Thursday, June 22, 2023

Sunday, June 18, 2023

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Afvalligheid # PRIDE MONTH of June

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Afvalligheid # PRIDE MONTH of June:  Die afgelope week in Suid Afrika was daar n berig oor n kettingswinkel wat die "pride reeks" gaan verkoop in hul winkels vir die ...

Afvalligheid # PRIDE MONTH of June



 Die afgelope week in Suid Afrika was daar n berig oor n kettingswinkel wat die "pride reeks" gaan verkoop in hul winkels vir die maand van Junie. Die reeks behels klere en by behore vir die gay gemeenskap . Hul gaan selfs die kinders betrek . Julle almal weet hul "kenteken" vir "pride" word uitgebeeld as n reenboog. Wees gewaarsku:

Lucifer, wou nog altyd soos God wees. Ek wil amper se dat God se mooi altyd goedkoop gemaak word deur Satan. 

Die reenboog is aan ons gegee as n belofte dat daar nooit weer n watervloed sal kom nie. Die watervloed het gebeur , omdat ontsedelikheid en afvalligheid plaas gevind het in die eerste plek. God het die sonvloed laat gebeur soos in :

Genesis 6: 11-13

Die aarde was korrup in die oe van God, vol geweld. Hy het die aarde gesien; dit was korrup, elke mens op aarde se lewe was verrot."Ek het besluit om n einde te maak aan alle mense, want deur hulle toedoen is die aarde vol geweld. Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.  

En sodoende die Sonvloed wat plaasgevind het. En so gaan dit in die laaste dae ook wees. Besluit en kies self:  die Kruis of die Vuur?

Genesis 19: 4-6:                                                                                                     

Voor hulle die aand gaan slaap het, het die mans oral uit die stad uit, die mans van Sodom, oud en jonk, die hele klomp, die huis van Lot omsingel. Hulle het vir Lot geroep en vir hom gevra: "Waar is die mans wat vanaand na jou toe gekom het? Bring hulle uit na ons toe. Ons wil geslagsgemeenskap met hulle he."

Daarom behoort die betekenis van die reenboog alleenlik aan God en sy verbond met die aarde.

Genesis 9:13

My reenboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde .

Die reenboog is nie n verbond wat gesluit is om gay te wees nie. Dan nog boonop die misleiding soos net die Satan dit kan doen . Sien in die : insert "Did you know?"

En om kinders te beinvloed ten opsigte van n klere reeks. Die wereld "Satan" wil nou al die kinders van kleins af afvallig maak van Jesus af. Want onthou sy tyd raak min. En, onthou - omdat jy wat op die regte pad bly loop, moet voel dat daar fout is met jou .

Romeine 1: 32

Hulle is mense wat die verordening van God ken dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien, en tog doen hulle nie self hierdie dinge nie, maar hulle vind dit ook goed as onder dit doen.

Mattuese 18: 6-7

"Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink. Hoe jammer tog vir die wereld dat daar dinge is wat die mens afvallig maak! Sulke dinge kom noodwendig, maar wee die mens deur wie dit kom.


Dan sal hulle die "PRIDE" se dat hul so gemaak is. Die woord se:

Matteus 19:12

Daar is mense wat nie kan trou nie omdat hulle van hulle geboorte af so is, anders is deur mense so gemaak, en ander het self so gekies ter wille van die koninkryk van die hemel.

# PRIDE was ook Lucifer se ondergang, omdat hy n hoe rang gehad het oor die ander Engele en sy naam beteken "More Ster" die planeet Venus. Maar het afvallige geword en het ook ander Engele mislei om hom te volg. Hy wou soos God wees.

Die waarskuwing oor #PRIDE in :        


Spreuke 16: 18

Op hoogmoed volg ondergang,

Op selfverheffing volg die val.

Esegiel 28: 17

Jou prag het jou hooghartig laat word, jou stralende glans het jou jou wysheid laat verloor. Ek het jou op die grond gegooi, jou daar voor ander konings laat le dat hulle jou kon bekyk.

