Sunday, January 10, 2021

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Waarskuwing in vorm van droom(gesig) van God aan ...

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Waarskuwing in vorm van droom(gesig) van God aan ...:  Dit was die oggend van die 20ste Febuarie 2019.  God het aan my n visioen gewys.  Dit was ongeveer 5 minute. Het ander al ontvang. Maar die...

Waarskuwing in vorm van droom(gesig) van God aan my: 20 Febuarie 2019

 Dit was die oggend van die 20ste Febuarie 2019.  God het aan my n visioen gewys.  Dit was ongeveer 5 minute. Het ander al ontvang. Maar die een het my hart geruk. En ek het geweet ek moet dit deel met  mense in die wereld. Ek het God in die gees gevra, wat moet ek daarmee maak en hoe moet dit uitgele word.  Die antwoord was onmiddelik. "Waarsku my kinders die gelowinges."  Die stem het vir my gese dat ek in Openbaring moet gaan lees. Ek het in my vroee jare , Openbaring probeer vertaan. Maar niks nie. Na die Openbaring deur die gesig wat Hy my laat beleef het, het ek vir die heel eerste keer Openbaring verstaan en sommer ander gedeeltes van die Bybel ook. Dinge het begin uitstaan vir my. Daarom het ek die blog begin skryf. Ek word gelei deur die Heilige Gees.


Die rede waarom ek nou eers gaan openbaar is dat die wereld nog nie gereed was nie. Die Gees van God wou eers gehad het , ek moes oor ander onderwerpe skryf. Maar daar word nou op my  gedruk om die te vertel.  Terwyl die mense in die wereld nou tot stil stand gedwing word met die covid 19 met die sogenaamste 2de "waive". Die virus is niks teen dit wat nog moet volg nie. Ons krag le by die Here Jesus. Ons hele wese moet op Hom gefokus bly om deur al hierdie dinge en meer, ander kant heel uit te kom. Ons geloof gaan tot die uiterste getoets word. Dis liggaam en siel. Al ons sintuie moet betrokke wees. En heel belangrikste , die kennis van die Bybel en die harde waarheid wat daar in geskrywe staan.


Ek het God
in gebed gevra :"Here hoe moet ek (wat so klein is in die wereld) die droom of gesig openbaar in n wereld wat nie wil hoor of wil sien nie" Dit wat ek gesien het , het my baie hartseer gemaak. n Gedeelte daarvan het alreeds waar geword in Augustus 2019. Ek het dit nog vir my predikant vertel en n week daarna het dit toe gebeur. Op 24 Augustus 2019 was dit wereld nuus gewees. Ek het nog vir die predikant gevra ,"Hoe moet ek dit vir die wereld vertel?" Sy antwoord was , dat ek moet self uitvind. My man het voorgestel dat ek n "BLOG" moet begin skryf. Maar ek het begin lag."Ek n blog skryf????"Die volgende dag by die werk het n vriendin vir my die selfde gese. En toe weet ek, dit is wat God se antwoord aan my is. Hy sal my lei
deur Sy Gees, ek is net die instrument. En so het my kruisvuur pad begin. Ek kan nie ophou skryf nie. Die wereld maak hul blind vir die waarheid en hou hul besig, sodat hul nie God se plan kan en wil sien nie. En sodoende kry Satan n voet in die deur by julle harte en sy bose magte verblind die lou harte.

Wat Ek gese het, sal nou gebeur:

Esegiel 12:21-23(visioen of gesigte)


Die woord van die Here het tot my gekom. "Mens , wat se spreekwoord is dit wat julle oor die land Israel het? Julle se: "Die tyd gaan verby en daar kom niks van al die gesigte nie. Se vir hulle:So se die Here my God : Ek maak n end aan die spreekwoord. Hulle sal hom nie weer in Israel gebruik nie.Se vir hulle:Die tyd kom vinnig nader en so ook die vervulling van elke gesig.

