Monday, April 6, 2020

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Jesus se kruisiging en die ware Sabbatdag

KRUISVUUR /CROSSFIRE -END TIMES: Jesus se kruisiging en die ware Sabbatdag: Met die dat ons die paasfees binne gaan, wil ek op julle harte druk en die erns van Jesus se kruisiging vir julle uitbeeld.  Die bloed wat...

Jesus se kruisiging en die ware Sabbatdag


Met die dat ons die paasfees binne gaan, wil ek op julle harte druk en die erns van Jesus se kruisiging vir julle uitbeeld.  Die bloed wat vir ons uit Hom, uitgespuit het, die bloed wat ons sondes af gewas het,  sodat ons deur Hom eendag by God kan wees. Hierdie paasfees gaan nie oor die paashaas en eiers nie. Ek moet bieg, ek hou van die chocolate en marshmallow kombinasie. Dit is vir die maag en dit skei uit.  Dit is heidens soos geskrywe is in:

2 Korintiers 6:14 -16
Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis? Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan n gelowige dieselfde belange he as n ongelowige? Hoe kan n ooreenkoms tot stand kom tussen die tempel van God en afgode? Ons is immers die tempel van die lewende God. Dit is soos God gese het: "Ek sal onder hulle woon en wandel, en Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.


Net so met die kersboom - staan geskrywe in :(net nog n feit)

Jeremia 10:3-4  die heidennasies
Hulle voorskrif om n god te kry, is sinloos: hulle kap n boom in die bos af, n ambagsman kerf dit uit met n beitel, hy versier dit met silwer en goud, met hamer en spyker slaan hy dit vas dat dit nie omkantel nie.

Met nagmaal drink ons die wyn as n simbool van sy bloed. Jesus se bloed is nie te koop nie. Die wereld kan dit nie verstaan nie. Sy bloed, as ons bekeer en Hom as ons saligmaker aanneem kan ons vry koop vir ewig en rus by Hom en God kry verewig. Ons moet met ons hele hart en siel glo en sy gebooie onderhou. Ons moet Jesus lief he met ons hele hart en nie die wereld en sy dinge nie.Satan en (die weleld) is nie vir ewig nie. Hy is alreeds oorwin. En Jesus het die dood ook oorwin.

Wat maak jy met die duur prys en leiding wat Jesus betaal het vir jou sondes? Het jy Hom lief met jou hart en siel? Onderhou jy sy 10 gebooie? Is jy skaam vir Jesus by die werk of by byeenkomste?Sal jy jou geloof by mense verkondig? Bid julle nog as gesin by die etens tafel saam?

Met dit alles , kan ek se dat my direkteur vir my gevra het of ek bang is vir die Corona virus. My antwoord natuurlik  in n oop kantoor was die volgende: En my stem kan nogal trek. "Jesus se bloed beskerm my" Sy het verbaas gelyk en gese dat sy gewonder het hoekom Christene so stil is.

So wees n stem vir Jesus ons verlosser. Hy was n stem vir jou aan die kruis.

10 April 2020 tot 12 April 2020 gaan u die paasfees binne. Hier is n paar gedagtes oor hoe om na nuwe oe na die gebeurtenis te kyk. 

Paasmaaltyd saam met jou gesin in die "lockdown"

Matteus 26:17-18
Op die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood kom die dissipels na Jesus toe en vra:"Waar
wil U he moet ons gaan regmaak vir U om die paasmaaltyd te eet?" Jesus het geantwoord:"Gaan in die stad na so en so toe en se vir hom:" Ons leermeester se:"My tyd is naby. In jou huis wil Ek saam met my dissipels die paasmaaltyd hou."


Wow, is dit nie mooi en wonderlik nie? Sy koms is nou naby vir ons.

En dan stel Jesus die nagmaal in, en sy bloed is die wyn te nagedagte van sy kruis dood.

Matteus 26:26-28
En terwyl hulle eet, het Jesus brood geneem en die seen gevra. Daarna het Hy dit gebreek en vir sy dissipels gegee met die woorde:"Neem, eet, dit is my liggaam. Toe neem Hy n beker, en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle en se:" Drink almal daaruit want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseel word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes."

En dan die belofte van wanneer Hy ons,  kom haal en ons die feesmaal saam met Hom in die Hemel gaan geniet.

Matteus 26:29
Ek se vir julle:"Van nou af sal Ek nie weer van hierdie wyn drink nie tot op die dag wanner Ek saam met julle die nuwe wyn in die koninkryk van My Vader sal drink." 

Voor Jesus gekruisig was , was sy boodskap die volgende aan ons.

Johannes 13:34-35
"Ek gee julle n nuwe gebod, julle moet mekaar liefhe. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook lief het . As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is."

Jesus word gekruisig

Ons , hier op die aarde het nou die tyd om die kruis vir Jesus te dra. Net soos in

Johannes 19:17
Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan na Kopbeenplek toe, soos dit genoem is, in Hebreeus Golgota.

Jesus sterf  (Goeie Vrydag)
Johannes 19:31
Dit was Vrydag , en die Jode wou nie he dat die liggame op die Sabbatdag aan die kruis moes bly nie, want daardie Sabbatdag was n groot dag.

Iets wat swaar op my hart druk en dit is dat die Sabbatdag n Saterdag is en nie die Sondag nie. Mense het dit verander, nie God nie. En ons moet die Sabbatdag heilig hou , volgens die wet. En doen ons dit, of volg ons alweer die heidene en die mens gemaakte reels?

Bewys dat die Sabbatdag, Saterdag is. Ek was verbaas om my naam in die volgende stuk te lees. Salome van ouds , sou Jesus se liggaam gaan balsem het. Maar Sy kon toe nie, want Hy het alreeds uit die dood opgestaan. Daarom het God al van kleins af my gereed gemaak om sy werk te doen . Daarom sal ek, die mense se harte vandag vir Jesus voorberei vir die waarheid  en sy koms. Ek dra my kruis vir Jesus!!!

Markus 16:1
Toe die Sabbatdag verby was , het Maria Magdalena en Maria die ma van Jakobus, en Salome reukolie gekoop om die liggaam daarmee te gaan balsem. Die Sondagmore baie vroeg kom hulle  by die graf aan net toe die son opkom.

Saterdag was verby, en so kon hul die Sondagoggend eers die olie gaan koop het, om hul werk te verrig.

  • Vrydag -kruisiging en sterf
  • Saterdag- Sabbatdag -rus in graf    = Paasfees
  • Sondag-opgestaan uit die dood


Paasfees- n fees waar Jesus gesterf het vir ons sondes op die kruis en die dood oorwin het en so ook die Satan. Amen

Danksegging na n moeilike tyd

2 Korintiers 1:3-6
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig, want net soos daar vir ons in oorvloed van lyding is ter wille van Christus,is daar ook vir ons n oorvloed van bemoediging deur Christus. As ons dus n beproewing kom, is dit dat julle bemoedig en gered kan word.

Dan sluit ek af met nog een vers en gebed.

2 Korintiers 2:11
Die Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie. Ons ken sy planne maar alte goed.

Gebed

Hemelse Vader, dankie vir U groot genade en beskermde hand oor ons as U kinders. Wees met elkeen hier op aarde. En laat die Heilige Gees in die wereld sal brand vir die Paasfees van 2020.
Ek vra dit alleen in U Naam , en nie omdat ons dit verdien nie, maar uit  U genade alleen.

AMEN