Friday, November 8, 2019

Tug is van God !

Tug is liefde en die lig vir die ewige lewe en mishandeling gedryf deur Satan, is van die kwaad en duister vir die ewige vuur dood . Daarom die misverstand dat tug die oorsaak is van mishandeling. Ons sien al hoe meer hoe Satan sy voet in die deur kry in ons skole en ons waardes as christene wil verlaag vir die wereld se wettelose bestaan. Nou word daar n wet en regte toegepas as ouers hulle kinders tug of soos in die ou dae was dit n goeie pakslae wil gee.

Satan se tyd raak min om die wereld te oorheers, en daarom wil hy he ons as ouers moet wettenlose kinders groot maak sodat sy eindplan kan werk. Staan op teen hierdie dinge. God se wette staan vas. En ons moet groot en klein daaraan gehoorsaam wees.

Efesiers 6:1-3
Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis."Eer jou vader en jou moeder is n baie belangrike gebod. En daar is nog n belofte by:
"Sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.


En dan kom die opdrag aan ouers om hulle kinders te tug, net soos God ons tug en gaan oordeel as ons ongehoorsaam bly.

Efesiers 6:4
En Vaders , moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug, en vermaning soos die Here dit wil.

Let wel, soos die Here wil. Nie Satan se wil nie. Sy wil is om gewettenlose mense te kweek wat gepaart gaan met mishandeling. God tug vir die wat Hy liefhet. En so moet ons as ouers ook julle kinders dus tug wat ons liefhet.

Openbaring 3:7+19
So se die Heilige, die Ware God, Hy wat die sleutel van Dawid het, wat die deur oopsluit en niemand sal dit weer toesluit nie, en dit toesluit en niemand sluit dit weer oop nie. 19  Ek bestraf en tug elkeen wat Ek lief het. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle.

Kolossense 3:25
Wie onreg doen, sal gestraf word oor die onreg wat hy gedoen het, die Here trek niemand voor nie.

Spreuke 3:11-12
My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teensy teregwysings verset nie, want die Here staf die mens wat Hy liefhet net soos n vader doen met sy seun.


En in God se Woord se, dat n pakslae op die regte tyd , reg is.

Spreuke 29:15
n Pakslae en n teregwysing bring wysheid; n Kind wat sonder dissipline groot word, steek sy moeder in die skande.

Spreuke 29:21
As jy n slaaf van kleins af bederf , is hy rebels as hy groot is.

God se , omdat Hy ons liefhet, tug Hy ons. Wat is die liefde dan?
1Korinteirs 13:4-7
Die liefde is geduldig,
die liefde is vriendelik,
dit is nie afgunstig nie,
is nie grootpraterig nie,
is nie verwaan nie,
Dit handel nie onwelvoeglik nie,
soek nie sy eie belang nie,
is nie liggeraak nie,
hou nie boek van die kwaad nie.
Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. 
Dit bedek alles
glo alles
                                           hoop alles 
                                           verdra alles

En die liefde is die eerste gebod van God en n waarskuwing as sy wette nie geonderhou word nie. Soos eer jou vader en jou moeder.

Spreuke 28:9
As iemand hom doof hou vir die wet van die Here, sal die Here afsku he van so n man se gebed.

God se aanmoediging 

Hebreers 12:5-7
Julle het  ook vergeet van die aamoediging wat tot julle as kinders van God gerig word. My kind, moet dit nie nie gering ag as die Here jou tug nie en moenie mismoedig word as Hy jou teregwys nie, want die Here tug hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem. Verdra die tug as opvoeding , want God behandel julle as sy kinders. Is daar meskien n kind wat nie deur sy vader getug word nie?

Daarom moet ons, ons kinders opvoed met tug en nie so die verdraaide wereld nie. Want die eind resultaat is respek vir die samelewing en vir God se wette.

Hebreers 12:9
Verder, ons het ons aardse vaders gehad wat ons getug het, en ons het vir hulle eerbied gehad.

Hebreers 12:11
Wanneer ons getug word, lyk die tug op die oomlik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir die wat daardeur gevorm is , n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God.

God het die tug ingestel, wie is Satan dan (wereld) om dit te verdraai. 

Ten laaste staan daar in;
Hebreers 10:30
Ons weet tog wie Hy is wat gese het: " Dit is my reg om te straf; Ek sal vergeld; en verder. Die Here sal oor sy volk oordeel. Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val.

Hebreers 10: 26-27
Wanneer ons opsetlik bly sondig nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, is daar geen offer meer wat ons sondes kan weg neem nie. Daar bly alleen n verskriklike verwagting oor van oordeel en n gloeiende vuur wat die teenstanders van God sal verteer.



Daarom kies reg!! Kies jy die kruis of die vuur?

Amen, Amen, Amen

Deel met familie en vriende.





No comments: