskyn gaan kom om die wereldse probleme op te los met sy eie agenda's. Soos "One world order" en later "die Mark of the beast" vir kontrole oor die "wereld en sy bewoners".


"ONE WORLD ORDER AND LEADER"


Openbaring 9 : 11

Hulle het die engel van die onderaardse diepte as koning oor hulle.



Die "United Nations Statue" wat voor die gebou is
                                                                                                                                               ðŸ‘‡

Daniel 7: 3-4

Vier groot diere het uit die see uit opgekom, en elkeen was anders as die ander. Die eerste het soos n leeu gelyk en hy het arendsvlerke gehad. Terwyl ek kyk is sy vlerke afgeruk en is hy opgelig, sodat hy op twee voete gestaan het soos n mens, en n mens se verstand is aan hom gegee.




Daniel 7: 17

Die vier groot diere staan vir vier koninkryke wat op die aarde sal ontstaan.

Daniel wou geweet het waarvoor die vierde dier staan en die tien horings op sy kop






Daniel 7: 23-27

Dit is vir my soos volg verklaar:  Die vierde dier is n vierde koninkryk wat op die aarde sal ontstaan en wat anders sal wees as al die ander koninkryke. Hy sal die hele wereld insluk, dit verwoes en vertrap.  Wat die tien horings betref: in daardie koninkryk sal tien konings een na die ander regeer, en na hulle sal daar een kom wat heetemal anders sal wees as die voriges, en hy sal drie konings onderwerp. Hy sal teen die Allerhoogste laster en die heiliges van die Allerhoogste vervolg. Hy sal probeer om die godsdienstige feeste en wette te verander, en die heiliges van die Allerhoogste sal in sy mag oorgegee word vir die hele vasgestelde tyd.
Persie in vandag se tyd is : Iran
Israel in vandag se tyd is : Palestina

Wat ek jou nou gaan vertel, staan vas. Daar sal nog drie konings oor Persie regeer, en dan n vierde , wat ryker as al die voriges sal wees. As hy deur sy rykdom magtig geword het, sal hy die hele wereld teen die Griekse ryk opsweep. Dan sal n dapper koning op die toneel verskyn wat oor n groot ryk sal regeer en sal maak wat hy wil. Maar sy mag sal skaars gevestig wees of sy koninkryk sal opgebreek en volgens die vier windstreke verdeel word. Dit sal nie na sy nakomelinge oorgaan nie.Sy koninkryk sal omgekeer word en na heeltemal ander persone toe oorgaan, en hulle sal nie die mag he waaroor hy beskik het nie.

Kortliks van die deel is dat die koning van die suide se dogter met die koning van die noorde as vrou gegee word om die bondgenootskap te bekragtig. Haar pa het geen gesag daar gehad nie en het onder gegaan en een van die familie lede van die pa het koning geword. Hy het die koning van die noorde aangeval en al hulle gode en beelde met goud en silwer na Egipte toe gevat. Na n paar jare het die koning van die noorde n vestingstad beleer en dit ingeneem, Die koning van die suide kon hom nie eers keer nie.So ook het die noorde ook die beloofde land in besit geneem en ten volle in sy mag gekry.
Dan sal die koning van die noorde hom toe le , op die kusgebiede en baie verower, maar daar sal aan sy vemetele optrede n einde gemaak word deur n ander leier vir wie hy nie in gelyke munt sal kan terug betaal nie.

Daniel 11:20-23

Hy sal opgevolg word deur iemand wat n belastinggaarder sal aanstel om die rykdom van die koninkryk te vergroot. Die koning sal binne enkele jare om die lewe gebring word, maar nie in die openbaar of in n geveg nie.

Hy sal opgevolg word deur n veragtelike persoon wat geen koninklike status besit nie, maar wat sy weg sal baan terwyl die mense niks vermoed nie en wat die mag sal kry deur slinksheid. Hy sal die leers van die instromende mag voor hom wegvee en uitwis, ook die leier van die verbondsvolk. Die veragtelike persoon sal troubreuk pleeg teen die bondgenootskappe wat met hom aangegaan word en hy sal groot en sterk word, al is sy nasie klein. 

Maar die goeie nuus by die slegte is:😇

Daniel 7: 26-28

Dan sal die hof sit en sal daardie koning se heerskappy van hom af weggevat en vir goed vernietig en beeindig word. Die heerskappy en mag en grootheid van al die koninkryke op aarde sal gegee word aan die heilige volk van die Allerhoogste. Sy koningkryk, en al die regeerders sal Hom dien en Hom gehoorsaam wees.

"Hier eindig my vertelling. Ek, Daniel, het baie geskrik toe ek hieroor dink, en dit het my baie onstel. Maar ek het alles vir myself gehou."

Wednesday, July 3, 2024

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: # Die antichris : Draak en dier uit die see. Met ...

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: # Die antichris : Draak en dier uit die see. Met ...: Daar is nog baie mense, selfs kerke wat glo dat die christendom weg sal wees voordat die Satan sal oorneem op aarde. Dit is alles vals . En ...

