Friday, May 1, 2020

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die smal deur.

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Die smal deur.: Daar is twee paaie en dit is die smal en bree pad. Die een gaan na die smal deur en die ander een na die hel. Weereens is dit die keuse tus...

Die smal deur.

Daar is twee paaie en dit is die smal en bree pad. Die een gaan na die smal deur en die ander een na die hel. Weereens is dit die keuse tussen God en Satan. Die kruis en die vuur. Die gedeelte in die Bybel wat maklik is om mis gelees te word. En dit het n groot inpak op jou keuse in die lewe en die lewe na die dood. Die rede waarom ek hieroor skryf , is omdat daar soveel valse profete daar buite is en hul gebruik ook sosiale media daarvoor. Dit is die mense (wolwe) vir Satan met skaap klere aan. Die mense wat die mensdom se ore streel. En daarom is die deur en die pad na die hemel smal.



Lukas 13:23-27
Toe vra iemand Hom.'Here, is die wat gered word, maar min?' Hy se vir hulle:'Span al julle kragte in om by die smal deur in te gaan. Baie , verseker Ek julle, sal probeer om in te gaan , maar sal dit nie regkry nie.'As die eienaar van die huis eers opgestaan en die deur toegesluit het, sal julle buite staan en aan die deur begin klop en roep.'Here, maak vir ons oop! Maar Hy sal julle antwoord:'Ek weet nie waar julle vandaan kom nie!' Dan sal julle se:'Ons het saam met U geeet en gedrink, en op ons strate het U die mense geleer.' Maar Hy sal weer vir julle se;'Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Niemand van julle het gedoen wat reg is nie. Maak dat julle van My af wegkom!'

Ek het eerstans beleef op sosiale media 'YOUTUBE' hoe valse mense , die mensdom oorreed dat hul gered is en weggeraap gaan word voordat die verdrukking gaan begin( die ore word gestreel). Dit klink te goed om waar te wees. Ons gaan hier wees om ons kruis vir Jesus te dra. Net voor die laaste plae sal ons weggeneem word om saam met Jesus die feesmaal te gaan geniet. Maar dit is vir n ander blog. Wanneer ek my kommetaar gelewer het op die platvorm van 'YOUTUBE' het baie mense aanvallerig geword. Daar was n persoon wat gese het dat God nie sy kinders onder sulke omstandighede sal plaas nie. Maar die koring sal van die kaf geskei word.Daar staan "SPAN AL JULLE KRAGTE IN OM BY DIE SMAL DEUR IN TE GAAN.'  Ek het  verwys na die gedeelte van Lukas 13. Dit is harde werk om jou kruis vir Jesus te dra en dit gaan nog moeiliker word. Die deur en pad is smal en n mens kan nie aan altwee kante van die pad staan of wandel nie. En die keuse sal gevolge he:

Lukas 13:28-30
Daar sal julle huil en op julle tande kners wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete binne in die koninkryk van God sal sien, terwyl julle self buitentoe weggejaag word. Daar sal mense uit die ooste en die weste kom, uit die noorde en die suide en aansit by die feesmaal in die koningkryk van God.Onthou net:'Daar is laastes wat eerste sal wees, en eerstes wat laaste sal wees.'





Daar is twee keuse wat jy nou kan maak. En hulle is duidelik. Die wye pad of die smal pad? Gaan jy jou ore laat streel of luister na die waarheid?




Matteus 7:13-14
Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en die wat daardeur ingaan , is baie . Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en die wat dit kry , is min.

Weereens n bewys dat God nie doekies omdraai en die waarheid met suiker bedek nie. Of ore streel nie.

Matteus 7:13-14
Nie elkeen wat vir My se:'Here, Here sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My se :'Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?' Dan sal Ek openlik vir hulle se:' Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.'


En daarom is dit so belangrik dat jy die keuse moet maak en leef volgens God se wil. 