Die gesig wat ek gesien het:

Ek het voor n groot venster gestaan vanaf my ouers se huis. Ek het uitgekyk en die een oomlik was dit nog n sonnige dag. Die lug was helder en blou. Ek , my seun en sy maat was in die vertrek.  En voor ons verskyn die aardbol in al sy glorie. Die aarde was donker en wat gelyk het soos Suid-Amerkia was bedek met iets soos:"louterde vuur van goud" . En so ,die berig dat die Amazone brand "en dit het gebeur in Augustus 2019.

Daarna het dit stip donker geword en ek het dadelik in die gees besef wat die volgende 3 dae gaan inhou. Daar gaan nie son lig wees nie en nie eers n kers gaan die donkerte kan vedryf nie. My dogter was in die kleuterskool en my man by die werk. Geen kommunikasie middel het gewerk nie. Geen telefone of internet nie. Ek kon hul nie waarsku nie. In die gees was daar vir my gese dat ek moet bid. Eers wou die woorde nie uitkom nie. Die woorde was in my hart, maar toe begin my tong los kom. My opdrag aan die wat saam met my was in die huis, was dat hul alle venster en deur moet toe maak. Toe ek by n venster kom , om dit toe te maak , was daar ongediertes wat wou in kom en hul wou die mensdom skade aandoen. Hul het my om my polse gegryp. Ek het hul afgeruk en buite toe gegooi. Terwyl ek besig was het ek gesien hoe mense neerval op die sypaadjie , weet nie of hul dood was of nie. Ander was verbaas en het versteen. Ek het geweet ons moet bekeer , want Hy kom gou.





OPENBARING 9:1-12
Die vyfde engel het toe op sy trompet geblaas. Ek het n ster gesien wat van die hemel af op die aarde geval het, en die sleutel van die skag na die onderaardse diepte is aan hom gegee. Hy het toe die skag na die onderaardse diepte oopgemaak , en daar het rook uit die skag uit opgestyg soos die rook van n groot oond. Deur die skag se rook is die son verduister en het die lug donker geword. Toe het daar uit die rook sprinkane oor die aarde uitgeswerm. Aan hulle is dieselfde vermoe gegee as wat skerpione op die aarde het. Hulle is aangese om nie die gras van die aarde, die plante en die bome kwaad aan te doen nie, maar net die mense wat nie die seel van God op hulle voorkoppe het nie.

Hulle is nie toegelaat om die mense dood te maak nie, maar wel om hul vyf maande lank te pynig. Die pyn wat hulle veroorsaak , is soos die pyn as n skerpioen n mens steek. In hierdie tyd sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; hulle sal verlang om te sterwe, maar die dood sal hulle ontwyk. Die sprinkane het gelyk soos perde wat regstaan vir oorlog. Op hulle koppe was daar iets soos krone wat gelyk het asof dit van goud is. Hulle gesigte was soos die gesige van mense. Hulle het lang hare gehad soos vrouens se hare, en hulle tande was soos die van leeus. Hulle borskaste was soos ysterharnasse. Die gedreun van hulle vlerke was soos die gedreun van baie strydwaens met perde wat opruk vir oorlog. 

Hulle het sterte met angels soos die van skerpioene; en in hulle sterte is hulle vermoe om die mense vyf maande lank kwaad aan te doen. Hulle het die engel van die onderaardse diepte as koning oor hulle. Sy naam in Hebreeus is ABADDON, en in Grieks het hy die naam APOLLION. Die eerste "Wee!" is verby. Kyk, daar kom nog twee hierna.


Die kruispad is daar. Kies reg! Hou moed in Hom wat vir ons gesterf het. Ek het gedink om dalk nie hierdie blog te "publish" nie. Maar toe kom daar n whatsup boodskap van my Ma. En dit bevestig dat ek moet. Die ander gesig sal in my volgende blog vertel word.  







Amen!