# Die antichris : Draak en dier uit die see. Met die sedelose vrou.

Daar is nog baie mense, selfs kerke wat glo dat die christendom weg sal wees voordat die Satan sal oorneem op aarde. Dit is alles vals . En daarom gaan baie mislei word. Die antichris gees is al teenwoordig in die wereld. 

Die rede is dat die draak agter die swanger vrou is en wanneer sy en hy op die aarde is. Gaan sy beskerm word en die draak word dan so kwaad. Want sy tyd is min en hy gaan dan natuurlik agter die gelowiges aan. In die volgende blog sal ons meer sien ,oor die merk van die dier en wat daarna gaan gebeur.


Wie en wat is die antichriste?

Hy wat nie die Vader en die Seun wil erken nie.

Is die volgende hier onder nie wat tans in gemeentes  (kerke), selfs skole gebeur nie?

Tweede brief van Johannes: 7-11

Daar het baie misleiers te voorskyn gekom in die wereld. Hulle erken nie dat Jesus die Christus is wat mens geword het nie. Dit is wat ek met "die misleier", "die antichris", bedoel. Julle moet toesien dat julle nie verloor wat ons voor gewerk het nie, maar dat julle die volle loon ontvang. Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in die leer bly , erken sowel die Vader as die Seun. As daar iemand na julle toe kom wat n ander leer bring, moet julle hom nie in julle huise ontvang nie en hom selfs nie groet nie, want wie hom groet, is saam skuldig aan die kwaad wat hy doen.

1 Johannes 2: 18-19

Kinders, dit is die laaste uur. Julle het gehoor dat daar n atichris kom; en daar is nou reeds baie atichriste. Daaruit weet ons dat dit die laaste uur is. Hulle het wel uit ons geledere voortgekom, maar niemand van hulle was ooit werklik een van ons nie, want as hulle werklik van ons was, sou hulle by ons gebly het. Dit moes duidelik word dat geeneen van hulle werklik een van ons is nie.

Mense moet julle nie laat mislei nie, vra God om jou deur die Gees te lei en die wysheid van onderskeiding te gee tussen die waarheid en die leuen en baie moed om dit te verkondig, allenlik tot God se eer.  En sodoende vas te staan in die wereld van die Satan.  Net soos die bogenoemde prent . Vaderkersfees as herdenking van Jesus se geboorte word gebruik  in die wereld. (satan wat mislei!!!)

1 Johannes 2: 20-23

 Julle is egter deur die Heilige Gees gesalf, en julle ken almal die waarheid. Ek skrywe nie vir julle omdat julle nie die waarheid sou ken nie, maar juis omdat julle dit ken en weet dat daar geen leuen uit die waarheid voorkom nie.  Wie is die leuenaar anders as hy wat nie wil erken dat Jesus werklik die Christus is nie? Hy is die antichris, hy wat nie die Vader en die Seun wil erken nie. Wie nie die Seun erken  nie, verwerp ook die Vader; wie die Seun erken , erken ook die Vader.

Openbaring 12: 12-13

Daarom , hemel en die wat daarin bly, verheug julle . Maar vir julle, land en see, wag daar ellende omdat die duiwel na julle toe gekom het met groot woede en met die wete dat hy min tyd het. Toe die draak sien dat hy op die aarde gegooi is, het hy die vrou agtervolg wat die seun in die wereld gebring het.

Dan weereens die bewys dat Christene nog op aard is. En die voltrekking van die oordeel vind plaas in Openbaring 14:14-20. En daarna die laaste plae.

Openbaring 12: 17-18

Die draak was woedend oor die vrou en hy het weggegaan om oorlog te maak teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God nakom en aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het. Die draak het toe op die seestrand gaan staan.

Gebooie van God - 1 Timoteus 1:9-11  (En waarom die draak woedend was)

n Mens moet onthou dat die wet nie vir die wetsgehoorsame bedoel is nie, maar vir mense wat hulle nie aan wet en orde steur nie, goddeloses en sondaars, mense sonder eerbied vir wat heilig en gewyd is, die wat vader of moeder doodmaak, moordenaars, ontugtiges, mense wat homoseksualiteit beoefen, ontvoerders , leuenaars, die wat meineed pleeg of engiets anders doen wat met die gesonde leer in stryd is. Die gesonde leer is in ooreenstemming met die evangelie wat aan my toevetrou is, die evangelie van die heerlikheid van die
goeie God.


Net soos in die dae van Sodom en Gomorra, so gaan dit nou in die hede van tyd en   hul  het die toring van Babel opgerug , maar dit was nie volbring tot die einde toe nie. As n mens die verhaal van Lot lees in Genesis 19:1-30. Lees n mens hoe God sy mense beskerm het teen die bose en hul red van die ewige vuur. Net so gaan dit wees in die laaste uur.


Openbaring 12:14

Maar aan die vrou is twee groot arendsvlerke gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek toe, kon vlieg. Daar word sy die hele vasgestelde tyd, weg van die slang af, versorg.


