Tuesday, July 12, 2022

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: n Mens word aan sy vrugte geken !!

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: n Mens word aan sy vrugte geken !!:  Mense word alleenlik aan hul vrugte geken in God se oe.  Dit is vir ons ook n aanduiding om te onderskei tussen goeie en slegte mense. Mens...

n Mens word aan sy vrugte geken !!

 Mense word alleenlik aan hul vrugte geken in God se oe.  Dit is vir ons ook n aanduiding om te onderskei tussen goeie en slegte mense. Mense is nie wat hul aantrek en die besittings wat hul het nie. Maar wel hul doen en late. Hou jou afstand van die slegte mense. Kies  en ken jou vriende en lewensmaat aan die vrugte van die siel.  Dit neem  een slegte vrug wat  vrot is ,om al die ander vrugte vrot  te maak in n vrugte mandjie. Die volgende Bybelverse verduidelik dit baie mooi in Lukas.

Lukas 6:43-45

"Dit is nie die goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie die slegte boom wat goeie vrugte dra nie. Elke boom word aan sy eie vrugte geken. Van doringstruike pluk n mens mos nie vye nie,en van n doringbos oes jy ook nie druiwe nie. 

Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. "Waar die hart van vol is, loop die mond van oor"

So dit bring ons tot die gevolgtrekking oor mense se doen en late, soos uitsprake. Dit wat nie noodwendig gese word nie , se op die einde meer van of meer oor die persoon.

Laat die bogenoemde verse jou help om die regte keuse te maak sodat jy nie  oordeel nie ,om veroordeel te word nie. Die verse moet jou lei om die regte keuse te maak oor slegte mense . Daar is n waarskuwing in verkeerde oordeel:

Lukas 6:37

"Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie.  Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

Daarom gee alles vir die Here jou God en laat die Heilige Gees jou lei in al jou wee. Wanneer daar slegte mense oor jou pad kom. Spreek hul vry en beweeg aan op jou reguit pad. Want jou werk is om God se woord te leef en te eer.

Daar word altyd gese dat dat die oe van die mens die venster na die  siel van die mens wys en net so kan oe nie lieg nie. Daar is niemand so blind as die persoon wat nie wil sien nie.

Matteus 7:20

So sal julle die vals profete dan aan hulle vrugte ken.

Galasiers 5:22-23

Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde,  vreugde,  vrede, geduld,  vriendelikheid, goedhartigheid , getrouheid ,nederigheid en selfbeheersing.

Daarom moet ons vra vir leiding deur die Heilige Gees.

Galasiers 5:25-26

Ons lewe deur die Gees: laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. Ons moenie verwaand wees , mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie.


Die waarskuwing van God aan die goeie en slegte mense:

Matteus 12:33-37

" As julle se n boom is goed, moet jule ook se sy vrugte is goed; en as julle se hy is sleg, moet julle ook se sy vrugte is sleg. n Boom word tog aan sy vrugte geken."Julle slange! Hoe kan julle wat sleg is, iets goeds se? Waar die hart van vol is , loop die mond van oor. Die goeie mens bring die goeie  te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart; die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge in sy hart.

"Dit se Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense se, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag. Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word."

Die volgende mens: kan vroulik of manlik wees. Slegte mense is soos,  daar in :

Spreuke 5:3-6

Die slegte vrou se lippe drup van die heuning, haar tong is gladder as olie, maar agterna is alles so bitter soos wildeals;

sy is so gevaarlik soos die skerpste swaard. Haar pad is die van die dood, elke stap saam met haar bring die ondergang nader. Sy hou jou weg van die pad van die lewe af, sy laat jou dwaal, en jy weet dit nie.

Mens" Hoor en luister na die Heilige Gees se stem. Hy sal jou waarsku wanneer om mense in of uit jou lewe te laat. " Die waarskuwing as jy as mens nie hoor of wil sien nie.

Spreuke 5:7-10 

Luister na my, my seun, bly by wat ek jou se: Bly weg van haar af, moenie naby haar huis se deur kom nie dat jy nie jou mooiste jare verspil nie, jou beste jare aan n hartelose mens gee nie, dat vreemdes hulle nie vol eet aan die vrug van jou arbeid nie, dat dit waarvoor jy gewerk het, nie in die huis van n ander beland nie.

DIE BOODSKAP DRA GEWIG. INDIEN DIE HEILIGE GEES SE STEM GEHOOR WORD


Spreuke 6:24-26

My onderrig sal jou beskerm teen die slegte vrou van n ander wat jou met haar gladde tong wil verlei. Moenie dat haar skoonheid jou begeerte wek nie, moenie dat sy jou vang met haar oe nie.

Jy kan n prostituut kry vir n stuk brood, maar owerspel kan jou lewe kos.

LUISTER MENS !

Spreuke 7:24-27

Luister na my , my seun, slaan ag op wat ek se. Moet jou nie met so n vrou ophou nie, moenie haar pad loop nie. Sy het die val van baie op haar kerfstok, sy het al sterk manne laat onderegaan. In haar huis is jy op pad na die doderyk toe, by haar is jy op pad na jou dood toe.


Spreuke 11:21-23

Dit staan vas: 

n slegte mens sal nie loskom nie, maar selfs die nageslag van die regverdiges sal vrygespreek word. Die skoonheid van n vrou sonder oordeel is soos n goue ring aan n vark se snoet. Die regverdiges begeer die goeie; vir die goddeloses wag daar net staf.

Spreuke 12:12

Die goddelose soek sy veiligheid in verkeerde dade; die regverdiges staan vanself vas.

BID VIR WYSHEID ! LEES ASB

Spreuke 8:1-36

Dit is wysheid self wat roep, dit is Insig wat haar se stem laat hoor.  Op die hoogtes langs die pad, by die kruispaaie, gaan sy staan, langs die stadspoorte, by die ingange, skree sy dit uit:

"Ek roep na julle, mense, ek roep na alle mense: 

Die wat ervaring kortkom, kan verstandig word, die wat dwaas optree, kan insig kry. Luister, want wat ek se, is die moeite werd, elke woord van my is opreg. Ek praat net die waarheid, ek het n afsku van wat verkeerd is.

Lees asb verder.

Ek sluit af met:

Spreuke 16:20-21

Wie ag gee op die woorde van die Here, sal voorspoed geniet; 

wie op die Here vertrou, met hom gaan dit goed.

n Mens wat met wysheid bedeel is,word verstandig genoem, en as hy sy woorde reg kies, kan hy ook ander leer.