Matteus 6:24
Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal of die een minder ag en die ander een hoer, of vir die een meer oorhe en die ander een afskeep. Julle kan nie God en Mommon dien nie.


Hier is nog n voorbeeld van die deur.


Netso, het God die deur aan die ark ook gesluit vir die mense wat gehoorsaam aan Hom was. Noag en sy gesin. En die res van die mensdom en diere het  buite vergaan.

Genesis 7:16
Hulle het ingekom, manlik en vroulik, soos God vir Noag gese het. En toe het die Here die ark agter Noag toegesluit.

KENMERKE VAN DIE BREE WEE NA DIE HEL

Aborsie, diefstal, drank, dwelms, moordpleeg, rook, n gejaag na rykdom, geldgierigheid, afvalligheid, prostituut en hoerery, luiheid, geweld lief het. Wereldse dinge lief he.

1 Johannes 2:16
Die wereldse dinge - alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oe sien en begeer,al sy gesteldheid op besit - kom nie van die Vader nie, maar uit die wereld.
Romeine 1:29-30
Hulle is een en al ongeregtigheid, slegtheid, hebsug en gemeenheid, hulle is vol jaloesie, moord. twis, bedrog en kwaadwilligheid. Hulle skinder en praat kwaad; hulle haat God, hulle is hooghartig, aanmagtigend, verwaand; hulle is mense wat kwaad uitdink, ongehoorsaam aan hulle ouers.
Spreuke 12:10
Die regverdige sorg goed vir sy diere, maar die goddeloses is wreed.
Levitikus 19:27-28
Julle mag nie waarseery en towery beoefen nie. Julle mag nie heidense rougebruike navolg deur die hare voor die ore en die wangbaard te knip of deur snye en tatoeeermerke op julle liggame te maak nie.Ek is die Here.
Levitikus 20:13
Twee mans wat homoseksueel verkeer, doen n afskuwelike sonde. Hulle moet doodgemaak word. Hulle verdien die dood.
Spreuke 23:2
en bedwing jou as jy n groot eetlus het.

Daar is nog vele meer , maar jy kan nou STOP! En omdraai na die smal pad en deur. Bekeer en kies die kruis.

1 Korintiers 6:11
En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God.
Matteus18:8
As jou hand of jou voet jou van My afvallig maak, kap hom af en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om vermink of kreupel die lewe in te gaan as om met altwee jou hande of voete in die ewige vuur gegooi te word.

So, tel jou kruis op vir Jesus deur die smal wee te kies.

Filippense 3:14
Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.




 KENMERKE OM TE LEEF,  VIR DIE  SMAL WEE NA DIE HEMEL.

1 Johannes 2:15
Moenie die sondige wereld en die dinge van die wereld liefhe nie. As iemand die wereld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie.
Matteus 25:35
want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was n vreemdeling, en julle het My gehuisves;
Galasiers 6:10
Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.
Matteus 25:36
Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.
Spreuke 3:6
Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Spreuke 3:9
Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes.
Spreuke 12:10
Die regverdige sorg goed vir sy diere, maar die goddeloses is wreed.
Spreuke 22:6
Gee leiding aan n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.
Filippense 1:21
want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my n wins.
Filippense 4:4
Wees altyd bly in die Here!Ek herhaal: Wees bly!
Prediker 11:6
Saai jou saad in die more, gaan in die laatmiddag daarmee voort.
1 Tessalonisense 5:14
Ons druk julle dit op die hart, broers: Wys die leegleers onder julle tereg, praat die kleinmoediges moed in, help die swakkes, wees met almal geduldig.
Matteus 19:5
Daarby het Hy gese:'Daarom sal n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.
1Petrus 4:8
Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhe, want die liefde bedek baie sondes.
Kolossense 4:2
Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar.


Ek eindig af met :

Die uitnodiging van Jesus

Matteus 11:28-30
'Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My,want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.'

Amen.