Net so gaan God ons in die laaste uur red, wanneer die "One world Order" #antichrist  opgerug gaan word. Daar word in die Bybel gepraat van, dat hy in die Tempel gaan sit en homself bo God gaan  verhewe.  Maar daar gaan n beperkte tyd wees en Satan se tyd sal min wees. 

Matteus 24:15-16

"Wanneer julle ooreenkomstig die woord van die profeet Daniel die ding wat n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig, in die heilige plek sien staan - wie dit lees, moet dit goed begryp -dan moet die wat in Judea is, die berge in vlug.

Matteus 24:23-25

"As iemand in daardie tyd vir julle se": 'Kyk, hier is die Christus!'of: 'Kyk , daar is Hy!'moet julle dit nie glo nie. Daar sal vals christusse en vals profete na vore kom, en hulle sal groot tekens en wonderwerke doen om, as dit moontlik was, selfs die uitverkorenes te mislei.

Matteus 24: 22

En as dit nie was dat God daardie tyd ingekort het nie, sou geen mens dit oorleef nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal God daardie tyd inkort.

Matteus 24: 29-30

Kort na die verdrukking van daardie tyd sal die son verduister word, en die maan sal nie skyn nie; die sterre sal uit die ruimte val, en die kragte van die hemelruim sal ontwrig word. Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemelruim verskyn, en al die volke van die aarde sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom met groot krag en majesteit.

En daarom is die tyd van die Satan en antichris kort.

Openbaring 13: 5

Die dier is toegelaat om verskriklike dinge te se en te laster en om twee en veertig maande lank gesag uit te oefen.  (Dit is in vandag se tyd 3 en n half maande)

Die beskrywing van die dier uit die see en die mensdom

Die swaar tye sal kom . Die beskrywing van die mens en selfs in die verlede het Satan probeer om n "One world Order" in staan te bring deur die n mens te laat glo dat hul teen God se plan kan gaan. Ek praat van Toring van Babel. En die mense van Sodom en Gamorra se selfsugtigheid en grootpraterig en verwaandheid word hier onder beskryf. En net so gaan dit in die laaste uur wees.

2 Timoteus 3:2-5

Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdientig; hulle sal liefdeloos en
onversoenlik wees, kwaadpraters, badeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot he as liefde vir God. Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens he, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.



Die dier uit die see en die betekenis van die dier.

Openbaring 13: 1

En toe het ek n dier uit die see uit sien kom met tien horings en sewe koppe. Op sy horings was daar tien heerserskrone en op sy koppe godslasterlike name.









Openbaring 17:9-11

Hier is verstand en wysheid nodig. Die sewe koppe is sewe berge . Daar by hulle het die vrou haar setel. Verder is hulle ook sewe konings. Die eerste vyf het geval. Die sesde is nou hier. Die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy n kort rukkie bly. Die dier wat eers was en nie nou is nie, is self die agste. Hy hoort by die sewe en gaan na die verderf toe.

Openbaring 17: 12

Die tien horings wat jy gesien het, is tien konings. Hulle het nog nie die koninskap gekry nie, maar hulle kry saam met die dier een uur lank gesag as konings.


Wie en wat is die selelose vrou en waar woon sy?

Openbaring 17: 1-2

Toe het een van die sewe engele wat die sewe bakke het, gekom en met my gepraat. "Kom," het hy gese, "ek sal jou wys hoe die oordeel voltrek word oor die berugte sedelose vrou wat by baie waters bly en met  wie die konings van die aarde onsedelik verkeer het. Die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar onsedelikheid."

Openbaring 17: 5-6

Op haar voorkop was haar naam geskrywe en dit het n verborge betekenis. Die naam was: "Groot Babilon, die moeder van die sedeloses en van die losbandigheid op die aarde.'' En ek het gesien dat die vrou dronk is van die bloed van die gelowiges, van die bloed van die mense wat vir Jesus getuig het.

Die ondergang van die sedelose vrou.

Openbaring 17 :15-18

Verder het hy vir my gese: "Die waters wat jy gesien het waar die sedelose vrou bly, is volke en stamme, nasies en tale. " Die tien horings wat jy gesien het, en die dier, hulle sal die sedelose vrou haat en haar kaal en verlate maak. Hulle sal haar vleis opeet en haar met vuur verbrand. God het hulle gedagtes so gerig dat wat hulle doen, volgens sy bedoeling is: hulle het een en dieselfde doel voor oe en hulle stel hulle koningskap tot die dier se beskikking todat God sy woorde in vervulling laat gaan het. "Die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy oor die konings van die aarde uitoefen."

Openbaring 18 :24

Babilon is skuldig aan die bloed van die profete en die gelowiges, almal wat op die aarde doodgemaak is.



Aan amal wat die gelees het. Daar gaan vreugde in die hemel wees met die bruilof van die Lam . 

Op aarde gaan die ruiter op die wit perd oorlog maak teen Satan en hom tot sy val bring.

Wees getrou tot God en glo in Jesus as verlosser . Moet nie jou geloof weggooi as die beproewinge gebeur nie. Die groot geskenk is nie onder die kersfeesboom nie, maar alleenlik by Jesus wat vir jou en my gesterf het.


Amen.