Tuesday, January 28, 2020

Ons almal is gered : Jode of nie Jode

Die rede vir hierdie blog is , omdat my vriendin my kom raadpleeg het oor die 'topic'.  Want haar sussie se man behoort nou aan n 'ministery' wat beweer as jy nie n Jood is nie, is jy nie gered nie. En daarom moet jy aan die 'ministery' behoort om gered te word. Die 'ministery' is in die UK, Kenya en nou ook in Suid-Afrika. Ek het na hul visie en missie gaan kyk. En hul uitkyk is ook om genesing aan siek mense te bied of te belowe , soos om duiwels uit te dryf.

Maar dit gaan meer oor die eie 'ekke' en 'onse' en nie oor God nie. Hul gebruik wel die Bybel tekse, maar dit is een sin gedeeltes en hul wys dit uit om hul te pas en te verdraai om by hul visie en missie te pas.

Mense , julle oe moet asseblief oop gaan vir sulke valse dinge. Die is die begin van die Satan wat in die kerk sy voet in die deur in sit. Dit is die begin van die 'anti-christ' in die kerk om die wat lou in geloof is, vas te vang. Sodat hulle nie meer weet wat is reg of verkeerd nie. My raad aan almal wat die blog lees is om julle Bybels te lees en te ondersoek.

Die volgende gaan die 'ministery' die teendeel bewys oor die Jode en nie-Jode so ook die loop met genesing ens.

Openbaring 2:9
Ek ken julle verdrukking en julle armoede, en tog is julle ryk. Ek weet ook van die kwaadstokery van die mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar tot die sinagoge van die Satan behoort.

Alles word mooi aan ons verduidelik volgens die Skrif oor die twee olyfbome. En olyfbome word
mees dikwels in die skrif gebruik om die huis van Israel te simboliseer. Gaan lees gerus my blog van die valsleer en die ware rykdom. En die geestelike in 'nou' te leef.

Die verlossing van die heidennasies of nie: daar staan duidelik in:

Romeine 11:11
n Ander vraag is: Het Israel se struikeling hulle finale val beteken?  Beslis nie! Maar deur hulle val het die redding na die heidennasies toe gekom om die Jode jaloers te maak.

Romeine 11:13
En nou praat ek met julle, gelowiges uit die heidenasies.  As apostel vir die heidennasies is ek trots op my werk en strewe ek daarna om op een of ander manier my eie mense jaloers te maak en sommige van hulle te red.

En dan is daar natuurlik God se genade en nie die mense se goeie werke nie.

Romeine 11:6
En as dit uitgenade is, dan is dit nie uit verdienste nie, anders sou die genade nie meer genade wees nie.

Romeine 11:29-30
As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie. Vroeer was julle heidene, ongehoorsaam aan God, maar noudat die Jode ongehoorsaam geword het, het God Hom oor julle ontferm.

Terug na die twee olyfbome: Daar staan in:

Openbaring 10:11
Toe het hulle vir my gese:'Jy moet weer God, se boodskap aangaande baie volke, nasies, tale en konings verkondig. Dit is vir Johannes gese deur n engel. (vir die mense in die eind tyd en so ook die konings wat onder die 'anti-christ' beheer gaan word)

En dan:

Openbaring 11:4
Hulle is die twee olyfbome en ook die twee lampe wat voor die Here van die aarde staan.
Onthou olyfboom stel Israel voor (Jode), maar ons nie-Jode is deel van die olyfboom soos in die volgende teks gedeeltes.

Jermaia 11:16-17
n Groot olyfboom met mooi gevormde vrugte , so het die Here jou genoem. Maar as die hordes met n gedruis aangekom, sal hulle jou blare aan die brand steek en jou takke kaal stroop. Die Here die Almagtige wat jou geplant het, het bepaal dat die kwaad wat die mense van Israel en Juda hulleself aangedoen het toe hulle My gekrenk het met hulle offerandes aan Baal.

En dan die openbaring van die olyfbome.

