Wednesday, October 4, 2023

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die wederkoms van Jesus . # Wegraping

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die wederkoms van Jesus . # Wegraping:  Ek skryf oor hierdie onderwep, omdat ek 3 visioene ontvang het van die Here oor n tydperk.  Die drome maak nou meer sin en ek word nou deur...

Die wederkoms van Jesus . # Wegraping

 Ek skryf oor hierdie onderwep, omdat ek 3 visioene ontvang het van die Here oor n tydperk.  Die drome maak nou meer sin en ek word nou deur die Heilige Gees gelei om oor hiedie onderwerp te skryf.  Daar is ook n dringendheid om dit te doen .  Mense gaan dalk verskil, maar ek glo dat die Heilige Gees sal intree. Hierdie blog is baie lank, maar lees asseblief tot die einde toe.



Jesus se eerste koms, het Hy gekom as mens. Hy was gebore in Betlehem in Judea.

Matteus 2:6

En jy, Betlehem , gebied van Juda,  jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal n leier voorkom wat vir my volk Israel n herder sal wees.

Jesus, se tweede koms is wanneer Hy sy bruid kom haal vanuit die wolke.# wegraping van die gelowiges of die uitverkorenes.

 God het aan my 3 drome gewys. Die wereld of mense sal se dat dit net drome was.  Volgens die Skrif of Bybel is die nie net drome nie, maar word gesien in die Bybel as:

Job 33:14-18 (God spreek die mens aan)

God spreek die mens aan, Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie. Hy praat met die mens in n droom in n gesig in die nag. Wanneer die mens diep slaap, wanneer hy vas slaap op sy bed. Dan openbaar God Hom aan die mens en dreig dat Hy hom sal straf om hom van verkeerde dade af weg te hou en hom van hoogmoed te weerhou.

En dan die sterk boodskap in vers 18

God wil die mens nie die graf laat ingaan nie.

Bedoelende die ewige dood (Hel) . Wat vir my baie duidelik uitstaan is dat God altyd waarsku voordat Hy straf of gaan oordeel.

Die blog , wou ek al vroeer "publish", maar was onseker .God het my gedryf en gewys op vele maniere om dit wel te doen. Die drome was nie in volgorde nie, daarom het dit nog nie sin gemaak vir my nie.

Droom 3 - 10 Augustus 2023 - 5de Seel

Droom 2 - 20 Febuarie 2019 - 5de Trompet

Droom 1 -Maart 2017 - Wegraping

Openbaring 6:1-11

Dit gaan oor die eerste 4 seels wat oop gemaak word. (lees asseblief)

Kortliks:

Seel 1 is die wit perd

Seel 2 is die vuurrooie                                             

Seel 3 is die swart perd

Seel 4 is die vaal perd

My droom van die 10de Augustus 2023 , gaan oor die 5de seel.

Dit was grys, vaal buite en baie stil.  Ek het na buite gegaan en Jesus op ons huis se dak sien staan.  Ek het dadelik gedink dit is die wegraping, maar terselfde tyd geweet dit kan nie wees nie, omdat Jesus op die wolke sal verskyn wanneer Hy sy bruid kom haal. Ek wil net byvoeg dat wanneer n gesprek plaas vind in n droom of enige ontmoeting . Is dit nie met die mond nie, maar erder gedagtes wat uitgeruil word om meer te kommunikeer. Ek het Jesus gevra of dit al die wegraping is en of ek deel daarvan gaan wees? Hy het in n sagte en liefde volle stem gese "Nie nou al nie, jy moet nog n rukkie wag"   In die skrif staan dit as volg:

Openbaring 6:9-11 - Die vyfde seel word oop gemaak

Toe die Lam die vyfde seel oopmaak, het ek onder die altaar die siele gesien van die mense wat doodgemaak is omdat hulle aan die woord van God en aan die getuienis van Jesus vasgehou het . Hulle het hard geroep "Hoe lank nog, heilige en getroue Heerser? Wanneer voltrek U die oordeel en wreek U ons dood op die bewonders van die aarde?" Dan die antwoord in vers 11:

Aan elkeen van hulle is daar lang wit klere gegee, en daar is vir hulle gese om nog n klein rukkie te wag, totdat hulle mededienaars, hulle medegelowiges wat net soos hulle ook dood gemaak gaan word, almal daar is.