Jesaja 14: 12-14

Jy wat die helder morester was, het uit jou hemel geval. Jy wat n oorwinnaar van nasies was, is in die grond in verpletter. En dit jy, jy wat gedink het: ek klim op hemel toe, ek gaan my troon neersit bokant die hoogste sterre, ek gaan my plek inneem op die berg waar die gode mekaar ontmoet, ver in die noorde: ek klim op tot bokant die wolke, ek word soos die Allerhoogste self. Maar jy stort af in die doderyk, af tot in sy diepste deel.



Dit is asof die media mal geword het. Elke tv reeks het een of ander gay verhouding in n storie en nou ook n maand om hul onsedelikheid te vier. Dit is om van siek te word.


In die begin het God die man en vrou gemaak.vir sy plan vir die mensdom. Maar Satan het ander planne vir die mensdom vir die wat verlei word deur hom. Hul wil nou Satan se siek plan regverdig met God se plan vir die mens.
 
God se plan vir die mensdom.

Markus 10: 6-9
Maar van die begin af, van die skepping af, het God hulle man en vrou gemaak. Daarom sal n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag n mens nie skei nie.

Die volgende gedeeltes kan gevind word in die Bybel oor hoe verkeerd homoseksualiteit is.

Levitikus 18: 22-24

"Jy mag nie n homoseksuele verhouding he nie. Dit is n afstootlike sonde.
"Jy mag met geen dier geslagsgemeenskap he en jouself so besoedel nie.  n Vrou mag dit ook nie doen nie. Dit is iets afskuweliks. "Julle moet julle op geen van hierdie maniere verontreinig nie, want dit is wat die heidene gedoen het wat Ek voor julle verdryf.

Levitikus 20: 13

"Twee mans wat homoseksueel verkeer, doen n afskuwelike sonde. Hulle moet doodgemaak word. Hulle verdien die dood.

Romeine 1: 24-28

Daarom gee God hulle aan die drange van hulle hart oor en aan sedelike onreinheid, sodat hulle hulle liggame onder mekaar onteer. Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig. Amen. Daarom gee God hulle oor aan skandelike drifte. Hulle vroue veranderdie natuurlike omgang in n teen-natuurlike omgang. Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou en brand van begeerte vir makaar. Mans pleeg skadelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende staf vir hulle perversiteit. En omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie, gee Hy hulle oor aan hulle verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is.

1 Korintiers 6:9-10

Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers
of mense wat homoseksualiteit beoefen of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieers sal deel kry aan die koninkryk van God nie.


Die gevolge van die dade van homoseksualiteit en die kerk wat gays trou:

Judas 1: 4
Die rede hiervoor is dat sekere mense ongemerk julle geledere binnegedring het, goddelose mense wie se veroordeling lank reeds vas staan. Hulle misbruik die genade van ons God. Hulle gebruik dit as dekmantel om losbandig te lewe, en hulle verwerp ons enigste Meester en Here, Jesus Christus.

Judas 1: 6-7

Dink ook aan wat gebeur het met die engele wat hulle nie binne hulle eie magsgebied gehou het nie, maar hulle aangewese woonplek verlaat het. God het hulle met onbreekbare kettings gebind en hou hulle in duister dieptes vir die oordeel van die groot dag. En dink ook aan die mense van Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle. Net soos daardie engele het hulle onsedelike dade gepleeg en omgang gesoek met vreemde wesens. As waarskuwing vir almal word hulle nou gestraf met die vuur wat ewig brand.
Ek eindig af met:

1 Korintiers 5:11-13

Wat ek geskryf het, was dat julle nie moet omgaan met iemand wat homself n geldgierig of n afgodsdienaar of kwaadprater of dronkaard of bedrieer is nie. Met so iemand moet julle nie eens saam eet nie. Per slot van rekening is dit nie vir my om oor mense buite die gemeente te oordeel nie. God sal oor hulle oordeel. Maar julle moet oor julle eie mense oordeel: "Verwyder die slegte mens onder julle uit !"

Daarom :

Markus 1:15
Hy het gese: "Die tyd het aangebreek , en die koinkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie."


   Amen. Bid vir jou familie en die wereld waarin ons woon. 

Sunday, June 11, 2023

Die Hemelvaart van Jesus en die bevestiging.

 Ek skryf oor die hemelvaart ,omdat ek in die oggend ure weer bewus gemaak was deur die Gees. In Suid-Afrika word daar nie meer Godsdiens in skole geleer nie.  En so het dit ook gekom dat hemelvaarts dag ook nie meer geld nie. Almal hou paasfees of liewer langnaweek.  Dit was altyd n vakansiedag vir Christene. Nie meer nie. En so begin die afvalligheid van die eind tyd.  Gaan lees gerus  eers die blog oor die  kruising van Jesus. Hierdie was aan my gewys:


Die oggend (nog nag) van die 18de Mei 2023, ongeveer 3 uur . Daar was geen beurtkrag nie. Op die hoek van ons huis is n buitelig naby ons kamervenster. Ek was wakker gemaak deur die honde ,wat wou uitgaan. Terwyl die honde weer rustig aan die slaap geword het, het ek na die kamervenster se kant gestaar. Skielik het n helder lig die venster verlig, sonder dat die ligstrale in geskyn het. Dit was nagstil. Geen voertuie wat ry of honde wat geblaf het nie. Toe ek reg op sit, om ondersoek in te stel, het die lig af gegaan en net die buitelig  was aan.

Dit was n ongewone lig en gebeurtenis. Ek het dit vir my vriendin by die werk vertel. By die werk het iemand gese dat dit hemelvaart dag is. Ek het dadelik bewus geword dat die lig n teken was dat Jesus kom, dat die wereld dalk mag vergeet of dit wil weg maak as iets wat nog ver is. Die middag toe ek by motor kom , sien ek n spierwit dons veertjie op my voorste venster ruit , aan die bestuurder se kant. Op daardie oomlik het ek die stem van die Heilige Gees HOOR se: Vanoggend se lig en die dons veer is om jou ter laat onthou aan die Hemelvaart en dat Jesus weer gaan kom , soos Hy opgevaar het na die hemel. Dit was net weereens n bewys dat God met ons kommunikeer en dat Hy met ons is. Wees wakker. Moenie te diep in die wereld se dinge in vas kyk nie. Dit skep vrees en mismoedigheid. Dit is ook n gejaag na wind en niks meer nie.

Die volgend gedeelte in die Bybel het die wit lig mooi beskryf . Die boodskapper is met ons!

Matteus 28:2-3:
 Skielik was daar n geweldige aardbewing. n Engel van die Here het van die hemel af gekom, na die graf toe gegaan, die klip weggerol en daarop gaan sit. Sy voorkoms was so blink soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu.

Net voordat Jesus opgevaar het na die hemel toe, het Hy aan sy apostels gese dat hul krag sal ontvang deur die Heilige Gees wat oor hul sal kom.

Handelinge 1:9

Nadat Hy dit gese het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien en n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie.

 
As dit ek sou gewees het, wat daar gestaan het. En Jesus sien gaan het. Sou ek nooit kon ophou huil nie. Soms verlang ek, en sien ek in my siels oe hoe ek hom eendag gaan ontmoet en omhels in die lug wanneer Hy weer kom. En daarom se ek ook altyd in my ander blogs dat ons altyd na bo moet kyk. Jesus is ons toevlug, lewe en  hoop. En so ook in Psalms.

Psalms 121:1-3

Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.

Handelinge 1:10-11

Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Die se toe vir hulle:  "Galileers, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe op geneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het".

Ek dink dit is n bewys dat daardie tyd in ons tyd baie naby is. Dis die tyd van die wegraping  dan die verdrukking en die tweede koms van onse Hemelse Vader.

Handelinge 2: 17-18

So sal dit in die laaste dae wees, se God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom.
Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree.


Daarom kies vir Jesus en dien Hom in al jou dae. Sodat God jou kan kies tot eer van Sy diens in die wereld waarin (Satan) en sy dinge wil oorneem.  Staan vas in geloof en in gebed.

Handelinge 2:21

So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Ek bid elke dag dat die tyd moet kom en gou ook. En die rede hoekom Hy nog nie kom nie, is omdat die woord eers elke mens moet bereik en  Hy maak reg vir sy bruid en die beloning is groot. Soos daar staan in: Johannes 14: 2


Amen, Amen. Amen.