Wednesday, February 19, 2020

KRUISVUUR: Die Isebel Gees

KRUISVUUR: Die Isebel Gees: Die Isebel is die voorbeeld van n vrou wat die gelowiges tot afval en onsedelikheid verlei het. Die naam kom van die bose koningin wat die v...

Die Isebel Gees

Die Isebel is die voorbeeld van n vrou wat die gelowiges tot afval en onsedelikheid verlei het. Die naam kom van die bose koningin wat die vrou van die koning Agab was.  Dit kom weer tot die gevolgtrekking in :

Efesiers 6:12
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wereld, teen elke bose gees in die lug.

Sy die Isebel gees is die manifistasie van die vlees en word deur sekere ken merke geidentifiseer. Omdat hierdie n gees of gesindheid is kom dit beide in die manlike en vroulike geslag na vore. Die hoof eienskap van hierdie gees is om beheer uit te oefen en te smag na erkening en daarvolgens veroorsaak sy skade. Die gees is onafhanklik en sal nooit erken dat sy verkeerd is nie. Klink dit nie bekend oor die eind tyd se gesinheid nie?

1Timoteus 4:1-2
Die gees (Heilige Gees) se uitdruklik dat in die eintyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van die bose geeste aanhang. Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is .

Die gees van Isebel sal haar/hom verset teen al wat God genoem word.

2 Tessalonisense 2:2-4
Hy sal hom verset teen al wat God genoem word of wat as heilig vereer word, en hy sal hom bo hulle verhef. Hy sal selfs in die tempel van God gaan sit en voorgee dat hy God is.

Met die sal die werking van die Satan die verskyning van die wettelose (die Isebel gees) gepaard gaan met:

2 Tessalonisense 2:9-12
Deur die werking van die Satan sal die verskyning van die wettelose gepaard gaan met groot magsvertoon en allerhande vals tekens en wonders en met gruwelike misleiding van die wat verlore gaan, omdat hulle nie die waarheid liefgehad en tot hulle redding aanvaar het nie. Dit is ook waarom God hulle aan die mag van die dwaling oorgee, sodat hulle die leuen sal glo. En so sal almal wat nie die waarheid geglo het nie, maar die ongeregtigheid verkies het, veroordeel word.


Dit staan baie duidelik in :

Openbaring 2:23
So se die Seun van God aan die gemeente in Tiatira.
"Maar Ek het dit teen julle dat julle die vrou Isebel laat begaan. Sy doen haar as profetes voor en leer en verlei My dienaars om onsedelikheid te bedrywe en afgodsoffervleis te eet. Ek het haar kans gegee om haar te bekeer, maar sy wil haar nie van haar onsedelikheid bekeer nie. Kyk, Ek gee haar aan n siekbed oor en die mense wat met haar owerspel  gepleeg het, aan swaar lyding - as hulle hulle nie van haar praktyke bekeer nie. Haar volgeling sal Ek deur n pessiekte om die lewe bring".

Dit is baie duidelik dat God die Isebel gees gaan straf en jou in jou keuse gaan laat.

Hier volg n beskrywing van die gees. Klink dit dalk nie bekend in ons alle daagse lewe  nie. Beskryf dit dalk jou lewe of die mensdom om jou. 

1 Konings 19:1-2
Agab het vir Isebel vertel wat Elia alles gedoen het, ook dat hy al die profete om die lewe gebring het. Toe het Isebel n boodskapper na Elia toe gestuur om vir hom te se:"Mag die gode my om die lewe bring as ek nie more teen hierdie tyd met jou gemaak het soos jy met die profete nie." Elia het bang geword en gevlug.

1 Konings 21:25-26
Daar was nooit iemand wat hom soos Agab daaraan oorgegee het om te doen wat verkeerd is in die oe van die Here nie. Sy vrou Isebel het hom daartoe aangehits. Agab het afskuwlik opgetree deur die afgode te dien net soos die Amoriete wie se besitting die Here aan die Israeliete gegee het.


Nog n voorbeeld van die Isebel gees


Markus 6:17-25
(Die dood van Johannes die Doper)
Herodes wat met Herodias getrou het, sy was sy broer se vrou. Herodes het verjaar en Herodias se dogter het gedans op die partjie. Herodes was beindruk en gese sy kan vra vir enige iets. Sy het na haar ma gehardloop en die het gese sy wil Johannes die doper se kop he.

Kenmerke van die Isebel gees en weereens die waarskuwing:



Galasiers 5:19-21
Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend:
Onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodiens, towery, vyandskap, haat , naywer, woede, rusies, veerdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en aldergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeer gewaarsku het: Wie hom aan sulke ding skuldig maak, sal nie die konkinkryk van God as erfenis verkry nie.

God se duidelik dat jy moet weg bly van die soort gees en dadelik bekeer. Want om dit te doen sal jy gered word.


1 Konings 21:27-29
Toe Agab al hierdie woorde hoor, het hy sy klere geskeur en rouklere om sy lyf gehang en gevas. Hy het selfs met rouklere gaan slaap, en heeltyd bedruk rongeloop.  Daarom het die woord van die Here tot Elia die Tisbiet gekom en gese : "Het jy gesien Agab het hom voor My verootmoedig ? Omdat hy hom voor My verootmoedig het, sal Ek die ramp nie tydens sy lewe laat plaasvind nie, Tydens die bewind van sy seun sal Ek die ramp oor sy familie bring"

Openbaring 2:26
Aan elkeen wat die oorwinnig behaal en tot die einde toe volhou om te doen wat Ek wil he, sal Ek mag en gesag oor die nasies gee.



Bid dat God en Sy Heilige Gees jou sal lei. En dat jy die Isebel gees sal stop in die Naam van Jesus ,ons Verlosser.

Amen.