Wat dit vir my se is dat ons as gelowiges eers die swaar tye gaan sien en beleef voor die koms van Jesus. Ander mense preek dat die kerk nie die dinge gaan beleef nie. Dit is vals. Die eerste 4 seels van die perde is op hande en ek wil amper se dat dit al besig is om te gebeur.


  •    Nasies teen nasies, mense moor mekaar vir haat en aardse rykdom. Ander gebruik die Wetenskap om mense siek te maak om geld te maak vir die wat hul self beter ag. Verskonings oor dat daar te veel mense is op die aarde en dat kos en water tekorte gaan plaas vind. " AI" tegnologie wat die voorstaander is van die merk van die dier. Meer daar oor later.
  • Die geldmarkte is oral besig om wereld wyd in een te stort want inflasie groei en dit gaan beteken dat jou dagloon  net n brood gaan kan koop. Nou kyk hul die "wereld" na nuwe geld eenhede en samesmelting, soos B.R.I.C.S. van vyf nasies en wat nog vyf soek om saam met hul te staan. Dit wil voorkom dat die sogenaamde "one world order" sy voet in die deur geplaas het. Die kan ook genoem word " Antichrist", wat gaan heers . Hul gaan maak of hul die oplossing is van al die gebeure ,wat hul in direk laat gebeur het in die eerste plek. Al die natuur rampe gaan toegeskryf word as "global warming".
  • Hongersnood, peste, mense dood te maak deur die swaard en wilde diere van die aarde. 
Dan het die 6de seel nog nie gebeur nie.
Ek het gesien toe die Lam die sesde seel oopmaak daar het n groot aarbewinging gekom. Die son het swart geword soos rouklere, en die maan het heeltemal soos bloed geword. Die sterre aan die hemel het op die aarde geval soos die na vye van n vyeboom afval as dit deur n sterk wind geruk word.

Ek wil net uitwys dat Jesus nog nie gekom het nie, want Hy maak die seels self oop.

Markus 13: 24-27 
Maar in daardie tyd, na daardie verdrukking , sal die son verduister word en die maan sal nie skyn nie: die sterre sal uit die ruimte val en die kragte van die hemelruim sal ontwrig word. Dan sal die mense die Seun van die mens in die wolke sien kom met groot krag en majesteit. En dan sal Hy die engele uitstuur om sy uitverkorenes by mekaar tebring uit die vier windstreke, van die een kant van die aarde af tot by die ander kant. 

Dit staan in Openbaring 14:14 . Wanneer Jesus weer kom, net voordat die merk van dier wil oorneem en die wat nie die merk op hul voorkom wil aan bring nie . 

Die sewende seel
Onthou my droom van die 10de Augustus 23, het ek gese dat daar stilte was. Die teks  hier onder het my laat "WOW".

Openbaring 8:1-2

Toe die Lam die sewende seel oop maak, het daar stilte in die hemel gekom, omtrent n halfuur lank. En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en daar is aan hulle sewe trompette gegee.


My droom van die 20 Febuarie 2019, gaan oor die vyfde trompet. (Dit het nog nie gebeur nie) Weer is daar 4 trompette wat plaas vind.

Openbaring 8: 6-13 (lees gerus) hier is net n kort opsomming:
  • Trompet 1 - Hael en  vuur is op die aarde gegooi.
  • Trompet 2 - Iets soos n groot berg wat brand is in die see gegooi.
  • Trompet 3 - Groot ster wat brand het van die hemel af geval.
  • Trompet 4 - n Derde van die son en n derde van die maan en n derde van die sterre is gehef, sodat n derde van hulle donker geword het.