Monday, March 16, 2020

CORONA VIRUS - God is teenwoordig , moenie vrees nie!

Die mense in die wereld vrees. En dit is presies wat Satan wil reg kry, sodat die mens moet vas kyk in die virus en vergeet dat God altyd teenwoordig is . Jesus is die enigste weg. Jesus se bloed is die behandeling in die siekte. Hy het alreeds die dood oorwin, selfs Satan se versoeke aan Hom. En daarom weet  Satan sy tyd raak min. In my oe is die virus gemaak deur gewettenlose mense wat deur Satan gelei word. Die virus het nou n inpak op die ekonomie en geld het te doen met die kwaad. Daar word moes altyd op diere getoets. En dit slaan nou terug. Dit is maklik om te verwys dat dit van n dier of diere af kom. Maar tog het God die diere gemaak. Satan is nie die skepper van goed nie maar van kwaad. Alles wat goed gemaak is , sal hy laat blyk as sleg.

My vraag aan almal is . Is julle bang vir die virus, omdat jy dalk kan dood gaan of vir die lewe na die dood? Want n virus kan jou dalk dood maak en die dood is ons voorland , met of sonder die virus. Maar onthou die siel sal bly leef.

Matteus 10:28
Moenie bang wees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie, Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan.

So as jou siel gesond is in die wereld en sy dinge , gaan jy nie dood gaan nie. Maar aan die einde van ons almal se bestaan is waar jy gaan op eindig na die dood. By die kruis of in die vuur?

Die kruis staan voor jou. Besluit vandag om jou lewe vir Jesus te gee en bekeer jou sonde voor Hom. Voordat dit te laat is en jy verewig dood gaan wees. God beskerm sy kinders, glo en vertrou in God. Daarvan het ek al klaar van getuig in my vorige blogs. Satan gaan probeer om jou denke te wil verander deur vrees te saai op sosiale media oor die virus en sterftes. Maar die eind-tyd gaan veel erger wees as die. As n mens nou gaan twyfel in God . Moet jy jou self afvrae? Wat is meer belangrik - God of die vrese van die wereld (Satan).My antwoord is beslis, God. God is die lewe na die dood en die lig in die duisternis. Die wereld gaan eindig of ons nou klimaatverandering aan bring of nie. God is die Alfa en die Omga. Die begin en die einde. Ek wil my einde by God lewe. God het my gewys wat nog gaan kom en hoe dit  mense  onverwags gaan tref en my hart was seer.

Die virus is n waarskuwing, dit kan jou geloof versterk in God of dit af maak as maar net nog n gebeurtenis wat verby gaan en more leef ons weer soos van te vore in sonde. En dan speel jy in Satan se hande.

So maak die keuse vandag, dit is maklik. God se vir ons in sy woord in:

Psalm 91:3-Jou beskerming
Dit is Hy wat jou uit die voelvanger se wip hou en jou bewaar van dodelike siektes.

Psalm 91:5-Moenie vrees nie
Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oor  dag, 
vir pes wat in die donker toeslaan of vir siektes wat helder oordag verwoesting saai nie.
Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.

Wanneer jy die regte keuse gemaak het dan sal God:

Psalm 91:8-10-Goddelose of wettenlose tref
Met jou eie oe sal jy sien hoe die goddelose gestraf word. Omdat jy die Here as skuil plek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kon nie.

Psalm 91;11-12- En sy engele as "bodyguards"
Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. Op hulle hande sal hulle jou dra , sodat jy nie jou voet teen n klip sal stamp nie.

So ek alreeds gese het, daar gaan in die laaste dae veel erger goed gebeur. Ek wil julle nie bang maak nie, maar dit is nodig om harte weer te laat sien. En wees ingelig oor die einde wat nader kom.
Die wereld met sy sosiale media , lig mense in oor die virus. Wees dus ingelig vir jou siel ook.

Esegiel 7
Lees die hele hoofstuk in julle Bybels. Elke sin is belangrik en dit is te lank om op die blog te skrywe.

Esegiel 7:5
So se die Here my God:
"Daar kom n ramp! n Groot ramp!"
"Die einde kom, die einde kom!"
"Dit begin joutref, dit kom!"

Daarom volhard in julle keuse. Die eind-tyd se beloning:

Openbaring 3:10-13
Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het , sal Ek julle ook vashou in die tyd van beprowing wat oor die hele wereld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon weg vat nie. Elkeen wat die oorwinning behaal , sal Ek n pilaar in die tempel van my God skrywe en die naam van die stad van my God, die nuwe Jerusalem, wat van my God af uit die hemel uit afkom. En Ek sal ook my eie nuwe Naam op hom skrywe. Elkeen wat kan hoor moet luister na wat die Gees vir die gemeentes se.

So as jy God se kind in jou hart en siel is, gaan Hy jou "sy dienaar" se voorkop seel teen die dinge wat nog gaan gebeur.


Openbaring 7:3
en het vir hulle gese: "Moenie die land en die see en die bome tref nie. Ons moet eers die dienaars van ons God op hulle voorkoppe merk met die seel.

En dan kry ek n lag oor die Satan wat die seel gaan verdraai na die merk van die dier op jou voorkop.

Wees sterk  in Onse Here Jesus Christus. God is groter as die wereld en sy dinge. Vervloek die virus en bid vir mekaar. Want Jesus se bloed is die teen middel vir die virus en die seel van beskerming.

Amen




No comments: