Wednesday, September 23, 2020

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die Sewe eind-tyd kerke en die keuse om te maak.

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die Sewe eind-tyd kerke en die keuse om te maak.:  Die kerke mag dalk ander name he as , vandag se kerke. Maar die bediening van daardie tyd en nou is nog die selfde. Die vraag aan jou is? W...

Die Sewe eind-tyd kerke en die keuse om te maak.



 Die kerke mag dalk ander name he as , vandag se kerke. Maar die bediening van daardie tyd en nou is nog die selfde. Die vraag aan jou is? Woon jy die regte, eind- tyd kerk, vandag by? Want uit die sewe kerke is daar net twee kerke wat waardig voor God staan.

Hulle word ook genoem die twee getuies, twee olyfbome en ook die 2 lampe wat voor die Here van die aarde staan.

Openbaring 11:3-5

"Ek sal aan my twee getuies opdrag gee, en hulle sal, met rouklere aan, my boodskap twaalf honderd en sestig dae  lank verkondig." Hulle is die twee olyfbome en ook die twee lampe wat voor die Here van die aarde staan. As iemand hulle kwaad wil aandoen, kom daar vuur uit hulle monde uit en verteer hulle vyande. So moet elkeen doodgemaak word wat hulle kwaad sal wil aandoen.

En in hierdie tyd van Covid-19 , het ek baie waargeneem oor kerke. En daar is besluit dat niemand  mag kerk toe gaan nie. Skielik by "lockdown 3" mag mense kerk toe gaan. Sommige bedienings lede van kerke het prontuit gese oor die media dat die kerke nie n profyt toon gedurende die "lockdown" nie.  Weereens kom  geld voor die van die  mense wat bedien moet word gedurende die swaar tye waar mense hul werke verloor en siek word. Daar was wel kerke wat kospakkies opgemaak het en versprei het. En so is daar vele voorbeelde van vandag. 

  1.  Gemeente in Efese: Nie voldoende nie-Het God nie met hul hele hart lief nie

Jesus se vir die gemeente dat hulle baie goed reg doen. Maar die gemeente het nie meer met hulle hele hart die Here lief nie. En sodoende skiet hul te kort en Jesus se vir hul , keer terug en bekeer. God se gebod is om Hom alleenlik lief te he, want Hy is n jaloerse God. N mens kan nie godsdiens preek en dit nie leef nie. Met ander woorde: Jy kan nie God en Satan gelyk bedien nie. Jy moet af sien van die wereldse gebruike en jou oe op God alleenlik rig. n Kerk vandag wat die 10 gebooie afskeep en hul aandag plaas op wat hul deur hul eie krag kan bereik.

Openbaring 2:1-3

So se Hy wat die sewe sterre in sy regterhand vashou en wat tussen die sewe goue lampe rondgaan: "Ek weet alles wat julle doen. Ek ken julle onvermoeide arbeid en julle volharding. Julle kan nie slegte mense verdra nie.Julle het ondersoek ingestel na die mense wat voorgee dat hulle apostels is, en dit nie is nie, en gevind dat hulle leuenaars is. Verder volhard julle ook; julle het baie vir my Naam verduur, en julle het nie moeg geword nie.

MAAR IS NIE VOLDOENDE NIE EN DIE WAARSKUWING:

Openbaring 2:4-5

Maar Ek het dit teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie. Dink daaraan hoe ver julle al agteruit gegaan het. Bekeer julle en doen weer wat julle in die begin gedoen het. Anders , as julle julle nie bekeer nie, kom Ek na julle toe en sal Ek julle lamp van sy plek af wegvat!

2. Gemeente in Smirna: Voldoende-getrou tot die dood

Hierdie gemeente voldoend aan God se vereiste. En dit , is ook n bewys dat die kerk deur verdrukking sal, gaan.  Daar is kerke wat preek , dat die kerk nie deur die verdrukking sal, gaan nie. Want God gaan ons kom haal. Dit is vals. Baie mense gaan mislei word deur die valse verwagtiging van ander gemeentes. En hul oe gaan te laat oop gaan. Hul gaan die maklike pad kies, want hul was nie toegerus vir dit wat kom nie.

Openbaring 2:9

Ek ken julle verdrukking en julle armoede,en tog is julle ryk. Ek weet ook van die kwaadstokery van die mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar tot die sinagoge van die Satan behoort.

Ons in God , gaan deur die verdrukking gaan, maar God gee vertroosting en bemoeding vir sy kinders wat in Hom bly glo en vas staan. En dan die groot beloning en belofte.

Openbaring 2:10

Moenie bang wees vir wat julle alles gaan ly nie. Kyk , die duiwel gaan party van julle in die tronk laat gooi, sodat julle in beproewing sal kom, en julle sal tien dae lank baie swaar kry. Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee.

Openbaring 2:11

Elkeen wat kan hoor, moet luister na die Gees vir die gemeentes se. Die wat die oorwinning behaal, sal beslis nie deur die tweede dood getref word nie. 

 (Tweede dood, is wanneer jy hel toe gaan vir ewig) Die ewige dood en die duistenis van Satan. En die
is min.

3. Die gemeente in Pergamum: Nie voldoende nie-afvalligheid


So se  Hy wat die skerp swaard met die twee snykante het:die Seun van God. Hy se dat Hy ken die gemeente waarby hul bly, daar tussen Satan. En hulle bly getrou aan Hom. Maar daar is afvalligheid soos in vandag se tyd , is dit kersfees vier met n kersboom. Dit is heidenis en het niks met Jesus se geboorte te doen nie. Lees gerus , Jeremia 10:2-4

Openbaring 2:14-15

Maar Ek het n paar dinge teen julle . Julle het mense daar wat die leer van Bileam aanhang. Hy het vir Balak geleer om die volk Isreal van My afvallig te maak, sodat hulle afgodsoffervleis geeet en onsedlikheid bedrywe het. So is daar onder julle dan ook mense wat die leer van die Nikolaiete aanhang en dieselfde sondes doen.

Die beloning as jy bekeer en luister:
Openbaring 2:17

Elkeen wat kan hoor, moet luiter na wat die Gees vir die gemeente se. Aan elkeen wat die oorwiningbehaal, sal Ek van die verborge manna gee, en daarbly Ek vir hom n wit steentjie gee met n nuwe naam daarop gegraveer, wat niemand anders ken nie, net Hy wat dit kry.

4. Die gemeente in Tiatira:Nie voldoende nie- 

Geld, en die getalle in gemeente dra die gewig deur manupilasie en dit alles wat met die oog gesien kan word. Selfde geslagte kan maar trou en in die kerk wees en selfs die bediening behartig. Mense regte voor God se wette.

So se die Seun van God. Dat Hy alles sien wat ons doen soos bv: Liefde, geloof, diensvaardigheid en volharding. Maar Hy het dit teen ons: 

Openbaring 2:20-23

Maar Ek het dit teen julle dat julle die vrou Isebel laat begaan. Sy doen haar as profetes voor en leer en vertel my dienaars om onsedelikheid te bedrywe en afgodsoffervleis te eet. Ek het haar kans gegee om haar te bekeer, maar sy wil haar nie van haar onsedelikheid bekeer nie. Kyk, Ek gee haar aan n siekbed oor, en die mense wat met haar owerspel gepleeg het, aan swaar lyding-as hulle hulle nie van haar praktyke bekeer nie. Haar volgelinge sal Ek deur n pessiekte om die lewe bring.

Die beloning as jy bekeer en terug keer.

Openbaring 2:26

Aan elkeen wat die oorwinning behaal en tot die einde toe volhou om te doen wat Ek wil he, sal Ek mag en gesag oor die nasies gee.

Openbaring 2:28

Dieselfde mag en gesag het Ek ook van my Vader gekry. Daarby sal Ek vir elkeen wat die oorwinning behaal, die morester gee.

5. Die gemeente van Sardis: Nie voldoende nie- Die soetsappige kerke. 


 Dis kerke wat die woord van God gebruik net om die mooi kant te preek en nie die ware harde waarheid aan gemeente deur te gee oor wat gaan kom en hoe dit al reeds in die gebeur is nie. Daar die mense wat se dat die kerk nie hier tydens die verdrukking gaan wees nie. Baie mense gaan verlore raak. Ons is hier in die verdrukking, maar nie met die laaste plae nie. Dit kan gelees word in Openbaring 14:14-20.

Openbaring 3:1-3
So se Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood. Word wakker en versterk wat nog by julle oorgebly het, wat op die punt staan om dood te loop. Wat julle doen, vind Ek nie goed genoeg voor die oe van my God nie. Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos n dief, en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie.

Die beloning:

Openbaring 3:5

Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naamuit die boek van die lewe uithaal nie, en Ek sal voor my Vader en voor sy engele verklaar dat hy aan My behoort.

6. Die gemeente van Filadelfia-Voldoende

Opregte kerk en mense. Dra God se goedkeuring weg. Hul gaan deur beproewings en hul oe is gevestig op God se koningkryk en hul uitkyk is nie werelds nie. Hulle krag kom van God af en hul glo in Jesus hul verlosser. Hul word deur God se Gees gelei.

Openbaring 3:8-9

Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloen nie. Kyk , Ek beskik dat van die lede van die sinagoge van die Satan, die mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar lieg - kyk, Ek sal maak dat hulle kom en voor julle kniel en erken dat Ek julle liefhet.

En die volgende gedeelte is die bewys weereens dat ons ook deur die beproewings gaan, gaan. Ons gaan hier wees. Daar gaan nog nie n wegraping wees nie. 

Openbaring 3:10

Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wereld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Die beloning:

Openbaring 3:12

Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal vir altyd daar bly.







7. Die gemeente van Laodisea- nie voldoende nie. - hul kan nie n keuse maak nie.

Die gemeente staan wydsbeen tussen God se wette en die wereldse doen en late. Hul kan nie die keuse maak en volhou daarmee nie. Dit is mense en kerke wat dink dat as jy boetedoening doen is jy gered en uitstap net om dit weer te doen en weer te vra vir vergifnis. Hulle kragte kom nie van God af nie, maar die eie ek en ons.


 Openbaring 3:14-16

So se die Amen, die geloofwaardige en ware getuie, Hy deur wie God alles geskep het. Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou , omdat julle lou is , nie warm en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg.

Openbaring 3:17

Julle se:"Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer nodig nie," en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal.

En God spreek die oplossing uit -Word wakker en sien wat saak maak.

Openbaring 3:18

Daarom raai Ek julle aan omby My goud te koop wat deur vuur gelouter is, sodat julle ryk kan word; en koop wit klere, sodat julle kan aantrek en julle skande, julle naaktheid, nie gesien word nie; en koop oogsalf om aan julle oe te smeer, sodat julle kan sien.

Die waarskuwing:

Openbaring 3:19

Ek bestraf en tug elkeen wat Ek lief het. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle.

Ek sluit af met:

Amos 3:7

Die Here God doen niks as Hy nie sy besluit bekend gemaak het aan sy dienaars die profete nie. 


                                  AMEN AMEN AMEN