Esegiel 37:16-19
Mens, vat n stuk hout en skryf daarop:  Juda en die Isrealiete wat sy bondgenote is. 'Vat dan nog n stuk hout en skryf daarop: Josef. Dit is die stuk hout vir Efriam en die hele Isreal wat sy bondgenote is .Druk dan die twee stukke hout teenmekaar sodat hulle soos een stuk in jou hand voel. Wanneer die mense van jou volk vir jou vra:'Wil jy nie, vir ons vertel wat dit beteken nie'? moet jy vir hulle se:'so se die Here my God':'Ek vat die Josefhout wat staan vir Efraim en die  Israelitiese stamme wat sy bondgenote is, en Ek sit diT teen die Judahout en Ek maak van die twee een stuk hout, sodat hul in my hand een stuk is.

Dan die belofte van die wederkoms van Jesus en die wegraping , om saam met hom 1000 jaar te regeer voordie oordeel.

Esegiel 37:22-23
Ek sal van hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel, en hulle sal een koning he. Hulle sal nooit weer twee volke wees nie, nooit weer in twee ryke verdeel word nie. Hulle sal hulle nooit weer verontreinig met afgode en afskuwelike dade en sondes nie. Ek sal hulle bevry uit al hulle woonplekke waar hulle gesondig het en hulle reinig. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees.

Openbaring 20:6
Geseend en heilig is die wat aan die eerste opstanding deel het. Oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priestes van God en van Christus wees en sal saam met Hom die duisend jaar lank regeer.

 Daarna volg die laaste oordeel van die wat leef en die dooies. En dan die nuwe Jerusalem.

Openbaring 20:5
Dit is die eersre opstandinng. Die ander dooies het nie lewend geword voordat die duisend jaar om was nie.

Verder bewyse van die Jode en nie-Jode wat een nasie word in God se oe vir die wat glo in Jesus en in God se wette.

Romeine 2:9-11
Lyding en benoudheid bring Hy oor die lewe van elke mens wat kwaad doen, in die eerste plek oor die Jood, maar ook oor die van die nie-Jood. Ewige heerlikheid, eer en vrede skenk Hy aan elkeen wat goed doen, in die eerste plek aan die Jood , maar ook aan die nie-Jood. God trek immers niemand voor nie.


Jode is nie beter as ons wat nie-Jode is nie.

Romeine 3:9-11
Waarop kom dit neer? Is ons as Jode dan beter as die ander? Glad nie, want ons het al bewys dat Jode en nie-Jode almal in die mag van die sondes is: Daar staan immers geskrywe:
'Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie, 
daar is nie een wat verstandig is nie, daar is nie een
wat na die wil van God vra nie.

Galasiers 3:7-8
Julle sien dus dat die wat glo , kinders van Abraham is. Die skrif het vooruit geweet dat God ook mense wat nie Jode is, nie, sou vryspreek as hulle glo . Daarom het die skrif al voorheen die goeie
nuus vir Abraham gebring: In jou sal al die nasies geseen word.

En dan wat vir my die mooiste antwoord van God is , as jy nog twyfel is:

Galasiers 3:26-29
Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal een. En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.

Dan wil ek net terug keer na die 'ministry' wat groot loop met hul genesig ens. In die Bybel staan geskrywe:

Matteus 7:21-23
Nie elkeen wat vir My se: 'Here, Here, sal in die koningkryk van die Hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My se:'Here, Here het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?'Dan sal Ek openlik vir julle se:' Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.

Roem soek deur God se naam te gebruik om ander te mislei. Dis die wolwe in die skaap klere.

Ek eindig af met:

Romeine 15:7-9 en 13
Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God. Ek bedoel dit:Christus het gekom om in belang van die Jode n dienaar te word, Hy moes vir hulle die waarheid van God bevestig deur die beloftes wat die voorvaders ontvang het, waar te maak. Hy het ook gekom sodat die ander nasies God oor sy ontferming sou verheerlik, soos daar geskrywe staan
Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees.

Sterkte vir julle almal en wees waaksaam.

AMEN.






1 comment:

Douglas said...

Jesus het gesterf vir almal, vir die rasistiese Jode ook..